13 Mei 2012

885 keer gelees | 0 kommentaar


Eendbraai

Ons, die oueres van ons, onthou die advertensie van rugby, braaivleis, sonskyn en Chevrolet. Skaap, bees, vark en hoender, seker die gunstelinge vir op die kole. In Toulouse het ons iets anders raakgeloop, canard of te wel eendvleis, vir die braai. Gedink dat alle pluimvee witvleis het, glad nie waar nie. Rooi en heeltemal ´n ander struktuur.

 

Foie gras, eendlewer, daardie ryk, lekkerny van die Franse, afkomstig van eende wat geforseer word om te sluk, het tot gevolg dat daar baie eendvleis beskikbaar is. Skoonseun Daan, baasbraaier, weet presies hoe om daardie eendborsies, wil amper sê eendborste, 3 van hulle, effe meer as ´n kilogram, voor te berei. Koop hulle, gemarineer, 13.50 Euro per kilogram. Dik speklaag aan die buitekant. Braai dit hoofsaaklik op daardie speklaag, in blokkies gesny, dat die hitte kan indring en die vet kan uitbraai. As dit gaar is, is die gebruik om die vet af te sny, daardie “witvleis” is te ryk en het nie so ´n lekker smaak as die “witvleis” van skaap of bees nie.

 

Heeltemal lekker, so vir af en toe, maar kom darem nie naby sappige skaap of bees nie. Weet ook nie of dit as rooivleis beskou word nie.

Hasta la proxima 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights