|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Vroeg in elke nuwe jaar is daar ´n miernes van bedrywighede in die dorpie Santiago in die departement van Misiones, in die suide van die land. Ongeveer 20 000 besoekers sak vir twee dae op die dorpie toe. Die geleentheid: ´n Huldeblyk van die inwoners van die omgewing aan hulle voorouers wat hulle hier gevestig het. Die verrigtinge word deur die plaaslike Lions Klub georganiseer.
Geklee in tradisionele uitrustings op pragtige perde, trots elke familie, deel van die optog. Os – en perdekarre word afgestof, die oorspronklike hulp en vervoermiddels, wat besig is om van die toneel te verdwyn. Perde en osse spesiaal vir dié geleentheid afgerig.
Jong manne vertoon hul vernuf op wilde perde en osse. Lewendige kompetisie tussen die verskillende “estancias” (beesplase). Die vang van kalwers en beeste met die lasso. Tradisionele kosse en die braaivleis op die stok., ´n kenmerk van hierdie streek.
Die laaste aand ´n groot musiekfees met plaaslike en internasionale musieksterre. ´n Besondere fees, gehou deur mense wat nie hul agtergrond en geskiedenis vergeet het nie.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)