|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Saterdag was daar weer veiling in die omgewing. Die estancia (beesplaas) van die familie Sosa was die gasheer. Eintlik was dit ´n droom van die jong César Luis Sosa, wat waar geword het. As die bestuurder van die familie se uitgebreide beesboerdery, wou hy nog altyd dat hulle hul eie produksieveiling hou. 27 Maart was die eerste, van hopelik nog vele. ´n Dag vir die manne met die stewels en die groot hoede.
Gasverkopers word ook genooi om hoë kwaliteit diere te bring. 2 van dié telers kon ongelukkig, as gevolg van die oorstromings vroeër die week, nie hul diere hier kry nie. Die baie bekende Maris Llorens, later meer oor dié besonderse vrou, se baie goeie genetika, was wel beskikbaar. Onder die vaandel van Vira Dolce, haar bekende stoet se naam.
Goeie geriewe en goeie krale. Brangus, Nelore en Brahman bulle en dragtige Brangus en Braford verse en speenkalwers van hierdie rasse is te koop aangebied. Goeie kwaliteit diere behaal altyd goeie pryse . Onder die hamer van die bekwame en bekende afslaer, Raimundo Vargas Finestra, en sy span, verloop alles vlot. Die manne wat die diere in die ring moet kry, later papnat gesweet in die hoë vogtigheid. Fermin Romero, op sy perd om die diere in die ring te draai. Die meisies met die stywe klere, om te kyk waar die manne bie. ´n Klompie skape, Santa Inéz, Sufolk en Hampshire Down, ´n paar melkbokke, Saanens. Hulle, die bokke, moes maar onverkoop terug gaan huis toe. Dink die ou ram se horings was nét te groot.
Vir die kopers én ander nuuskieriges, bier, soveel as waarvoor die kapasiteit en dors daar is, met die hoop dat die moed vir die bieery heelwat meer sal wees en versnaperings. Dreigende wolke, almal loer ongeerg in hul rigting, dink aan die baie water van ´n paar dae gelede. Gaan hulle klaar maak?
Die weer het gehou, ´n paar druppels oppad terug. Dit is goed dat daar gereeld ´n veiling naby is, veral vir die aankoop van bulle.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)