Verkiesing.

Ons het vandag verkiesing gehad. Die heersende Colorado (Rooiparty) is reeds 61 jaar aan bewind, wat die langste is wat enige party in die wêreld nog aan bewind was. Die Rooies se presidents kandidaat was Blanca Ovelar. Haar groot teenstanders was Fernando Lugo, ´n oud Katolieke priester van die Alliansie en Lino Oviedo, afgetrede generaal in die weermag en van die UNACE party. Stemmery het ordelik verloop en nadat 90% van die stemme getel is het al die kandidate toegee dat Lugo die verkiesing gewen het. Gewonder of die dame in ´n macho land, die pyp sou rook. Hoewel ek dink dat die bevolking gevoel het dat dit tyd is vir ´n verandering. Sommige het ´n bietjie van ´n vrees vir Lugo aangesien daar allerhande bewerings gemaak is dat hy verbintenis met Hugo Chavez, die rammetjieuitnek president van Venezuela, het. Ek glo dat Lugo `n blaadjie gaan neem uit die voorbeeld van Lula da Silva van Brasilië en normaal sal voortgaan en die land beter sal bestuur as sy voorganger. 61 jaar aan die bewind maak dat korrupsie hoogty vier. In elk geval, die verandering kan net ´n verbetering wees. ´n Voorbeeld vir ander lande, binne 8 uur nadat die stembusse gesluit het, was die uitslae beskikbaar en het die nuwe wenner sy toespraak gehou. ´n Aangename week. Hasta la proxima

Geen gradering nie

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.