Vet osse







Die Chaco was droog, baie droog. Die mense met al die syfers sê die droogste in 80 jaar. Die onlangse Expo Trebol van die Koöperasie Chortitzer, was steeds ´n groot sukses, wat getuig van die vasberadenheid en uithou vermoë van daardie geharde mense.

Amper dié grootste aantrekkingskrag op die expo was weereens die kompetisie van die vet osse. As gevolg van die droogte was daar vanjaar minder inskrywings, net 12 groepe met 4 osse in ´n groep. Volgens die beoordelaar, dr Arsenio Vasconsellos, was die kwaliteit uitstaande. Hy het aanbeveel dat daar in die toekoms net een ouderdomsgroep moet wees en dat elke boer net 1 groep van ´n spesifieke ras of kruising moet inskryf. Op die hoef is die diere beoordeel volgens vleiseienskappe, gemiddelde gewig en eenvormigheid. Daarna is ´n spesifieke nommer getrek, vanjaar was dit die nommer 3 osse, en is hulle aan die hak beoordeel.

Die wengroep was Angus X Nelore. Tussen 2 en 4 tand met ´n gemiddelde gewig van 558,7 kg. Die eienaars was die Estancia Santa Virginia.

Die 2e groep, reserwe prys, wat baie aandag getrek het, was osse met hul melktande, Montanas, die nuwe veelras kunsmatige ras, en het ´n gewig van 445,5 kg gehad. Hulle is vertoon deur Tecnogén Ganadera.

Die volgende 3 groepe is ook spesiaal vermeld. Estancia Santa Virginia met Nelores. Abram Penner met Brahman X Gelbvieh en Robert Wall met Brahmane.

Daarna is die osse by die slagpale van die koöperasie geslag en beoordeel volgens die gewig aan die hak, uitslagpersentasie, vetverspreiding en volgens die oppervlak van die oogspier. Die wenner was een van Tecnogén se osse, lewendegewig van 509 kg, 57,06 uitslagpersentasie en 97 cm die oogspier. Tweede was ´n Nelore X Angus, 567 kg, 56,2 % en 98 cm. En derde was ´n Nelore X Limousin. 470 kg, 61,2% en 88 cm.

Hopelik gaan dit ´n normale somer wees, dan gaan die kompetisie volgende jaar veel strawwer wees.

Hasta la proxima






Jou gradering: Geen Gemiddeld: 1 (1 vote)

Kommentaar

Pierre Venter 

Danie, baie dankie vir jou interessante blog, ek volg dit graag weekliks. Geseende kersfees en Gods seen vir julle.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.