Ondersteun nog niemand nie
Hierdie persoon het geen volgelinge nie.
Nog nie vriende gemaak nie.
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Ek vind die volgende baie interessant ten opsigte van die hele ou landsvlag debakel van die nasionale Polisiekommissaris, Bheki Cele - en dit laat my wonder, hoekom gaan iemand te kere oor iets wat niemand se lewe direk raak nie? Dit was nie moord, verkragting of korrupsie nie...
Dr. Pieter Mulder, die leier van die Vryheidsfrontplus het Komm. Bheki Cele, na sy kantoor genooi waar hy glo ook die ou landsvlag uitstal. Mulder sê hy versamel vlae en het die vlag in sy parlementêre kantoor in Kaapstad. “Is ek ook nou in die moeilikheid?”
Die nasionale Polisiekommissaris het glo ‘n klein vlaggie wat op ‘n junior Metrorail-bestuurder se lessenaar in Durban gestaan het, gister gekonfiskeer en gesê die uitstal van die vlag is ongehoord. Die vrou, wat na bewering ook ‘n kopie van die nuwe landsvlag en ‘n Sharks-vlag by haar lessenaar uitstal, het gesê die vlag is vir haar mooi. Cele en die minister van polisie, Nathi Mtethwa, was in die stad om die vakansie se misdaadbekampingsplan bekend te stel. Daar sal glo korrektiewe stappe teen die vrou geneem word.
Volgens Mulder, wat ook die adjunk Minister van Landbou, Bosbou en Visserye is, is die situasie ‘n voorbeeld van oordrewe politieke korrektheid. Hy sê niemand sal iets in die land regkry deur mense se ingesteldhede met geweld te probeer verander nie. “Ek dink die kasteel in Kaapstad is ‘n goeie voorbeeld om hier te gebruik. Al die vlae wat deel is van die land se geskiedenis word daar uitgestal, en dis goed so”. Mulder sê die saak is heeltemal uit verband geruk en hy dink nie die vrou wou ‘n stelling met die vlaggie maak nie.
So wie gaan nou almal in die moeilikheid wees, en hoeveel mense is daar nie in die land wat steeds die ou landsvlag besit en uitstal nie...?
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)