|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
As die groen parkiete, vol lawaai, op die donkerder groen bome toesak en hul daar tuismaak, dit stil raak en net die tevrede gliek-gliek gehoor word en jy byna kan sien hoe die pitte spat, dan is dit seker dat die cherimoyas se vrugte besig is om ryp te word. Bome wat oral in die woud staan. Lekker sappige vleis, met klipharde pitte, ook bekend as die vla-appel.


Annona cherimola is ´n inheemse boom wat die, soos my skoonsuster sou sê, eksotiese vrugte dra. Dié wat hier wild voorkom, het natuurlik ´n magdom pitte en nie soveel vleis nie, maar die smaak is baie lekker, natuurlik as die vrug goed ryp is. Om iets te kry voor die voëls alles verober, is dit aan te beveel om hulle te pluk voor hulle heeltemal ryp is. Gelukkig word hulle baie lekker ryp binneshuis, sonder enige spesiale prosesse.

Die uiterlike van die vrug maak nou seker nie vir ´n smul lekker vooruitsig nie, maar sodra dit in die mond kom, weet mens hoekom dit ook vla-appel genoem word. Dan is dit ook te verstane waarom Mark Twain gesê het: It is the most delicious fruit known to men.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Can you tell me where I can get one of these apples in Johannesburg from? I've been searching high and low.
Moukie, ek weet dat hulle wel in Zimbabwe voorkom, maar hulle is inheems hier in Suid-Amerika. Hulle is lekker!!!
Ons het jare in die Bosveld gebly, maar nooit oiit die Vla appel teegekom nie. Waar kom dit "inheems" voor? Ons het wel in Aus. van hulle in die tuin. Het geleer jy moet hulle pluk as hulle so lis advokadogroen kleur word en in die huis verder laat ryp word. Maar die smaak is hemels!!!!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)