Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Vloed

Argiewe

2012

  • Mei (3)
  • April (3)
  • Maart (7)
  • Februarie (10)
  • Januarie (6)

2011

    2010

      2009

        2008

          2007

            Blogger

             
            Danie C
            Foto album
            Aangesluit: 10 Jun 2009
            Plaas naam : Vaalspruit
            Land : Paraguay

            Ek ondersteun

            scorpiondip se foto
            scorpiondip
            Leon Kruger se foto
            Leon Kruger

            Volgelinge

            • Martie Kruger se foto
              Martie Kruger
            • Spiekeries se foto
              Spiekeries
            • scorpiondip se foto
              scorpiondip
            • charles norval se foto
              charles norval
            • Argentyn se foto
              Argentyn
            • Dalena se foto
              Dalena
            • Janbez se foto
              Janbez

            Vriend

            Martie Kruger se foto
            Martie Kruger
            charles norval se foto
            charles norval
            scorpiondip se foto
            scorpiondip
            Janbez se foto
            Janbez

            Jongste blogs

            Danie C se foto
            Toulouse en omgewing (4)
            saai se foto
            Invoere - bangkrot Boere
            Steven nel se foto
            Kopklamp
            Steven nel se foto
            My nuwe nguni vers
            Johannes Meintjes se foto
            Perspektief op Landbou: ACDP

            My Weer

            • Voorspelling
            • Vandag
            • My ligging

            Kaapstad

            • Donderdag
            • Gedeeltelik bewolk
            • Hoog:20 C
            • Laag:12 C
            • Vrydag
            • Reën
            • Hoog:17 C
            • Laag:10 C
            • Saterdag
            • Gedeeltelik bewolk
            • Hoog:18 C
            • Laag:6 C
            Sonsopkoms: 7:37
            Sonsondergang: 17:47

            Kaapstad

            Bygewerk:24 May 18:00 IDT
            Temp:
            Druk:
            Doupunt:
            Humiditeit:63%
            Wind:

            Kaapstad

            Peiling

            Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

            Vloed

            Ingestuur deur Danie C op 24 Maart, 2010 - 03:21

            Saterdagoggend het ons 35 mm gehad, Maandag 72 mm en het ons gedink die weer is verby. Toe ons die middag gaan stap, het daar ´n belowende wolkbank agter die rante gelê. Deur die nag het dit saggies begin reën, ongeveer 2 uur het dit behoorlik begin val. Onophoudelik, blitse en donderweer, daardie soort donderweer  wat net aanhou rammel, tot 15 tellings. In die lig van die blitse, ´n gordyn van water. Besef dat hierdie nié ´n gewone reën is nie.

            Wakker. Bekommerd. Paaie en brue kan in die slag bly. Het dit in die 16 jaar wat ons hier is, al twee keer beleef. Dit hou net aan en aan en aan. Is die beeste veilig? Sal hulle self na die hoër dele beweeg. Sal die kragpale staande bly? Die selfone lewendig bly?

            Is bly dat ou tante Gretel, van wie ons gekoop het, na die groot reën van 1945 haar huis hoër op kom bou het. Water behoort nie tot hier te kom nie. Met eerste lig, merk ek dat die rivier besig is om uit sy walle te klim. Beeste merk iets is nie normaal nie, toe ek roep, kom hulle nader. Veilig! Reënmeter kan 130 mm meet, wanneer hy begin oorloop het, sal niemand weet nie.

            Gaan kyk hoe lyk dit by die bure. Ook maar ontsteld en senuweeagtig. Noem dat van die ander bure verder aan, probleme het. Familie sit op hul huis se dak. Vra of ek wil gaan help, daar is mense met ´n boot oppad en dié moet ons by die brug wat onder water is, kry en na die ander rivier neem om te gaan red.

            Groot organisasie, oor 2 riviere moet hulle kom, vervoer moet tussenin gereël word. Wat sou ons sonder selfone gedoen het? Nog ´n paar vloedslagoffers? Motreën, slegte pad en toe die reddingspoging afgehandel is, spontane handeklap van die omstanders.

            Net hierna begin die water gelukkig sak. Buurvrou, Siglinde, het ´n warm ete vir ons reg en met ´n schnapps of wat agter die blad, kan ons die 2 helde terugneem, dat hulle met die boot oor die brûe kan vaar. Dalk het die ou groot spinnekop, wat die vorige aand weggestap het van die rivier, ´n voorgevoel gehad van wat kom. Groot verligting, die skade is nie te groot nie.

            Vanaand was die rivier weer byna op sy plek, amper soos ´n baldadige jongeling,  wat net dié om hom wou wys,  waartoe is hy in staat.

             

            Hasta la proxima.  Is donderweer ´n vloekwoord?  Of die eerste gedeelte van die woord, want dit word met sterretjies vervang.

            Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (1 vote)
            • Danie C se blog
            • 2037 keer gelees
            • Drukker-vriendelike uitgawe
            • Stuur na vriend
            • PDF uitgawe

            Kommentaar

            Danie C
            27 Mar 2010 11:01

            Oompie, waar is die dae? Ou ds Scheuer het dit mos die gebedsbrug genoem, jy bid voor jy oor gaan en as jy veilig anderkant is, bid jy weer. Groetnis

            • antwoord
            Jacques Joubert 
            27 Mar 2010 04:21

            Meneer Coetzee , die nuwe brug het dit blykbaar oorleef, maar onthou jy die dae met LUXI oor die ou brug

            • antwoord

            Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

            Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

            Geborgde skakels


            Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

            Kwaliteit Saad

            Die toekoms is in jou land

            In lyn met die boer

            MSD Animal Health

            Our brand new website

            Daaglikse nuusbrief

            Weeklikse nuusbrief

            Teken In

            • Registreer as gebruiker
            • Wagwoord vergeet?

            E-pos forum

            • Waarom is boere so stil?
            • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
            • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
            • Boom Lusern en siektes
            • Nekklamp vir beeste
            meer...

            Gewildste stories

            Vandag

            • Boer aangerand oor begrafnis
            • Staat koop grond onder markwaarde

            Immergroen stories

            • RSS-voere
            • E-pos foto's aan ons

            Pas gelees

            • Onderberg: Plaaspryse en hervorming
            • Skaapkop-eet vir rekord
            • Wie is ons?
            • Kontak ons
            • Gebruiksvoorwaardes
            • SMS-diens
            • RSS-voere
            • Teken in op LBW
            • LBW-argiewe
            • Vennote

            Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

            Web Development by FormFunction