Menu
 


27 September 2011

4912 keer gelees | 7 kommentaar


Vlooie

Vlooie is parasitiese 6-potige insekte van ongeveer 1, 5- 4mm lank. Die monddele is so ontwikkel om die gasheer se vel ( alle soogdiere en voëls) deur te dring om bloed te suig.

Foto vanaf Internet.

Daar is ongeveer 1800 vlooi en vlooisubspesies in die Literatuur beskryf. Min van hulle is egter van menslike gesondheid of veeartsenykundige belang. Die vlooie wat wel van ekonomiese belang is word in die volgende twee groepe gegroope

Lyf of nesvlooie.

Die vlooi beweeg baie vinnig deur die vere of hare van n dier. Hulle bly nie noodwendig op een gasheer nie. Hulle staan bekend as hond-, kat-, rot- en mensvlooie.

Vashegting- of vassitvlooi.

Hier bly die wyfies aan die gasheer vassit.

Die hoendervlooi is ʼn bekende vassitvlooi en ook die spesies sandvlooie, Tunga en Neotunga in, waarvan die wyfies, behalwe vir die agterste gedeelte van hul lywe, feitlik heeltemal in die gasheer se vel indring. Die agterlywe wat uitsteek is om asem te haal, paring, eierlegging en uitskeiding toe te laat!

Lewensiklus van vlooie

  1. Klein wit ovaalvormige eiertjies word in die hare, vere van diere, in diere se beddegoed, in neste en op die grond gelê.
  2. Die lewenstydperk van ʼn volwasse vlooi is sowat 200 dae.
  3. In die tydperk word daar sowat 400- 500 eiers gelê.
  4. Maaieragtige larwes broei na 2 dae uit
  5. Larwes is lig- en sonsku en woon in donker plekkies van neste, krakies van mure en vloere, onder matte of in nesmateriaal op organiese afval materiaal voed.
  6. Hulle oorleef ook op die bloed in die mis van volwasse vlooie.

Ontwikkelingsfases van die vlooi

  1. Daar is 3 larfstadia by die vlooi
  2. Onder gunstige toestande kan hulle hul ontwikkeling tussen 9-15 dae voltooi
  3. Dit kan tot 200 dae neem as ongunstige toestande heers
  4. Die volgroeide vlooilarf, wat tot 6mm lank kan wees, spin ʼn los witterige kokon waaraan sandkorrels kan klou en vorm ʼn papie binne in die kokon.
  5. Die papiestadium neem tot 21 dae om te voltooi.
  6. Die hele lewensiklus kan dus van 18 dae tot enkele maande strek

Die volwasse vlooi

  1. ʼn Pas ontwikkelde volwasse vlooi, kan weke sonder ʼn bloedmaal aan die lewe bly. Dit is eers wanneer hul een keer gevoed het, dat hul gereeld bloedmaaltye moet ondergaan.
  2. Die volwasse vlooi kan onder gunstige toestande maande lank oorleef!

Vlooispesies wat algemeen in SA voorkom

  1. Pulex irritans:- Dit is die mensvlooi wat ook op honde, katte, varke en pluimvee voorkom.
  2. Ctenocephalides felis: - Die katvlooi wat ook op honde, perde en op die mens tydelik) parasiteer.
  3. Ctenocephalides canis:- Die hondevlooi wat op ook op mense en perde voorkom.
  4. Xenopsylla cheopis: - Die Indiese- of Oosterse rotvlooi wat ook op katte aangetref word.
  5. Echidnophaga gallinacea:- Die vassitvlooi van pluimvee wat ook op die pote van honde, die ore van katte, op perde, konyne, rotte en die mens voorkom.
  6. Tunga penetrans:- Die sandvlooi, jigger of onderhuidvlooi, wat in tropiese en subtropiese wêrelddele voorkom wat op warmbloedige diere, insluitende die mens, parasiteer.

Die gesondheidseffek van vlooie op hul gashere

Vlooie is die vektore van verskeie siekteverwekkende organismes. Dit is ook die tussengasheer vir verskeie wurmparasiete

Siektetoestande wat deur vlooie veroorsaak word

  1. Builepes van die mens word veroorsaak deur Pasteurella pestis wat hoofsaaklik deur die rotvlooi oorgedra word. Vlooie van die genera Nosopsylus en Ctenophthalmus kan builepes ook versprei.
  2. Endemiese of muistifus word deur Xenopsylla cheopis en ook ander vlooispesies oorgedra
  3. Die Ctenocephalides felis vlooi dra die nematode wurm, Dipetalonema reconditum, wat inwendig by honde voorkom aan honde oor.
  4. Sestodes, bekend by troeteldiere as die hond en kat lintwurm, Dipylidium caninum, word deur Pulex irritans, Ctenocephalides felis  en Ctenocephalides canis vlooispesies oorgedra.
  5. Hymenolepis diminuta (Rat tape worm) van rotte, muise en die mens word ook deur vlooie oorgedra.

Vlooibyte

  1. Vlooibyte is baie irriterend en veroorsaak die toestand bekend as somerekseem by honde wat sensitief geraak het vir vlooibyte
  2. Diere wat sensitief geraak het vir vlooibyte, kan met n paar vlooibyte ernstige dermatitis opdoen
  3. Groot getalle vassitvlooie kan anemia, vermaering, afname in eierproduksie en oogskades veroorsaak weens die gekrap van die diere.

Beheer van vlooie

  1. Die beste beheer is wanneer beheer gerig is tot die moontlike teelplekke van vlooie.
  2. Verhoed organiese afvalmateriaal, stof in hokke, vuil onversorgde beddegoed, houthondehokke, (verbrand die goed), vuil matte en vloer of muurkrake.
  3. Oorstroom onbekombare plekke met water om larwes te versuip
  4. Maak alle potensiële plekke skaduvry.  Direkte lig en sonlig verjaag vlooie
  5. Maak van goeie plaagdoders gebruik van bekende handelsname wat verhoed dat vlooie weerstandig word teen middels wat verkeerd gebruik word
  6. Daar is verskeie produkte op die mark wat baie effektief is. Dit is by veeartse beskikbaar.
  7. Google ook die onderskeie Dieregesondheidsmaatskappye se “Troeteldier” afdelings en vra direkte vrae in die openbaar aan die verskaffers.

Laastens, soos met bosluise, lê die oplossing nie alleenlik in ʼn bottel nie. Dit lê in die bestuur van vlooie en die bestuur van hul neste en uitbroeiplekke met direkte sonlig of lig.

Wetenskaplike Pamflet 393. Bosluise, myte en insekte van huisdiere van Suid Afrika

Pierre van Niekerk

0126674755

0822208386

pierrevn@telkomsa.net


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/05/12 03:52:18 PM

meer inligting asb jame doen skooltake en sukkel met die inligting!!!


Wilna Strauss

2011/12/28 09:02:00 PM

Dankie, baie leersaam. En scary om te dink wat daardie klein insekki aan mens en dier kan doen!!!!!


Ellen Margaret Hancke

2011/09/27 10:32:17 PM

Baie dankie Pierre....geweldig insiggewend...het n hele paar nuwe feite geleer. WAARDEER DIT!!!


Ina Enslin

2013/08/30 07:16:17 PM

gonnapiet... Nie gedink n vlooi leef so laaaaank nie!


Anton

2014/01/31 01:49:14 PM

My huis is silverskoon,maar somer is die pes van vlooie op my bont huiskat.Sy slaap by my en is baie min buite die huis. Ek gebruik van tyd tot tyd oorstokkies gedip in spirits. Smeer dit dan om haar nekkie sodat die pestilensies na die gesig gaan en druk hulle vrek met die gedokterde oorstokkies.Hier praat ek van 60 en meer vlooie per somerseisoen. Frontline help nie.Is hier nie iets ordentlik wat die donners gou kan vrek maak nie!!!!! EK WORD OOK GEBYT!!!! Hoekom is daar iets soos vlooie - Werkskepping??????


Patrick

2014/02/03 08:32:19 PM

Hullo Anton, In verband met jou vlooi probleem .... Skakel my asseblief by 084 503 1489.


Tanea Botha

2014/04/05 09:26:18 PM

Margaret Roberts beskryf verskeie oplossings vir vlooi probleme in haar boek 'Companion Planting' Ek dink die vertaalde weergawe staan bekend as 'Plant maats'. Artemisia absinthium (Wormwood)Vars blare kan blykbaar direk op dier pels gevryf word as afweer middel.Artemisia arboratum(Southernwood) kan gesny en gestrooi word in en om alle diere- hokke.'n Spuitstof van Wilde als (Artemisia afra),ook vir hokke.Gedroogte snysels van A.absinthium, A.vulgaris en A.ludoviciana kan gebrand word in 'n yster emmer vir 'n draagbare roker om vlooie in moelik bereikbare plekke uit te rook.Baie van hierdie inligting sal op die internet beskikbaar wees. Sterkte!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.