Ons as boere het net een strategiese wapen om ons magsbasis te handhaaf en dit is voedsel.
Ons word vir alles in SA blammeer uit afguns en moet nou buite die box dink om ons voortbestaan oor die lang termyn te verseker. Ons moet die voedselsekuriteit tot ons eie voordeel gebruik en die sugestie van boikot en protesoptrede laat posvat. Ons moet openlik en klandestien buitelandse markte skep en uitvoere gebruik as bedingings-instrument. In Belgie pomp die manne duisende liters melk uit om hul sin te kry.
Ons kan vir kort tydperke, soos tydens die WB sokker, dreig om hoender, varkvleis en beesvleis, wat hoog in aanvraag sal wees, terug te hou of uit te voer. Kanale vir sulke uitvoere na buurlande of in Afrika moet met die lande en boere aldaar beding word. Die regering het nie nodig om deel te wees van hierdie aksie nie.
Dit help ons nie om te probeer onderhandel met die patetiese verkrummelende regering nie. Hulle het nie veel om tafel toe te bring nie. Twintig jaar gelede sou geen ordentlike boer met sulke kriminele en vrouens onderhandel het nie.
Ons het geen alternatief om buite die stelsel te opereer nie en Agri-Forum en kie moet hier die leiding neem.
Indien 'n plaasmoord naby Pretoria gepleeg word moet daar vir 'n week geen melk, eiers of vleis gelewer word nie. Dit klink absurd, maar is die enigste manier van oorlewing. Ons sal moet opoffer en ophou staatmaak op die ANC patete om ons saak te beveg.
Druk T-hemde met die slagspreuk KOS IS OOK 'N WAPEN en kyk hoe skrik die massa. Ook YOU DON'T LIKE US BUT YOU NEED US!!.
Ek soek nie geweld nie, maar daadwerklike aksie. Briefies oorhandig aan patete help nie.
Kommentaar
So graag as wat ons wil glo kan dit nie werk daar is altyd boere wat dit nie kan bekostig om (cash flow) terug te hou .Het al baie self sulke dinge gedink,sou goed werk maar wie help die ou wat nie hardegat kan speel nie,eet moet jy tog ok.T hempe dalk werk maar wat van sogenaamde teiken wraak aanvalle .
Net soos jy daar sê! Ek is dalk bietjie te drasties, maar hou op plant vir een somer en winter seisoen, alle produsente! Laat hulle hongerpyne beleef vir 'n jaar, dan sal jy sien hoe vinnig daar daadwerklik opgetree word om die boer te beskerm in alle aspekte!
Goeie plan!!!!!!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)