Voedselsekerheid word onderskat

 Voedselsekerheid in SA en Afrika word onderskat en nie werklik as prioriteit aangesprek nie.

Die werkers in SA word in groot getalle afgelê en het nie verdere inkomste nie. Die verslegtende ekonomie bring hongersnood mee.

Ek is van mening dat daar baie Staatsgrond leeg lê wat op kontrakbasis deur afgetrede boere soos myself geboer kan word. Opkomende boere kan hier betrek word en hul kan waardevolle ondervinding opdoen.

Die Staat en groot maatskappye kan betrokke raak en voedselsekuriteit kan verseker word.

Tydens brande en oorstromings moet duisende mense gevoed word en dit kan slegs vermag word indien voedselvoorrade opgeberg word en tydig beskikbaar gestel kan word.

Ek het reeds my hulp aan die Staat en Lanbou aangebied.

 

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (1 vote)

Kommentaar

Willem Bouwer

Boere en landbou instellings in SA het oor die verloop van baie jare'n geweldige databasis van belangrike en strategies belangrike informasie opgebou.

Met voedselsekuriteit wat 'n al hoe groter bedreiging word, word hierdie kosbare informasie van groot waarde.

Boere en landbou organisasies moet besef dat hul op slinkse wyses sal benader word om van hierdie informasie te deel met regerings, organisasies en maatskappye. Politieke truuks en industriele spioenasie sal gebruik word om die boere ens. te oorreed om hierdie kosbare bate te openbaar.

Die skielike hulpkreet vir ons boere om te help is een van die truuks. Soos 'n artikel op Landbou meld, is selfs Gadaffi nou op die boere band wagon.

Die skielike onverstaanbare aanstelling van Dr Mulder as Adj Minister van Landbou is ook 'n truuk om inligting op die goedkoopste manier te bekom.

Kennis is Mag en ons moet versigtig wees aan wie ons dit uitdeel.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.