
|
boran
|
Argentyn
|
Danie C
|
Le-Andrie Bezuidenhout
|
|
Leon Kruger
|
|
MARIETH GROBLER
|
Danie C
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Hierdie is een van die groot produsente in my studie en n baie bekende produsent in Greytown wat byna 100% weerstandigheid teen alle dipstowwe getoets het.
Ons is tans op sowat 55% weerstandigheid, eintlik minder, met sekere groepe akarisiedes wat weer 100% effektief toets nadat die bosluise vir die produsent se beste pogings in die verlede geknipoog het van plesier. Kom ek bly liewers nederig en dit is een van 5 produsente wat presies dieselfde tendense toon.
Ek sal egter Wynand Coetzee van Mookgapong of iets, (ek is jammer, ek ken nie eens my eie land meer nie met al die naamsveranderinge) se persoonlike kommentaar met fotos van sy beeste hier pos. Dan vertel ek mos nie veel nie en kan die Universiteit nie vir my kwaad wees nie.
Wynand is n produsent wat 40 keer per jaar gedip het en ons staan op die derde behandeling vir die jaar en ons gaan vir startegiese redes eers weer Oktober dip.
Hierdie verslaggie tog net tot inligting omdat bosluisweerstandigheid n mensgemaakte oorsaak is en 'n mite.
Beste ... (Naam ter wille van studiepublikasievereistes weggelaat)
Hier is jou laaste verslag van Ellie van Dalen by die Pesticide Testing Facility af. In vergelyking met jou eerste een is hierdie baie goed maar ons moet nie onsself hiermee verneuk nie.
Kom ons bly konserwatief in ons denke en benadering.
Ons het nog n pad te stap om die bosluisgetalle te verminder, weerstandigheid heeltemal te breek en by n wetenskaplike beredeneerde punt wil kom waar ons die bosluise op jou plaas half daar wil hê en tog sien.
Hierdie is baie belangrik omdat ons immuniteit wil ophou en natuurlike weerstandigheid in die diere verder ontwikkel en iewers, ek weet jy is n beoordelaar van beeste, diere seleksie toepas in jou stoet wat ook natuurlike weerstandigheid het en dit in jou kudde bevorder.
Ek glo dus en hoop dat ons by die ideale punt sal uitkom dat ons slegs 3 strategiese bloubosluisbehandelings sal doen, in uitskietjare dalk n vierde en multigasheerbosluise soos bruinoorbosluise, rooipoot en bontpootbosluise soos hulle lewensiklusse strategies en soos wat die Natuur dikteer.
Ons is dus goed oppad om jou reeds binne een jaar in goeie beheer te plaas van amper totale weerstandigheid teen al die middels op die mark.
Belangrik:
1. Onthou nou net die “allele faktor”, wat beteken dat daar beslis bosluise sal wees wat nie teen enige beheermiddel reageer nie. As ons onsself weer kry sit ons met n nuwe geslag weerstandige bosluise en daarom moet ons baie spaarsaam met die chemie werk.
2. Hoe minder ons hul blootstel aan chemie, hoe meer suksesvol gaan ons wees om hulle weerstand af te breek omdat weerstandigheid n mensgemaakte oorsaak is wat net met die wetenskap gebreek kan word
3. Ons moet waar dit kan en ekonomies van toepassing kan wees, natuurlike beheer ook probeer inpas deur weiding en bosluisverhongering en kampe te laat rus, omdat die larwes wat uitbroei in die geval van bloubosluise hul lewensiklus moet voltooi en sonder n gasheer gaan dit moeilik.
4. Die grootste verlies van bloubosluise is nie die siektes rooiwater, galsiekte en spirochetes’ nie, dis die patogene in hul speeksel wat grasinname inhibeer en verhoed dat groeiende diere sowat 650+ gram opsit.
5. Volgens Australiese studies kan n bees wat 50 bloubosluise het wat per dag sy lewensiklus voltooi, net sowat 250-330 gram per dag aansit omdat die bosluis in sy speeksel patogene afskei wat die groeifunksie in die bees inhibeer en die bees neem hierdie veranderend groeifunksie van sy groeipotensiaal as sy eie aan.
6. Ons laaste belangrikste meetinstrument is dus hoe jou diere hul kalfpersentasie verbeter, hulle groeipotensiaal van die huidige massa verbeter, hoe hul kondisie instand gehou word en hoe ons hul instaat kan stel om bosluise en ook ander parasiete soos die groepe wurms, myte, luise en vlieë natuurlik kan hanteer en onderdruk.
7. Ek het boere in my ander groepe gekry wat heelwat tweelinge gekry het, wat hul nog nooit behaal het nie en alhoewel mens dit graag wil voorhou, kan mens nie maar dalk het die gesonde koeie by besetting wel veel daarmee te doen. Kom ons kyk wat gebeur by jou.
Groot waardering vir jou vertroue en dankie dat jy by die voorgestelde plan hou.
Baie groete
Pierre
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)