|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Vra ´n medeblogger nou die dag, waar is die blog oor ons weggaan. Dit het my baie laat dink en wonder of dit raadsaam is om daaroor te skryf, maar toe tog besluit om ons stap te verduidelik. Byna 20 jaar gelede. Weet nie of dit in die spasie van ´n blog, moontlik is nie. Die swaar van die opsy skuif van sentiment, familieplaas, afskeid van familie en vriende, is ´n ander tema. Die vernedering wat ons moes verduur is ook ´n ander onderwerp. Geen beswaar as dokters en ander professionele mense ander weivelde gaan soek het nie, maar ´n boer durf dit nie gewaag het nie, nie toe nie, dalk het dit nou verander. Verraaier en bangbroek, was algemene benamings.
Waarom vra jy? Geweld en politiek. Destyds meer as 30 vriende en bekendes, gewelddadig tereg gestel, nou seker al heelwat meer. Wanneer is dit ons beurt? Wie is volgende? Stres van die daaglikse lewe, veiligheidsheinings, radioprosedures, diefwerings, waarom blaf die honde, is die honde rustig as ons tuis kom saans. Gemeenskap opgewerk na elk nuwe moord. Praat, paraat, praat. Abnormale leefwyse. Geregsdienaars wat nog wou.
Wat gaan in die toekoms gebeur as daar ´n nuwe bewind is? Alles sou die bevolkingsamestelling moes weerspieël. Ons distrik het ongeveer 100 boere gehad, 20 of minder sal uiteindelik oorbly. Gaan boerdery nog ´n plesier wees? Die groot ontnugtering. Ons ken nie ons landgenote nie. Ons kulture verskil te veel. Is daar plek vir ons op hierdie kontinent?
Die ander redes loop maar hand aan hand. Droogte en water. Maart-April baie ooie by ramme. Spannig en stres, gaan daar kos vir hulle wees, as lamtyd daar is? Sanlam sê die voorsiening van water moet teen 2020 verdubbel. Water gaan dié groot beperkende faktor word, dán moet dit opgepas word. Die Limpopo is ook nie die wonderlike rivier, wat kan voorkom dat die probleme van Afrika, Suid-Afrika tref nie.
Enkeles wat ons veroordeel het, het darem intussen verskoning gevra omdat hulle so kras was en toegee dat ons miskien reg was. Dalk het dit meer moed geverg om te gaan, as om te bly.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Onbekende besoeker, by http://blogs.litnet.co.za/latino is die hele geskiedenis van my blogs en daar is baie foto's van ons lewe hier. As jy sou belangstel kan jy van ons foto's ook op Facebook te siene kry.
Groetnis
Danie
Dit is so waar wat jy hier geskryf het en almal het maar hulle menings hieroor.
Die waarste deel is egter jou slot sin " Dalk het dit meer moed geverg om te gaan, as om te bly." Migrasie is nie vir almal nie en dit raak aan plekke in jou siel wat 'n mens nie altyd geweet het dat jy het nie.
Alles van die beste vir julle!
Baie sou (en sal steeds) dieselfde doen indien dit prakties en finansieel moontlik sou wees. Waarin ek egter belang stel is waarom juis Paraguay, en hoe het julle daardie plek "ontdek"? Groetnis
wys asb vir ons hoe lyk dit daar met n paar foto's.nog nooit gehoor van boere daar van ons plek nie.my ouma hulle het ook in die laat 70's in argetinie gaan boer.wonderlike verhale wat daarvan daan gekom het as hulle kom kuier het.
Meneer dit is n klomp groot ware woorde, ek kan n paar nog byvoeg, Ek moet jou geluk wens vir die moed,en die nuwe begin 20 jaar terug
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)