Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Waarom-merino-landskaap

Argiewe

2012

  • Februarie (1)

Blogger

 
J G Claasen
Foto album
Aangesluit: 2 Feb 2012
Plaas naam : Paradys
Dorp : Potchefstroom
Provinsie : Noordwes
Land : Suid Afrika

Ek ondersteun

Ondersteun nog niemand nie

Volgelinge

Hierdie persoon het geen volgelinge nie.

Vriend

Nog nie vriende gemaak nie.

Jongste blogs

Danie C se foto
Toulouse en omgewing (4)
saai se foto
Invoere - bangkrot Boere
Steven nel se foto
Kopklamp
Steven nel se foto
My nuwe nguni vers
Johannes Meintjes se foto
Perspektief op Landbou: ACDP

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:12 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:6 C
Sonsopkoms: 7:37
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:24 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Waarom Merino landskaap?

Ingestuur deur J G Claasen op 2 Februarie, 2012 - 00:40

Die is ‘n algemene vraag en is die volgende belangrike eienskappe die rede waarom die gewildheid van die ras die afgelope tyd so toegeneem het.

Bouvorm; Die Merino landskaapskaap se besondere grootte was in die verlede ‘n groot besprekingspunt en het baie kritiek uitgelok. Volgens die bekende beeskenner, Dr. Roger Hunsley van die VSA was daar die afgelope klompie jare ‘n neiging om verkeerdelik te glo dat groot en rankerige diere nie doeltreffend is nie. Gevolglik het die meeste rasse kleiner en korter geword. Volgens hom beteken dit nie dat ‘n klein vet dier doeltreffender is nie, dit beteken eintlik net dat hulle klein en vet is. Hierdie tendens het ook oorgespoel na die meeste skaaprasse toe. Verder is lengte van lyf volgens hom die belangrikste eienskap om meer vleis te produseer. Daarna volg breedte en laastens diepte.

Meer klem is die afgelope paar jaar gelê op breedte en diepte maar is daar volgehou om vir lengte van lyf te selekteer en is dit steeds die grootste ras. Met sy besondere lengte van lyf en grootte is die Merino landskaap dus die ideale ras. Verder beskik die Merino Landskaap oor uitstekende stapvermoë om in die veld by kos en water uit te kom en uiteindelik doeltreffender te produseer.

 Voeromserverhouding; Verder het die Merino Landskaap hom reeds al in die voerkraal bewys met sy uitstekende voeromsetverhouding ’n Fase C groeitoets wat by Irene gehou is en deur die LNR gemonitor is het die Merino Landskaap die beste voeromsetverhouding van al die rasse gehad wat deelgeneem het. (01:04,8 teenoor 01:05,2)

 Basterkrag; Die waarde kan nooit onderskat word nie en kan kruislammers tot 30% swaarder wees op speenouderdom as suiwer lammers. Basterkrag bevoordeel nie net groei nie, maar ook melkproduksie en vrugbaarheid in die volgende geslag Die verbruiker wil vir vleis betaal en nie vir vet nie. Gevolglik het die Merino Landskaap kruis en suiwer lammers die laaste tyd baie gewild geword by kopers wat lammers voer en afrond omrede die lammers vining groei en produseer hulle meer vleis met minder vet as ander rasse.

Om tred te hou met die ekonomiese uitdagings is dit nodig om meer vleis per hektaar per skaap te produseer. Die enigste manier om dit te vermag is om die gewig van spiere te vermeerder en die produksie van vet te verminder. Daar word gereken dat 9 kg voer nodig is om 1 kg vet te produseer by beeste, terwyl net 4 kg voer nodig is om 1 kg maer vleis te produseer. Dieselfde riglyn sal ook by skape geld. Ten spyte van die ras se grootte kruis hy gemaklik met die meeste rasse.Lamprobleme kom selde voor, omdat die lam klein is met geboorte en ‘n smal koppie het.

 Wol; Die ras het suiwer witwol vry van kemp met ‘n vag van tussen 20 en 26 mikron.

 Temprament.Nog ‘n belangrike eienskap van die Merino Landskaap is sy uistekende temperament. Makker diere pas makliker aan in voerkrale en is hulle voeromset verhouding ook beter as senuagtige wilde diere.

Vir kuddeboere om Merino landskaap ramme te gebruik is die voordeel dus tweeledig naamlik:                                                                                                      - dat jy jou ooikudde verbeter (melkproduksie, vrugbaarheid en bouvorm ),             - swaarder speenlammers deur basterkrag.

Vir stoettelers lyk die toekoms dus rooskleurig en gaan die vraag bly groei soos op die afgelope Nasionale Veiling waar ‘n gemiddeld van R11935 betaal is vir ramme. 

Die aanvraag na ooie is ook baie hoog maar is pryse van so ‘n aard dat voornemende stoettelers steeds ‘n uitstekende waarde op hulle belegging kan kry deur nou met ‘n Merino Landskaap stoet te begin. Die Merino Landskaap is gevolglik na jare se volgehoue teelbeleid van 'n,groot skaap met besondere lengte, goeie breedte en diepte, uitstekend geposisioneer om die ras van die toekoms te word .

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (2 votes)
  • J G Claasen se blog
  • 585 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Frik Roux 
17 Mar 2012 18:40

Hallo stuur asb vir my die interras uitslae want ek wil stelling maak Die verskille binne ras is meer as tussen rasse

  • antwoord
J G Claasen
26 Feb 2012 23:09

Die ramme weeg tot 180kg en ooie tot 120kg maar in ekstensiewe omstandighede weeg ooie so 75-90kg.

Daar is min lamprobleme omdat die lam klein is met geboorte en 'n smal koppie het.

Die Nasionale kampioenskappe is 27 April in Bloem en die Nasionale veiling is 22 Augustus 2012 ook in Bloem.

  • antwoord
Pieter Venter 
18 Feb 2012 00:12

Wat weeg die ramme en ooie. Sal daar nie lamprobleme wees nie. Waneer is julle skoue en veilings want ek wil gaan kyk en dalk koop

  • antwoord
J G Claasen
06 Feb 2012 19:24

Johan ,Landskaap ramme op vleismerino ooie is 'n uitstekende kruising.Die kruislammers het goeie lengte en is groter en groei verseker beter as die suiwer lammers. Die ooilammers is ook baie goeie vervangings ooie.Jy kan op www.merinolandskaap.co.za en www.landskaap.co.za gaan kyk en ook op facebook is daar fotos.

  • antwoord
Johan Venter 
06 Feb 2012 00:53

Ek is baie beindruk met wat ek hier gelees het hier. Sal Landskaap ramme goed werk op my vleismerino ooie. is daar n website met fotos of waar kan ek meer inligting kry

  • antwoord
J G Claasen
03 Feb 2012 23:01

Die uitslae was volgens die LNR as volg; ter verduideliking is die tabelle as volg:naamlik ras, die gemiddelde ouderdom van die lammers,die voeromsetverhouding,die iname per kg en die toename in gewig na 42dae :

TABEL 1
42 dae Oud dae VOV1 Iname Toename-42dae

Landskaap 90 4,836 1,54 13,35kg
Ras 2 81 4,855 1,61 13,90
Ras 3 90 5,080 1,82 15,07
Ras 4 103 5,416 1,64 12,72
Ras 5 120 5,255 1,59 12,68
Gem 97 5,088 1,64 13,54

Die rasse wat volgens my deelgeneem het was die Landskaap, Ill de France, Dormer, Vleismerino en Dorper. Ek is ongelukkig nie seker wie van hulle ras 2,3,4 en 5 onderskeidelik was nie.
Die landskaap het dus die beste voeromset gehad van 1:4,836 en was Ras 4 sin die swakste naamlik 1:5,418.In leketaal vir die wat dit nie mooi verstaan nie beteken dit dat die Landskaap 4,8kg kos benodig het om 1kg gewig op te tel teenoor 5,4kg wat ras 3 nodig gehad het. Ras 3 het die grootste gewigstoename gehad nl 15,07kg maar het ook die grootste hoeveelheid kos inname gehad en is sy VOV die 3de beste.
Vir interessantheid, die onderstaande inligting is ook deur die LNR gegee. U sal merk dat die Landskaap gemiddeld 53,4% uitgelag het teenoor die 50,4% van die ander rasse.
TABEL 2: Voeromsetverhouding (VOV) met
uitslagpersentasie in berekening gebring
Ras VOV Uitslag(%) BerekendeVOV

Landskaap 1 : 4,836 53,4 1 :4,60
Gem. van
ander rasse 1 : 5,151 50,4 1 :5,12

Ek beantwoord graag enige ander vrae wat daar is

  • antwoord
JL Pretorius 
03 Feb 2012 07:27

Wil jy nie asb volledige inligting gee oor die fase c toetse wat gedoen is nie, g.d.t. al die rasse wat getoets is nie ens.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boer aangerand oor begrafnis
  • Staat koop grond onder markwaarde

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Top SA bokhaar in duur Japanse pakke
  • Wol kombers
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction