Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Warmwater Donkie Plan

 

Eenvoudige manier om water warm te maak met vuur onder 'n yster drom of tenk.

Kliek vir Video

Die tenk moet maar lekker dik yster wees vir

'n langer lewe. 'n Lugkompressor tenk werk goed of een van daai ou dik 44 gallon dromme, die nuwes is maar dun.

Mense gebruik ook gasbottels maar dis baie gevaarlik om aan hulle te sweis, al tap jy dit vol water die gas bly maar daar binne.

Die hitte van die vuur moet om die tenk vloei vir vinnige waterwater.

Warm water is ligter as koue water so die

warmwater styg altyd.

Die kouewatertoevoer na die tenk moet dus altyd onder wees.

En die warmuitlaat moet heel bo in die tenk wees.

Die is noodsaaklik om 'n ventpyp bo op die

warmuitlaatpyp langs die tenk te sit want anders as 'n elektriese waterverwarmer wat afskakel op +-60 grade, gaan die donkie tot kookpunt.

Die ventpyp laat die stoom uit as die water

kook anders kry jy vuurwarm stoom in jou huis.

Voer die donkie maar uit 'n watertenk wat hoog

is vir goeie druk in jou huis maar onthou die

ventpyp moet so 1m bo die watertoevoertenk

se hoogste watervlak wees.

Gebruik 'n geisoleerde opgaartenk saam met

die donkie vir beter werking en meer warmwater.

Vir meer kliek

 

Nog Planne by www.makeplan.info

 

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 4.8 (4 votes)

Kommentaar

Hannes Pieterse 

Dalk kan iemand my se of die al probeer is ek het self al n Donkie gebou op n vriend se plaas presies soos die voorsteling al verskil was die vent pyp het ek weer terug in die Groot Jo-Jo tenk in gevoer my nuwe Idee is wat as jy n Vragmotor se verkoeler of dalk twee bo oor mekaar pak met n bietjie braize werk met pype sit jy hulle in die skoorsteen van jou baksteen struktuur mens moet nou net dink aan die soldeuring op die vains

Martin Le Riche 

Ek is op soek na 'n donkie wat met steenkool kan werk om 'n medium swembad warm te maak.

aleschea 

dit is baie oulik. ons moet n taak maak en toon hoe n donkie werk en die is idiaal! love dit! dankie aan die slim infenter

pirot79

Die roes gaan later uit die water uit as jy dit annhoudend gebruik. Ons het ook 'n geroeste staaltenk gebruik en bruin water gehad vir omtrent 'n week. Die water raak algaande skoner as jy dit gebruik.Ek kom agter as die tenk vir 'n ruk staan en nie gebruik word nie raak dit weer bruin of as die water kook.

Elzabi

Ek het al 'n baie eenvoudige, maar effektiewe donkie gesien, wat kokende water gee met 'n baie klein vlammetjie. Het iemand 'n resep vir so ene?

Steven

Het iemand nie 'n resep vir 'n eenvoudige pypdonkie nie - dit gebruik soveel minder energie om die water op te warm.

Seweweekspoort Akkommodasie

Ons het 'n 460 liter vierkantige drom gekoop by 'n skrootwerf, maar ai, die donkie werk soos 'n BOM, maar die water kom baie bruin uit. Enige iemand dalk 'n skoner drom wat ons kan koop?

Sanderis

Brick Oven : ek kan voorstel dat lugsuigkrag gebruik om die hitte na die koepel van jou oond te trek .

Brick oven 

Ek wonder of jy dalk kan help met iets anders wat ook met hitte werk.

Ek bly in Midrand en is besig om a tradisionele hout brandende brood oond te bak - soos die oond wat my ma in brood gebak het.
Ek het hulp odig met die koepel ontwerp en ook met 'n ander vraag.
Ek bou 'n "wit oond". Die swart oond of Roman oond word verhit deur die vuur in die koepel te maak en dan te bak wanneer die regte temperatuur bereik word.
Die een wat ek bou het 'n "fire-box wat apart staan en waar die vuur in gemaak word. Die hitte moet dan ingetrek word na die koepel toe en die koepel as gevolg can die regte materiaal wat hier gebruik word, bak met "refractory heat".
Het jy dalk iets omtrent die projek of weet iemand dalk hoe om die hitte deur te trek na die "dome" toe.

Gideon Raath

afhangend van jou gebruik en waar jy dit wil installeer sowel as volume benodig sal ek eerder lae druk solar geyser voorstel.
www.redhotsolar.co.za

Onbekende besoeker

Die warmwater donkies wat net 'n paar velle koerantpapier gebruik het om warmwater te maak was welbekend. Dit het warmwater direk in jou bad voorsien, en het nie 'n reserwetenk met warmwater gehad nie. Die donkie is teen die muur bokant die bad monteer, opgefrommelde koerantpapier is in die brander daarin aangesteek, die bietjie rook is deur 'n skoorsteenpyp na buite gelei. Terwyl die papier gebrand het was daar 'n kenmerkende geluid, seker geklink soos 'n donkie wat balk, daarvandaan die naam warmwater donkie.
Wessel, 26.09.2009

mkruger
mkruger
mkruger

My Pa vertel my so week of so terug dat hulle toe hy kind was 'n koper geyser/donkie gehad het wat, soos ek verstaan het, sommer in die huis gestaan het.

Jy het glo net een koerantbladsy benodig om die water in hom te verwarm.

Weet iemand miskien waar mens nog van die in die hande kan kry ?

makeplan

Die een koerantbladsy was dalk om die vuur aan te steek dis moeilik om te glo dat jy 'n tenk water sal warm maak tensy die tenk net 'n koppie water vat.
Die ou koolstowe werk ook maar dieselfde as 'n donkie en hulle was ook in die huis.

Moenie laat jou PLANNE opraak nie !!
www.makeplan.info

 

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.