Wat laat jou 'n dier se hakskene afkap?

Daar is twee groepe in die lewe wat nie behoorlik na hulself kan omsien nie en totaal weerloos is; kinders en diere. Dit is die mens (volwasse regdenke mense) se groot voorreg om hierdie twee groepe op te pas, vertroetel en na hulle beste belange om te sien.

Ek wil net graag weet hoekom dit dan vir baie mense so maklik is om 'n dier of kind te mishandel?

Wat dryf jou daartoe om 'n dier se haksening af te kap, of 'n kind te verkrag? Wat word van ons samelewing as dié tipe misdade en vergrype al hoe meer voorkom?

My hart krimp ineen as ek kyk na die foto's van die beeste van Kokstad wat ten alle koste probeer staan maar nie meer op hulle eie hoewe kan staan nie. Jy mag die dier wil steel, of sy baas te na kom, maar magtag, is dit nodig om die dier op dié manier te martel - want op die ouend is dit net die koei, bees, skaap of bok wat onder die optrede lei...!

Ek hoop daardie groot onskuldige bees-oë laat die volgende booswig voor sy panga of kapmes se lem swig!

Geen gradering nie

Kommentaar

billykaapie

Hello Alani. Ek stem 100% saam: kinders en diere is totaal weerloos. Ek is lief vir alle diere en glo vas 'what goes around, comes around'

marius fourie 

ek stem saam dit is net n spul lafhartige banggatte wat so iets doen .

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.