Vraag:
Ek wil graag uitvind of daar enige elektroniese manier is om water aan te wys want ek vertrou hierdie afstekers nie eintlik nie. - Zurial (zuriala@nampost.com.na)
Antwoord:
Ja daar is maniere om water elektronies aan te wys. Die apparaat wat gebruik word, word 'n magnetometer genoem. Dit werk met twee baie swak elektromagnete wat ongeveer een meter uitmekaar is. Hierdie magnete is swak genoeg om op die aarde se swaartekrag te reageer. Sodra die een oor 'n beuk onder die grond beweeg, verswak die swaartekrag van die aarde. Die ander magneet wat nog oor vastegrond beweeg gee dan 'n sterker swaartekrag lesing. So kan mens nie net die breuke opspoor nie maar selfs die dieptes bepaal.
Die ander metode is om die aardkors seismies te toets. Die metode se voorbereiding is meer gekompliseerd en tog bied nie een van die stelsels 'n waarborg vir water nie.
Die mens self is ook 'n baie gekompliseerde wese wat self die onsienbare afwykings van swaartekrag versteurings onder die grond kan bepaal. Ek het al met sukses bewys dat menslike waterwysers presies die selfde breuke asook die dieptes van die breuke kan bepaal soos wat die elektroniese magnetometers dieselfde breuke aanwys.
Albei kan presies dieselfde breuke aanwys maar nie een kan water waarborg nie. Om water te waarborg, moet mens die menslike of elektroniese vermoë met common sense kombineer. Dit is belangrik om te kyk waar ander mense in die selfde omgewing se water vandaan kom.
Kyk na ondergrondse riwwe. In baie gebiede kom die water bv. net aan 'n spesifieke kant van die riwwe voor. As jy aan die anderkant van die rif boor, is dit mootlik dat jy kan boor dat die stof staan sonder om ooit water te kry.
Lukas Swart (lukas@akska.co.za)
5 Junie 2006
Kommentaar
Het nie kommentaar nie, net vrae. Ek kan water of altans breuke aandui met n bottel water en mikstok. Wat het dit met die swaartekrag te doen as by breuke die swaartekrag minder is? Die bottel val af en mikstok trek af by breuke, dan behoort die krag mos sterker te wees? Hoe kan ek diepte bepaal?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)