
|
boran
|
Argentyn
|
Danie C
|
Le-Andrie Bezuidenhout
|
|
Leon Kruger
|
|
MARIETH GROBLER
|
Danie C
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Die afgelope tyd is tyd spandeer op die interpretasies van die data wat versamel is op die plase waar bosluisweerstandigheid getoets was.
Twee belangrike dinge het gebeur
1. Die een is dat daar vir die Scorpion Diptoestel produk gekry is in België wat ontwerp is en die reaksie en temperatuur uitdagings van die onderskeie dipstowwe kan weerstaan, getoets in Nieu Zeeland in een van die bekendste Laboratoriums in die wêreld. Soos my geluk maar is, dit kos R6000 per kilogram maar wat, dis hier en dit werk.
2. Die vergelykende resultate van 3 vleisprodusente wat in die Oos Kaap en KwaZulu- Natal is, is gedoen. Hierdie produsente het tussen 90% en 100% totale weerstandigheid gehad het teen al die dipstowwe op die mark, en hierdie 3 produsente toets op hierdie stadium ‘n gemiddelde van 50% weerstandigheid. Ek kan dit ongelukkig nie publiseer nie, omdat dit deel is van my studies.
3. Hieroor sal ek algemeen skrywe in ‘n volgende inskrywing.
Europese Unie
‘n Onverwagte besoek was van die EU. Die manne was nogal snaaks gewees met my. Prys mens, baie dankie vir als, als te fraai en te pragtig en toe aan die einde, net so terloops vir my gesê,
“…die toestel is nou wel akkuraat, maar dit moet herontwerp word want die standaard is dat mens en dier onder geen omstandighede aan die dipstof blootgestel word nie”.
Niks nuut vir my nie! My eerste naam is mos “Oor begin, Nog ‘n Keer en sommer vir die spoggerigheid, Weer ‘n Keer Oorbegin ”
Baie dankie aan tegnologie en prosesse soos “Electro fusing” die kritiek, en druk om te presteer
Probleemdipstelle: Die herontwerpte stelle doen nou hulle ding so goed mens kan verwag. Nou hoef geen wildboer my 11 uur in die aand te skakel en met my raas omdat sy “swartwitpense” se ore hang van die bosluise nie en, “weet ek wat kos sy bul….R1, 5 miljoen.”
Ek wou nie ‘n dipstel aan hierdie wildboer verkoop nie want ek het probleme met die dipstelle in die veld ervaar. Dit is net nie eties om goed te verkoop wat jy nou weet probleme gaan veroorsaak nie en, hoeveel produkte was nie al gebruik nie, Nitrile, Viton, Nylon.
Geen wildboer hoef nou enige van sy diere te verdoof om of wurms en of myte, luise en of enige bosluis te beheer nie. En hieroor is ek dankbaar, baie dankbaar.
Nou kan ek die probleem dipstelle in die veld ook opdateer en vir hierdie produsente hul investering in my met bykomende dienste die moeite werd maak.
Aggressiewe dipstowwe
Ek kon my werklik nie indink dat dipstof en die verskeie chemikalieë wat mens gebruik, so aggressief sou reageer op die suier se seëls nie. Mens probeer werklik jou beste en mens kry skaam as jy nie presteer soos beloof nie. Dit is nou uitgesorteer. Met n soek op Google is gevind dat ‘n soortgelyke produk gebruik word vir Eskom se seëls vir kernkrag sentrales by Koeberg. Nou ja wat, wie sou daar wou soek vir n oplossing?
Swartwitpense
Die nuwe stel is ook ontwerp om ‘n paar nuwe goeie dinge te doen. Daar is by die beeste waargeneem dat van die dipstowwe brand/irriteer sommige diere se velle. In erge son vererger dit wanneer van die dipstowwe toedien word.
Die waarheid is, meeste produkte wat vir vee geregistreer is, is nie vir wild geregistreer nie en daarom moet daar sovêr moontlik natuurlike metodes aangewend word wat nie chemies verband is nie, wat ook effektief binne die biome kan werk.
Die volgende is slegs ‘n waarneming wat by die beesstudies plaasgevind het. Van die dipstowwe het ‘n verkorte leeftydperk en nawerking getoon in direkte son. Daar is dus ‘n afleiding dat ultravioletstrale ‘n nadelige effek het en op die produk se nawerking.
Hierdie saak moet met wildprodusente gekommunikeer word.
Daar is ook ander aspekte, kennis en ervaring wat saam met die veld se minerale waarde, byvoeding en dragtigheid, oestrus periodes, ens., gesien moet word. Bulle wat by koeie loop en dek, toon ook ‘n verkorte nawerkingstydperk van die dipstof. Dieselfde waarneming was by eerstekalf verse.
Oor die waarnemings en omstandighede later dalk meer omdat dit deel van my studie is en, in perspektief gesien moet word.
Toedienings van produkte
By toediening van produkte is veranderlike reaksies gevind omdat diere verskillende tipe velle het, hul haardos en hul metabolisme speel ‘n baie belangrike rol by sommige van die produkte se effektiwiteit.
By verswakte diere wat myte en of luise het, is die velle erg sensitief. Dit blyk dat dit selfs yl en dunnerig. By 2 groepe beeste is gevind dat wanneer hul ‘n erge las ondervind van nematodes, (was bruinmaagwurms), die velle ook sensitief en geïrriteerd vertoon het. Buiten dat die haarbedekking ook yler vertoon het, (veral by Europese rasse of langhaardiere), het te veel ongemak en velreaksies ook voorgekom met die toediening van die nodige voorafbepaalde dipstowwe.
Opbouende Strategie
Die swartwitpense is eers aan die toediening van die dipstel gewoond gemaak deur ‘n mengsel van natuurlike olies wat ook genesende waarde het op hulle toe te dien. Die toediening is sag, geluidloos en strategies.
Strategies beteken teen die nek en kruis van die dier en byna teenaan die vel omdat voorkeur keuse is van verskeie belangrike parasiete.
Gesonde vel
Die bedoeling is om hulle velle voor die dipproses eers te voed en te versterk met natuurlike voedende en helende plantolies.
Wanneer die dipstowwe dan op die vel neerkom ‘n week of wat later, dat dit met ‘n gesonde vel reageer wat die dipstowwe met gemak kan hanteer. Bykomend is dit natuurlike olies wat die hare ook blink en sterk maak.
Die dipprosesse om eers die geïdentifiseerde winterparasiete met ‘n “Herfsbehandeling” te dip, was suksesvol. Dit is gedoen. Nou kan daar op multigashere soos rooipoot en bruinoorbosluise gefokus word waar dit n probleem is.
Laastens
Dit is nodig om dit te sê dat die bedoeling is om wanneer chemiese produkte gebruik word, slegs en wanneer nodig strategies in te gryp.
Hierdie bewysbare navorsing is nie om wildprodusente gedurigdeur afhanklik te maak van die chemie nie, maar deel te maak van ‘n groter prentjie en, om natuurlike beheer ook kundig in te span. Die Chemie is net as dit regverdig kan word.
Die bedoeling is BALANS te vind, om die natuurlike sisteme met die chemie te help herstel en, so min as moontlik die natuurlike bosluislas te steur. Die goed is bitter nodig vir die produsent en die Natuur.
Dieregesondheidsmaatskappye
Daar is openlike gesprekke gevoer met van die belangrike Dieregesondheidsmaatskappye. Dit is vir 3 redes gedoen;
1. Daar is min produkte wat op wild geregistreer is en sou mens n produk van hulle gebruik, dat hulle daarvan sal weet, sou hul n aanbeveling wou maak, is hul welkom maar meer noodsaaklik, kan mens dit met veiligheid gebruik en aanbeveel
2. Dat die uitwerking en nawerking in my studie gepubliseer gaan word en dat produkte se name dalk genoem kan word
3. Laastens, het ek verduidelik ek weet dat my navorsing ‘n impak het op Maatskappye se omset. Ek besef dat Dieregesondheidsmaatskappye winste moet toon, dat hul aandeelhouers het wat winste en omset verwag.
4. Ek besef ook daar is agente in die veld en my bedoeling is nie vyandskap nie, maar oop eerlike gesprekke. Wat soms in die veld gebeur is nie tot vele produsente se voordeel nie.
Ek stry nie, ek wys maar net en bewys die protokolle sou daar 'n vraag ontstaan, soek ons vriendelik net antwoorde sodat die regte bestuursbesluite in die toekoms geneem kan word.
Die realiteit is;
1. Die produsente onder hierdie studie het vir bloubosluise tussen 3 en 5 diptoedienings per jaar gedoen, ongeag of hulle vantevore tussen 30 en 46 dipsessies gehad het
2. Daar was, afhangende van die multigasheerbosluise se las, ook tussen 3-5 diptoedienings gewees.
3. Die bosluislas word in die proses ook drasties verminder op die plaas.
4. Bloubosluis se grootste skade is nie noodwendig die skade wat kan veroorsaak word in rooiwater en galsiekte nie, maar die gewigsverlies wat dit in produksie veroorsaak.
Pierre van Niekerk
0126674755
0822208386
pierrevn@telkomsa.net
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Sterkte met hierdie baie groot taak!!!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)