Het jy word afgekeur deur banke en ander finansiële instellings? Het jy behoefte aan 'n lening teen 3% rentekoerse? bekommer nie meer nie, want al jou finansiële oplossings is geredelik beskikbaar is met ons is. Vir meer navrae kontak ons vandag via e-pos: quickfinancelimited@gmail.com
Hallo al julle boere. Ek het fantastiese plan! al gaan jy nooit self op die plaas kan bly of self kan boer nie - kan ek darm vir jou laar se dat jy wel vee het, en jy gaan soos regtige boer voel!! Ek huur beeste. Jy koop die beeste en ek huur hulle by jou. Verkieslik natuurlik dragtige Jersey koeie. Kontak my gerus by tradouwshoek@gmail.com vir verdere inligting en strukture. Groetnis Kevin
Hallo al julle boere. Ek het fantastiese plan! al gaan jy nooit self op die plaas kan bly of self kan boer nie - kan ek darm vir jou laar se dat jy wel vee het, en jy gaan soos regtige boer voel!! Ek huur beeste. Jy koop die beeste en ek huur hulle by jou. Verkieslik natuurlik dragtige Jersey koeie. Kontak my gerus by tradouwshoe@gmail.com vir verdere inligting en strukture. Groetnis Kevin
Julle manne met die grond. Hier is al hoeveel mense wat grond soek om 'n paar skapies of beeste op te sit. Julle wil geld leen om vee te koop. Hoekom nie net 'n besigheidstransaksie met iemand wat graag vee wil laat loop op die plaas nie. Jy kan 60% van die vee opbrengs hou en so jou eie kudde opbou. Dit mag tyd neem, maar waater ander planne het jy??
Ek woon op my pa se grond en het die plaas om op te boer, maar hoe boer 'n mens sonder vee. ek en my vrou was al orals gewees vir lenings of hulp van enige aard, maar niemand is bereid om my te help nie Ek het al meer as 20 jaar se ondervinding van saai- sowel as veeboerdery. Ek sal enige iets doen om te boer volwaardig te boer.
Al moet ek as voorman op 'n ander plaas gaan werk sal ek dit doen. As daar iemand is wat my kan help sal ek bly wees as julle my kontak.
Ek en my man wil ook graag boer, ons woon op my skoonpa se grond so ons het 'n plaas tot ons beskiking, maar nie die vondse om vee aan te koop nie. Ons was al by so baie plekke vir lenings of hulp van enige aard, maar niemand wil 'n mens help nie. hoe dan gemaak dit voel letterlik of jou hande afgekap is.
As daar iemand is wat dalk kan help of raad kan gee sal ek baie bly wees. Boer is in my man se hele wese, as hy dan nie op die plaas kan boer nie het hy ongeveer 25jaar se ondervinding in alles wat nodig is om te weet van 'n algemene boerdery. Al kan hy net werk kry as 'n voorman op 'n plaas sal ons en veral hy baie dankbaar wees. help asseblief.
Goeiemore almal.
Ek dog vir n oomblik dat ek die enigste een is wat graag 'n boerdery van die grond wou kry maar dankie tog ek is nie alleen nie. My penarie is dat ek geen ervaring, geen grond of 'n kontakpersoon het om my te help stuur in die regte rigting en geen ryk oom of tannie met 'n plaas net buite die stad nie. Dan ook nie eers te praat van die kapitaal wat nodig is nie maar dit is my eie probleem.
Is daar so 'n geleentheid vir my as n stadsjapie om 'n paar bees of skaap te laat wei op jou plaas? Natuurlik met n goeie morele onderhandelingskontrak sodat beide boer en stadsjaap voordeel trek uit so 'n besigheids verhouding?
Groete en mag 2012 vir elke leser vele vrug en vrugbaarheid vir jou en jou boerdery inhou.
Andre a1oberholzer@yahoo.com
0794590966
Hello all, I have a non profit organisation for the over 50's. My concern is that society has not caught up with the age wave and many over 50's are facing a poverty stricken later life. The Government can certainly not look after us. I look at alternative solutions to this massive problem. One of them is a win win situation for the over 50's and the farmers. Activity keeps criminals away. We would like to have the opportunity to be totally self-sufficient. We can only do this by going back to basics. Organic produce, farmers markets, building our own affordable housing, working the land. I have many lucrative solutions. Would anyone interested in helping a worthy cause, and at the same time sustaining themselves, please contact Letty 0825000098 or letty@thepurplehatfoundation.org.za or through our website www.thepurplehatfoundation.org.za
Ek is besig om te kyk of ek grond in Sierra Leone te leen kan kry en sodoende in vennootskap met die gemeenskap, hulle te help om lewensvatbaar te boer. Daar is heelwat potensiaal daar, want daar is boggerol.
As daar manne is wat belangstel, kan ek die ding meer intensief navors en ons kry die ding van die grond af. Die ideë is om goedkoop te begin boer. Begin bv met eiers, dan met hoenders en so aan.
Van hierdie gemeenskappe het geld omdat hulle mynregte het en die minerale verkoop. Hulle het egter nie die kennis om te boer nie en baie hektaar vrugbare grond lê braak. Ek wil gaan kyk of hulle gewillig sal wees om die kapitaal te verskaf vir so plan.
So lekker om soveel belangstelling te sien, ek is 23, studeer diere gesondheid deeltyds, werk voltyds vir 'n Simbra stoed boer. My voordeel is dat my pa altyd geboer het en dus het ek my gereedskap(en gene) geerf soos KI-toerusting ens. het onlangs 10 Brahman stoet versies aangeskaf wat ek wil KI en so my begin maak. Wyse spreekwoord is "as jy begin, is jy halfpad klaar("daar" in die geval)". Boer is my leefstyl en nie net 'n droom nie, maar dink ook nie dit is wys om grond te koop nie. Maar droom net soosjulle ook van 'n stukkie grond van my eie soos julle, as versekkering net meer was en dat jy dit in die toekoms kan verloor nie daar was nie. Sterkte met almal se drome voorentoe, alle voorspoed.
Ek dink almal wat wil begin boer, moet besef dat 'n mens vir boerdery, soos enige ander besigheid, ook aanvangskapitaal nodig het. As jy dan nie grond kan koop nie, moet jy minstens geld he om 'n paar stuks vee te koop waarmee jy kan begin boer. Begin deur te spaar om 'n paar stuks vee te koop. Anders kan jy wens in die een hand en dinges in die ander en kyk waarvan daar die meeste is.
Ek droom self om eendag 'n groot beesplaas in die oos vrystaat te kan he, of 'n skaapplaas in die bo-karoo, maar vir nou is ek in die Moederstad. Wat ek wel al bekyk het vir 'n opsie is kleinhoewe of gesamentlike boerdery naby (relatief) aan die Kaap. Daar moet metodes wees om mekaar te help om so iets te verwesenlik.
Bv: Ek stel net belang in vee, maar iemand wat groente of tonnels wil doen, maar ook nie alleen grond kan bekostig nie, kan 'n goeie vennoot wees. As ek bv my voltydse werk hou, naweke met die vee werk kan die "tonnel/groente" boer, net 'n oog hou deur die week, en hy kry die voordeel van die grond en water ens....
ek dink ons as voornemende boere (tans dromers) moet saamwerk.
RiaanJ- ons stel belang om saam te boer en is van Vrystaat af (bloemfontein)... het julle klaar julle vergadering gehou en hoe kan osn betrokke raak. mail my asb dankie bloem@ovc.co.za
Ek het gedink ek is alleen in my soeke, maar toe sien ek die blog. Ek het gister en nou net vir LBW die volgende geskryf:
Goeidag Helena,
Ek het nou net met jou gepraat oor die panarie waarin baie van ons jong mense vasgevang is……so ek hoop LBW kan ons help.
Ek is n jong hardwerkende jongman wat die swaar en die goeie tye van die lewe ervaar het. Vroer jare was ons lewens dalk makliker in die opsig van ouers wat jou finansieel kon help of namens jou n lening kon aangaan om te gaan studeer of n huis koop en selfs die plaas aan jou te bemaak. Vandag, wel dink ek het die mark deur agente so n bietjie verander. Vroer jare was ouer mense tevrede met die pryse wat hulle vir hulle plase betaal het en voor verkoop het en wat hulle self bepaal het, maar vandag het agente die slaai kom omkrap. Plase se pryse word bepaal op n hektaar tarief en nie meer wat dit regtig werd is nie. Afgelee plekke kos deesdae n fortein.
Ek verstaan dat die aanvraag na plase op verskeie plekke opgegaan het weens die alewige ontwikkelings, maar wie gaan n ontwikkeling in die middel van die Karoo begin, dit maak nie sin nie en sal nie in die volgende eeu gebeur nie. Dit is waar die moeilikheid nou begin. Ek as jong man het geen of bietjie kontant en wil nou die plaas lewe aandurf, omdat jy n **** kwaliteit en kwantiteit lewe vir my en my gesin soek, maar ek kan nie, want of ek koop die plaas en hoop om iets reg te kry of ek huur die plaas met die opsie om te koop en gebruik die kontant om vee en toerusting aan te koop. Omdat agente oor die jare soveel heuning om mense se mond gesmeer het bepaal hulle namens die klient wat die plaas werd is en hoe **** die prys hoe **** die kommisie. As ek verkoop maak ek wins as ek wil goed wees om my medemens te help, sodat hy n plaas kan huur maak ek te min kommisie, so ek help nie graag nie.
Ek glo wel dat daar genoeg ouer mense op plase sit wat hulle plase sal verhuur met die opsie om te koop, maar nie van die plaas wil afskeid neem nie en lewensreg wil he. Ek glo ook daar is genoeg ouer mense op plase wat se kinders nie wil kom boer nie, maar eerder oorsee wil bly of in die stede, maar wel n jongman n kans wil gun om te kom boer. Na alles word ons boere gemeenskap vinnig kleiner en le die verantwoordelikheid ook op die ouer garde om jong boere op te lei.
Nou na maande se gesukkel met agente het ek niks verder gekom. Om my droom te bewaarheid en op n plaas te gaan bly nie. Daarom wil ek graag vir LBW vra of daar n manier is om die ouer boere wat wil aftree te nader of te bereik om die jong manne te help. Is daar nie n manier om n spesifieke kolom te begin of advertensie, soos “opsitkers” en sodoende boere en ons jong mense in aanraking te sit nie.
Of enige ander raad sal waartdeur word.
Ek sal regtig bly wees as julle kan help, ek glo die titel “Leef en Laat Leef” is van toepassing.
Hi Helena,
En daar dink ek, ek is die enigste ou wat wil gaan boer, maar kyk bietjie na julle blog http://www.landbou.com/boereblogs/wil-graag-boer is daar nie iets wat LBW vir ons jong klomp kan doen nie. Kan ons nie n hele nuwe fase in LBW begin wat boere en jong mense bymekaar sit nie? Dit lyk darem of daar n groot aanvraag is.
En sodoende sal LBW seker die grootste bydraer wees tot die ontwikkeling van landbou in SA. Dink n bietjie daaroor of stuur dit asb vir julle redakteur. Sal dit baie waardeer.
Beste groete
Kom ons staan saam en begin "Leef en laat leef" .....enige voorstelle?
Jinne maar dit doen 'n ou goed om te sien daar is ander mense wat net soos jou voel. Ek gaan nie my hele pedigree nou vertel nie. Dit kom daarop neer dat ek ook 'n stadsjapie is wat daarvan droom om weg te kom uit die kantoor met vier mure. Wil net vir julle se dat dit my goed gedoen om te sien dat daar nog afrikaners is wat bereid is om hard te werk en te glo dat daar 'n God is wat in beheer is van mens se lewens. My ervaring met meeste afrikaners was nie so goed tot nou toe nie. Vloekery, rassisme, vuil grappe het ek al op skool mee te doen gekry. Ek oorweeg op oomblik om beroepsverandering te maak na landbou. As mens nie iets gaan uitprobeer nie gaan mens nooit weet of mens jou roeping nie gemis het nie. Dit wil vir my voorkom of die kombinasie van naweekboer nie vir my gaan werk nie gesien die opofferings. Ek stel op oomblik veral belang in kweekhuis verbouing van groente. Een van belangrikste faktore voor ek 'n skuif sal maak is om sekerheid te he dat die boer/maatskappy vir wie ek werk Christen mense is. As jy weet van 'n geleentheid sal ek graag van jou hoor. Ek werk al vir drie jaar as 'n accountant. Ek sal eerlik wees, geld was 'n faktor toe ek besluit moes neem. Maar wat is geld as mens nie gelukkig is nie. Ek is van plan om deeltyds 'n kwalifikasie in landbou te verwerf sodra ek geleentheid kry.
Hi daar,ek wil graag vir Riaanj vra of sal hy vir ons terug voering gee oor die byeenkoms in Pretoria op die 29 Januarie.Lyk dit of so gesamentlike boerdery kan werk.Ek moes ongelukkig werk op die dag van die byeenkoms maar sal baie graag wil hoor en weet wat die uitslag was.Baie dankie vir Riaanj,hy vat die bul by die horings.Grte.
'n Paar belangstellendes hou Saterdag 29 Januarie 'n vergadering in Pretoria om die moontlikhede van 'n gesamentlike boerdery te ondersoek. Mense wat belangstel moet my asb laat weet.
Hi daar julle dromers.Ek hoop die meeste van julle het al reggekom en boer laat die honde huil.Ek het nie geskryf van April laas jaar af nie.Ek wil mos ook graag boer maar het nie geld nie,net soos julle.Maar toe sien ek n plan en begin met die 'groot 5 jaar plan'.Ek het n besigheid begin en doen nou landbou chemiese klein herverpakkings.Ek kry chemiese produkte in groot bulk houers en dan verpak ek dit in klein botteltjies of klein sakkies.Ek maak meer geld as voorheen en nou spaar ek n sekere gedeelte van my winsie vir my plaas.Dit lyk nie eers of ek gaan 5 jaar wag nie.Ek werk my gat af al is ek 53 jaar oud.Ek gaan hom kry,buig of bars.Julle jong mense wat graag wil,dink positief,moet niks los nie en vat die bul by die horings.Maak n oorlas van jouself,druk jou kop oral in en dink mooi as jy enige iets sien wat goed lyk.Wees altyd op die uitkyk,en soek altyd iets.Maw wees altyd oopkop.Die belangrikste is om positief te bly en te leef.Ju gaan iets erens kry.Sterkte aan julle almal.Ons gaan nog almal ons plasies kry en boer.
Hallo ALMAL!
Ek het ook vir 'n slag ophou praat en begin werk maak daarvan! Ek lees graag suksesvolle mense se boeke en soos Robert Kiasaki in Rich Dad Poor Dad se "hou op droom en praat en begin doen" Hy se ook jy moet jou brein leer om nie vrae te antwoord met ek kan nie, maar eerder hoe kan ek.
Ek begin toe vra hoe kan ek begin boer. Wel ek het my favourite ras gekies en die genootskap se lede gekontak om te vra of ek loopplek saam met hulle kuddes kan kry. Ek kry toe iemand wat instem en DAAR sit ek nou met my eerste 2 versies op 'n stunning plaas. Nou werk ek dat die stofdraai om geldtjies bymekaar te maak om nog verse te koop! Dit hou my aan die gang!! Kom julle begin net!!
Hallo mede dromers. Ek lees nou net my insette van 26 Januarie laasjaar. Ek voel nog net dieselfde. My kudde het darem gegroei tot 12. Die bulkalf is verkoop om by te dra vir die somerlek, spuite ens. Volgende jaar (as als goed afloop), kan ons kudde met 9 groei. Ek was Desember weer by my pa-hulle op die plaas en die vet weet, ek wou nie terugkom nie. Sterkte aan julle almal ook. Moet nooit ophou droom nie.
ek wil net weet, hoe begin mens boer in vandag se lewe, ek kom my hele lewe van plaas af, pa het met beeste geboer, so ek het baie ondervinding, boer is vir my alles, maar hoe begin mens, iemand met raad asb laat weet.
Goeie dag al julle dromers,
Weet julle wat is erg, as jy grond het wat jy op geen manier kan belas om te kan boer nie. Alles wat gedoen word moet kontant wees. Boer ook maar net naweke, het in 2005 met 6 verse en 'n bul begin. Dit was verseker die duurste begin wat 'n mens kan doen. Koop eerder 'n dragtige koei, of 'n koeie met 'n kalf. Het op die oomblik so 154 diere.
Ek het beplan om 'n stukkie grond te koop, om Finansiering te kry moet jy ten minste 30% deposito gee. Waar krap jy dit uit as die plaas R9m kos. Lekker verder droom
ML, dit is interessant om elkeen se verhaal te hoor. Party mense sal hulle lewe lank wens om te kan boer. Ander sal aan die werk spring en 'n plan maak.
Ek het 'n paar jaar gelede met 1 kalf begin en uiteindelik 'n lekker groot, winsgewende beesboerdery gehad. Maar toe jeuk my stert mos, verkoop ek alles en steek die geld in besigheid! Nou moet ek voor begin.
Ek sal graag wil hoor van mense wat saam wil begin sodat ons vinniger by 'n winsgewende boerdery kan uitkom.
Aitsa nou ja. Ek is wraggies nie alleen nie. Ek werk voltyds met die droom om eendag groot genoeg te kan boer om werk te kan los, wel die stadswerk inelkgeval. Ek het begin deur 60Ha te huur. Ek het ook BAIE skoolgeld betaal en doen nogsteeds heeltyd, maar ek kan nie vertel watse satisfaksie ek hieruit kry nie. Ek het nou alreeds nog grond bygehuur en sit tans op so 123Ha. Ek hoop om die boerdery gou-gou uit te brei sodat ek groter plaas moet huur. Ek hoop ook om op die ou einde groot genoeg grond te moet huur sodat die koop van grond dit regverdig. Wat ek probeer se is, waar daar 'n wil is, is weg byt vas, en moet nie tou opgooi nie, en vat 'n leap of faith. Ek moet egter se ek is op die oomblik glad nie winsgewend nie, en die plaas is net 'n uitgawe, maar hopenlik draai dit sodra ons die gelyk merk tref.
al die mense wat so in die stad bly en vir hulle i stuk grond koop en dan net naweke daar uitkom is die mense wat die land benadeel nie die mense wat elke dag van die week op die plaas werk nie, die jongmense wat in boerdery wil ingaan kan ook nie want die stadsjapies wil net 'n droomplaas he wat op die ou end niks ekonomies beteken nie, want hulle is nie boere nie. dit is vir my werklik onregverdig.
dan ook die regering wat gewillige jongboere nie sal help omdat hul wit is nie. die jong mans wat wil boer en werklik kan boer sit met alles teen hulle!
Hi Boere ek is op n hoewe gebore, op plaas grootgeword no bly ek in die dorp. my pa het so 21 hektaar plot in Parys waarop ek probeer boer ek het so 6 beeste en so 42 stoetdormer skape en nog n verdere 150 ooie. die grond is hopeloos te klein ek werk in die week en is net naweke da. daar vrek gereeld iets. ek voer nou net want daar is geen weiding ek is opsoek na n stukkie grond om te probeer koop Lindequesdrif area ek het nie rerig geld nie ma kan seker n afbetaling van so R10 000 bekostig met baie moeite ek het ma besluit om solank my diere te koop vi as ek eendag n plaas het dan kan ek net aangaan Dankie groete Jaco 0824712030
HI
Ek wil graag in die landbou bedryf ingaan maar ek het nie op die plaas grootgeword nie en sodoende het geen kennis van landbou af nie ek het nie matriek nie, net N2 pas en draai, so ek wil volgende jaar matriek gaan doen en meer in landbou ingaan. IS DAAR HOOP VIR N JONG MAN SOOS EK. ek sal dit waardeer as iemand my n bietjie raad kan gee. My e-pos adres is (nico.matthee@gmail.com). Dan wil ek vra is daar nog boere wat jong manne soos myself invat as n handlanger wat kan help op die plaas en hulle meer kan leer van boerdery af?
Ek het ook die droom van boer, soos baie van julle! al van kleins af en eweskielik het die ratte in my kop beging draai april om planne te maak om dit te bewaarheid. Is in die proses om huureiendomme aan te skaf om vir myself 'n inkomste te genereer wat onafhanklik voortgaan sodat as ek begin boer, ek ekstra inkomste het vir die eerste paar jaar om my te help. weet daar is baie navorsing wat gedoen moet word, maar dit is die lekker ding hiervan, ek het nou tyd terwyl ek die finansies bymekaar maak!
so nou lees ek al wat 'n landbouweekblad is, woon veilings by en lees boeke oor beeste. (vleisbeeste is die droom)
Ek dink daar is baie mense, soos ek, wat n stukkie grond van so 1/2 tot 1 ha op iemand se plaas sou wou koop, se so binne 50km van n stad af, vir my n huis daar gaan bou en pendel na waar ek wil kom. Waar kry mens so iets. bet baie bome, klein koppietjie.....en n riviertjie...haha
Benmica, ons beplan al lank aan die idee om ekstra huise op ons plaas te bou, het al begin met die bouery, (om te verhuur - nie te verkoop nie) maar die finansies wil nie saamwerk nie. Indien julle enige voorstelle het om geld in die hande te kry o die geboue klaar te maak, kan julle laat weet, ek sal dit baie waardeer.
Kan julle ook sommer asseblief voorstelle stuur hoe om geld uit die plaas te maak. Ek het ses jaar gelede n plaas gekoop, betaal nog steeds af, met die gevolg dat daar nie geld is om regtig te boer nie, alles gaan in die plaas en ek kry niks daar uit nie. Ek het darem n paar beeste en skape, maar te min om n inkomste daaruit te kry.
So, ek sal laat weet as my huise eendag klaar is vir julle dromers, dalk kan ek help dat julle drome bewaarheid word.
Julle kan voorstelle en raad aan my stuur by trudiecornelius@yahoo.com
Baie dankie en lekker boer (die wat kan)
Trudie
Ek glo elkeen wat die "Eie Plaas" Droom najaag, sal dit seker eendag regkry (Wees baie geduldig)...op hierdie stadium is daar geen finansieele instellings of "Landbanke" wat "ernstige" dromers soos ons sal help nie. Jy kan 'n besigheids plan met al die detail voorle, maar die berugte "Eish, you're to pale for a farm" word gegee...Sterkte Manne!!
Ek wil ook boer...ek het groot geword en matrikuleer gedurende die tyd toe die nuwe Suid Afrika gebore was...en ons was brand arm (dis die verskuilde groep mense wat nog steeds 'disadvantaged is' - die pennielose blanke).
Elk geval, ek sal n nier of 2 gee om te kan boer met skaap se kind...maar dis amper onmoontlik om grond teen n bekostigbare prys te bekom...ek ken so ouerige tannie wat haar plaas wil verkoop, maar dink jy sy wil haar prys van R5mil laat val? Aikona!...sy is al oor die 70 en het geen kind of kraai nie, maar die geld, die soek sy...weier ook om te verhuur..en sy is amper nooit op die plaas nie...toer die wereld rond...die wereld is vol suinige pruime.
So lekker om te lees van al die ander mense wat ook graag wil boer. Ek sit met dieselfde probleem, maar nie meer vir lank nie!
Binne die volgende 2 maande gaan ek my droom kry van 350ha. Daarvan is 80ha saailande en die res is bos.
Daar le sommer baie werk voor en ek werk in die stad, 2 ure se ry van die plaas af. Ek wil nie uit kapitaal uit raak nie, so ek moet langer werk in die stad (glad nie meer lus nie).
So vir die van julle wat droom, byt vas manne en girls en julle sal sien erens gaan daar wel iets verby kom.
So hopelik na ek my gat af gewerk het vir die volgende 5 jaar sal my plaas reg wees
Ek wil reageer op die voorstel van Benmica.Ek bly op n plot van 1ha.Daar is sowat 30 ander plotte rondom my,en die meeste van die mense bly net daar maar werk in die dorp.My lande is altyd skoon of geplant,maar die ander plotte rondom my lyk soos regte ''maplotters''.Weet jy hoe lyk dit.Die lande staan vol kakiebos en olie bome,en die scrap die oral rond.Ek probeer my grond hou,vry van borsliuse en someer,en die res het mos nie belang nie.Die plaasboer wat sy grond herverdeel vir ander om net te kom bly op moet sy kop laat lees.Binne n jaar is dit n oogseer en sal hy dit berou.Jammer om jou bubble te bars.Groete vir al die dromers.
Ek wil baie graag op 'n plaas bly maar het nie geld nie. Hoekom begin iemand nie 'n plaas wat 'n paar ekstra huise het (dit bied sekuriteit.
Die boer besit die plaas, en deeltitel net ande huise se grond uit. M a w hy verkoop so 10 deeltitel erwe van sy plaas (seker nie ers 1 % van sy grond nie).
Daar is sekuriteit en dan kan die ouens wat daar bly die boer help. M A W hulle besit nie die plaas nie maar kan op die dorp gaan werk of 'n besigheid daar begin. Ek gee skool boeke uit en kan dit enige plek in S A bedryf.
Dink net, as jy so 10 erwe deeltitel verkoop, dan kan jy amper R1 miljoen inkry daarvoor.
Een nadeel indien jy jou plaas verkoop is die 10 erwe nie deel daarvan nie.
My neef is 'n landmeter en dit is wat hy doen. Deeltitel op plase.
Die ouens wat ryk wil rak verkoop so 20 erwe van 1 hektaar elk vir R300000 elk. 'n Cool R6000000.
Ek het op die kibbutz in Israel gewerk. Nogal baie daarvan gehou.
@Neels dankie, maar dit gaan nog n rukkie wees voor die plaas sterk genoeg is om iemand met groot $$ verwagting en behoefde te kan drae. Ek is n kans gegee, ek wil graag dit terug gee 10X.
Ek het al myself bewys, ek weet wat ek kan en nie kan nie - ek kan net soveel ure in n maand uit kry. Ons werk van son opkoms tot sons ondergang. Desember is erg, son kom net na 4 op en sak net so voor 8. Dae is dan maar lank - ek is nie 'n bakkie boer nie, ons is "Jack of all trades". Vriende het gese my ma het durocell batterye in ons gedruk toe ons klein was. "We just keep on going and going".
Ja,daar is baie soorte groot praters.Mozboer,ek wens ek was in jou ouderdom skaal.Ek is nie,[53]maar ek sou jou graag wou aanvat.Boere dink mos net hulle kan hard werk.Die meeste boere vir wie ek gewerk het sit elke oggend 08h00 in die dorp by die korporasie en tee drink en sy werkers boer hom ryk.Ek dink dis goed van jou om iemand anders wat graag wil,ook n kans te gee.Ek hoop jou en die nuwe maat alle sukses toe.Grte.
Hi Almal.
Ek het ‘n geleetheid vir iemand, ek is al besig si laaste 5 jaar al om my plaas op te bou.
Ek is op soek na iemand in sy 20’s tot laat 30’s wat kans sien vir baie! Moet Zulu of Swazi kan praat en WIL BOER. Ek bedoel, plaas toe gaan en gaan boer, nie naweek soentoe gaan en vinnige kyk of alles reg lyk nie. Wil boer, en ‘n kans soek. Ek het al ‘n paar dinge by mekaar gemaak, maar kan nie meer tyd jare in my dae sit nie.
As jy kans sien en gedissilineerd is, stuur my ‘n epos. mozboer@gmail.com
Waar om te begin... ek sal nie kan se waar ons begin het nie. Een dag het ek nog spaar geld in die bank gehaat en die volgde week was ek die trotse eienaar van ‘n paar bokke. Dit was in Desember 2007, nou het ek die grond en die broedery ploeg vorentoe.
Om te boer is harde werk, wat ek tot nou toe gedoen het sal ek weer doen as ek dit oor kan doen – dalk net hier en daar die skool geld wou minder maak maar wragies dit is elke keer as ek daar kom die moeite werd.
Kom nou net terug na die naweek se gesukkle, my lande is 2 meter onder water. Ek het vergeet om snorkels vir my gewasse op die lande te koop! Sal sien wat is oor as die rivier weer sak na al die water. Hoopenlik voor einde april dat ek weer kan plant.
Dit het my lank gevat om die grond te kry, 2 ½ jaar, en die gesukkel begin nou eers. Ek en my ma het gesit en sien ons is al 5 jaar besig – tyd vlieg as jy fun het. Nou begin die dinge rol, ek het soos almal hier bo gedroom en ek droom nog steeds, word net elke keer grooter en grooter.
Nou wil ek sien of hier net groot praaters is, ek is op soek na iemand wat regtig WIL. Nie net wil praat nie, dit wat ek en my pa tot nou gedoen het lig rughare van geharde boer. Dis warm, die locals is onmoontlik en daar is soos in niks. Ek het my huis uit bosse gekap, opgebou en reg gemaak. Mense het omgedraai en gese ons is mal.
Ek is op soek na iemand wat my kan help, ek het alles behalwe tyd. Ek word vas gehou in die stad, en kom net nie meer by alles uit nie, my pa raak te oud en kan net soveel doen. Ek is baie pikki oor waste mens ek soek. Dis n kanse wat ek gekry het, ek wil sien of ek dit met iemand kan deel – daar is baie potensial, om te boer en alles te verloor.
Ek wil boer, ek wil ook soos hier bo gese is, vry wees. Maar bo alles, EK WIL EN EK DOEN.
Kort, jy moet WIL boer, boeld sweet is letterlik op die tafel. Swart taal magtig en geen klein kindertjies. 4 Ure na die naaste hospital, en gevaar om elke bos. Die groot ding is, dis remote! Dit raak alleen saam daar, stuur vir my n epos as jy belang stel, bring ‘n voorstel na die tafel en kom ons kyk wat gebeur.
PS: Die is verkieslik vir iemand in sy 20’s en laat 30’s. Die plaas kan groeie, probeer dalk verbaas jy jouself.
Moz Boer mozboer@gmail.com
ek en my man besit 'n plaas in die Laeveld. My man werk voltyds om die pot aan die kook te hou. Ek werk half dag. wil ook begin boer. Is tans besig om my ou krale te omskep in 'n kweekhuis om met groente te begin. Begin klein. Ons besit 25 morg grond. Het baie water en ook beiderhand. Maar die geriewe van 'n trekker ontbreek. Het al die ander inplemente op die plaas. Laat weet asb as daar iemand is wat wil boer en kans sien om grond by my te huur. Omtrent 20 morg van die gronde kan op geboer word. Ek sal graag wil sien dat die gronde gebruik word en die water is orals beskikbaar. As daar iemand is wat kans sien daarvoor en 'n lewe uit boedery wil begin maak. Kontak my gerus.
Kommentaar
Hallo,
Het jy word afgekeur deur banke en ander finansiële instellings? Het jy behoefte aan 'n lening teen 3% rentekoerse? bekommer nie meer nie, want al jou finansiële oplossings is geredelik beskikbaar is met ons is. Vir meer navrae kontak ons vandag via e-pos: quickfinancelimited@gmail.com
Dankie,
Dr Kelly Rick,
Vinnige Finance Beperk
Hallo al julle boere. Ek het fantastiese plan! al gaan jy nooit self op die plaas kan bly of self kan boer nie - kan ek darm vir jou laar se dat jy wel vee het, en jy gaan soos regtige boer voel!! Ek huur beeste. Jy koop die beeste en ek huur hulle by jou. Verkieslik natuurlik dragtige Jersey koeie. Kontak my gerus by tradouwshoek@gmail.com vir verdere inligting en strukture. Groetnis Kevin
Hallo al julle boere. Ek het fantastiese plan! al gaan jy nooit self op die plaas kan bly of self kan boer nie - kan ek darm vir jou laar se dat jy wel vee het, en jy gaan soos regtige boer voel!! Ek huur beeste. Jy koop die beeste en ek huur hulle by jou. Verkieslik natuurlik dragtige Jersey koeie. Kontak my gerus by tradouwshoe@gmail.com vir verdere inligting en strukture. Groetnis Kevin
Julle manne met die grond. Hier is al hoeveel mense wat grond soek om 'n paar skapies of beeste op te sit. Julle wil geld leen om vee te koop. Hoekom nie net 'n besigheidstransaksie met iemand wat graag vee wil laat loop op die plaas nie. Jy kan 60% van die vee opbrengs hou en so jou eie kudde opbou. Dit mag tyd neem, maar waater ander planne het jy??
Is daar n toekoms in vee boer of voerkrale?
Ek wil self met vee boer maar is bang om die skuif te maak.
Dink julle daar is n toekoms in vee boer, of voerkrale.
Ek wil self vee boer maar is bang vir die toekoms, ek wil nie agteruit boer nie?
Ek woon op my pa se grond en het die plaas om op te boer, maar hoe boer 'n mens sonder vee. ek en my vrou was al orals gewees vir lenings of hulp van enige aard, maar niemand is bereid om my te help nie Ek het al meer as 20 jaar se ondervinding van saai- sowel as veeboerdery. Ek sal enige iets doen om te boer volwaardig te boer.
Al moet ek as voorman op 'n ander plaas gaan werk sal ek dit doen. As daar iemand is wat my kan help sal ek bly wees as julle my kontak.
Johan Els
083 480 1550
Hi Almal
Ek en my man wil ook graag boer, ons woon op my skoonpa se grond so ons het 'n plaas tot ons beskiking, maar nie die vondse om vee aan te koop nie. Ons was al by so baie plekke vir lenings of hulp van enige aard, maar niemand wil 'n mens help nie. hoe dan gemaak dit voel letterlik of jou hande afgekap is.
As daar iemand is wat dalk kan help of raad kan gee sal ek baie bly wees. Boer is in my man se hele wese, as hy dan nie op die plaas kan boer nie het hy ongeveer 25jaar se ondervinding in alles wat nodig is om te weet van 'n algemene boerdery. Al kan hy net werk kry as 'n voorman op 'n plaas sal ons en veral hy baie dankbaar wees. help asseblief.
Goeiemore almal.
Ek dog vir n oomblik dat ek die enigste een is wat graag 'n boerdery van die grond wou kry maar dankie tog ek is nie alleen nie. My penarie is dat ek geen ervaring, geen grond of 'n kontakpersoon het om my te help stuur in die regte rigting en geen ryk oom of tannie met 'n plaas net buite die stad nie. Dan ook nie eers te praat van die kapitaal wat nodig is nie maar dit is my eie probleem.
Is daar so 'n geleentheid vir my as n stadsjapie om 'n paar bees of skaap te laat wei op jou plaas? Natuurlik met n goeie morele onderhandelingskontrak sodat beide boer en stadsjaap voordeel trek uit so 'n besigheids verhouding?
Groete en mag 2012 vir elke leser vele vrug en vrugbaarheid vir jou en jou boerdery inhou.
Andre
a1oberholzer@yahoo.com
0794590966
Ek wil graag boer maar waar begin 'n mens,? Wat is die maklikste - skaap of bees. Ek het geen ondervinding maar wel passie.
Hello all, I have a non profit organisation for the over 50's. My concern is that society has not caught up with the age wave and many over 50's are facing a poverty stricken later life. The Government can certainly not look after us. I look at alternative solutions to this massive problem. One of them is a win win situation for the over 50's and the farmers. Activity keeps criminals away. We would like to have the opportunity to be totally self-sufficient. We can only do this by going back to basics. Organic produce, farmers markets, building our own affordable housing, working the land. I have many lucrative solutions. Would anyone interested in helping a worthy cause, and at the same time sustaining themselves, please contact Letty 0825000098 or letty@thepurplehatfoundation.org.za or through our website www.thepurplehatfoundation.org.za
hi almal ek sal ook graag wil boer stel baie belang wil graag meer weet asb jnvanheerden@gmail.com
Ek is besig om te kyk of ek grond in Sierra Leone te leen kan kry en sodoende in vennootskap met die gemeenskap, hulle te help om lewensvatbaar te boer. Daar is heelwat potensiaal daar, want daar is boggerol.
As daar manne is wat belangstel, kan ek die ding meer intensief navors en ons kry die ding van die grond af. Die ideë is om goedkoop te begin boer. Begin bv met eiers, dan met hoenders en so aan.
Van hierdie gemeenskappe het geld omdat hulle mynregte het en die minerale verkoop. Hulle het egter nie die kennis om te boer nie en baie hektaar vrugbare grond lê braak. Ek wil gaan kyk of hulle gewillig sal wees om die kapitaal te verskaf vir so plan.
Laat weet maar of daar belangstelling is.
Stephan B. Swanepoel 26 Aug 2011 22:22 Plaas asb 'n adres/nommer waar jy gekontak kan word, dalk kan ek help.
So lekker om soveel belangstelling te sien, ek is 23, studeer diere gesondheid deeltyds, werk voltyds vir 'n Simbra stoed boer. My voordeel is dat my pa altyd geboer het en dus het ek my gereedskap(en gene) geerf soos KI-toerusting ens. het onlangs 10 Brahman stoet versies aangeskaf wat ek wil KI en so my begin maak. Wyse spreekwoord is "as jy begin, is jy halfpad klaar("daar" in die geval)". Boer is my leefstyl en nie net 'n droom nie, maar dink ook nie dit is wys om grond te koop nie. Maar droom net soosjulle ook van 'n stukkie grond van my eie soos julle, as versekkering net meer was en dat jy dit in die toekoms kan verloor nie daar was nie. Sterkte met almal se drome voorentoe, alle voorspoed.
Rome is nie in een dag gebou nie....
More mense!
Ek dink almal wat wil begin boer, moet besef dat 'n mens vir boerdery, soos enige ander besigheid, ook aanvangskapitaal nodig het. As jy dan nie grond kan koop nie, moet jy minstens geld he om 'n paar stuks vee te koop waarmee jy kan begin boer. Begin deur te spaar om 'n paar stuks vee te koop. Anders kan jy wens in die een hand en dinges in die ander en kyk waarvan daar die meeste is.
Hi almal
Ek droom self om eendag 'n groot beesplaas in die oos vrystaat te kan he, of 'n skaapplaas in die bo-karoo, maar vir nou is ek in die Moederstad. Wat ek wel al bekyk het vir 'n opsie is kleinhoewe of gesamentlike boerdery naby (relatief) aan die Kaap. Daar moet metodes wees om mekaar te help om so iets te verwesenlik.
Bv: Ek stel net belang in vee, maar iemand wat groente of tonnels wil doen, maar ook nie alleen grond kan bekostig nie, kan 'n goeie vennoot wees. As ek bv my voltydse werk hou, naweke met die vee werk kan die "tonnel/groente" boer, net 'n oog hou deur die week, en hy kry die voordeel van die grond en water ens....
ek dink ons as voornemende boere (tans dromers) moet saamwerk.
Jaco
RiaanJ- ons stel belang om saam te boer en is van Vrystaat af (bloemfontein)... het julle klaar julle vergadering gehou en hoe kan osn betrokke raak. mail my asb dankie bloem@ovc.co.za
Hallo al julle geesdriftiges,
Ek het gedink ek is alleen in my soeke, maar toe sien ek die blog. Ek het gister en nou net vir LBW die volgende geskryf:
Goeidag Helena,
Ek het nou net met jou gepraat oor die panarie waarin baie van ons jong mense vasgevang is……so ek hoop LBW kan ons help.
Ek is n jong hardwerkende jongman wat die swaar en die goeie tye van die lewe ervaar het. Vroer jare was ons lewens dalk makliker in die opsig van ouers wat jou finansieel kon help of namens jou n lening kon aangaan om te gaan studeer of n huis koop en selfs die plaas aan jou te bemaak. Vandag, wel dink ek het die mark deur agente so n bietjie verander. Vroer jare was ouer mense tevrede met die pryse wat hulle vir hulle plase betaal het en voor verkoop het en wat hulle self bepaal het, maar vandag het agente die slaai kom omkrap. Plase se pryse word bepaal op n hektaar tarief en nie meer wat dit regtig werd is nie. Afgelee plekke kos deesdae n fortein.
Ek verstaan dat die aanvraag na plase op verskeie plekke opgegaan het weens die alewige ontwikkelings, maar wie gaan n ontwikkeling in die middel van die Karoo begin, dit maak nie sin nie en sal nie in die volgende eeu gebeur nie. Dit is waar die moeilikheid nou begin. Ek as jong man het geen of bietjie kontant en wil nou die plaas lewe aandurf, omdat jy n **** kwaliteit en kwantiteit lewe vir my en my gesin soek, maar ek kan nie, want of ek koop die plaas en hoop om iets reg te kry of ek huur die plaas met die opsie om te koop en gebruik die kontant om vee en toerusting aan te koop. Omdat agente oor die jare soveel heuning om mense se mond gesmeer het bepaal hulle namens die klient wat die plaas werd is en hoe **** die prys hoe **** die kommisie. As ek verkoop maak ek wins as ek wil goed wees om my medemens te help, sodat hy n plaas kan huur maak ek te min kommisie, so ek help nie graag nie.
Ek glo wel dat daar genoeg ouer mense op plase sit wat hulle plase sal verhuur met die opsie om te koop, maar nie van die plaas wil afskeid neem nie en lewensreg wil he. Ek glo ook daar is genoeg ouer mense op plase wat se kinders nie wil kom boer nie, maar eerder oorsee wil bly of in die stede, maar wel n jongman n kans wil gun om te kom boer. Na alles word ons boere gemeenskap vinnig kleiner en le die verantwoordelikheid ook op die ouer garde om jong boere op te lei.
Nou na maande se gesukkel met agente het ek niks verder gekom. Om my droom te bewaarheid en op n plaas te gaan bly nie. Daarom wil ek graag vir LBW vra of daar n manier is om die ouer boere wat wil aftree te nader of te bereik om die jong manne te help. Is daar nie n manier om n spesifieke kolom te begin of advertensie, soos “opsitkers” en sodoende boere en ons jong mense in aanraking te sit nie.
Of enige ander raad sal waartdeur word.
Ek sal regtig bly wees as julle kan help, ek glo die titel “Leef en Laat Leef” is van toepassing.
Hi Helena,
En daar dink ek, ek is die enigste ou wat wil gaan boer, maar kyk bietjie na julle blog http://www.landbou.com/boereblogs/wil-graag-boer is daar nie iets wat LBW vir ons jong klomp kan doen nie. Kan ons nie n hele nuwe fase in LBW begin wat boere en jong mense bymekaar sit nie? Dit lyk darem of daar n groot aanvraag is.
En sodoende sal LBW seker die grootste bydraer wees tot die ontwikkeling van landbou in SA. Dink n bietjie daaroor of stuur dit asb vir julle redakteur. Sal dit baie waardeer.
Beste groete
Kom ons staan saam en begin "Leef en laat leef" .....enige voorstelle?
Pieter
Jinne maar dit doen 'n ou goed om te sien daar is ander mense wat net soos jou voel. Ek gaan nie my hele pedigree nou vertel nie. Dit kom daarop neer dat ek ook 'n stadsjapie is wat daarvan droom om weg te kom uit die kantoor met vier mure. Wil net vir julle se dat dit my goed gedoen om te sien dat daar nog afrikaners is wat bereid is om hard te werk en te glo dat daar 'n God is wat in beheer is van mens se lewens. My ervaring met meeste afrikaners was nie so goed tot nou toe nie. Vloekery, rassisme, vuil grappe het ek al op skool mee te doen gekry. Ek oorweeg op oomblik om beroepsverandering te maak na landbou. As mens nie iets gaan uitprobeer nie gaan mens nooit weet of mens jou roeping nie gemis het nie. Dit wil vir my voorkom of die kombinasie van naweekboer nie vir my gaan werk nie gesien die opofferings. Ek stel op oomblik veral belang in kweekhuis verbouing van groente. Een van belangrikste faktore voor ek 'n skuif sal maak is om sekerheid te he dat die boer/maatskappy vir wie ek werk Christen mense is. As jy weet van 'n geleentheid sal ek graag van jou hoor. Ek werk al vir drie jaar as 'n accountant. Ek sal eerlik wees, geld was 'n faktor toe ek besluit moes neem. Maar wat is geld as mens nie gelukkig is nie. Ek is van plan om deeltyds 'n kwalifikasie in landbou te verwerf sodra ek geleentheid kry.
Is daar nie 'n paar boere wat kan help met iets soortgelyk in die Wes Kaap nie???
Hi daar,ek wil graag vir Riaanj vra of sal hy vir ons terug voering gee oor die byeenkoms in Pretoria op die 29 Januarie.Lyk dit of so gesamentlike boerdery kan werk.Ek moes ongelukkig werk op die dag van die byeenkoms maar sal baie graag wil hoor en weet wat die uitslag was.Baie dankie vir Riaanj,hy vat die bul by die horings.Grte.
'n Paar belangstellendes hou Saterdag 29 Januarie 'n vergadering in Pretoria om die moontlikhede van 'n gesamentlike boerdery te ondersoek. Mense wat belangstel moet my asb laat weet.
Hi daar julle dromers.Ek hoop die meeste van julle het al reggekom en boer laat die honde huil.Ek het nie geskryf van April laas jaar af nie.Ek wil mos ook graag boer maar het nie geld nie,net soos julle.Maar toe sien ek n plan en begin met die 'groot 5 jaar plan'.Ek het n besigheid begin en doen nou landbou chemiese klein herverpakkings.Ek kry chemiese produkte in groot bulk houers en dan verpak ek dit in klein botteltjies of klein sakkies.Ek maak meer geld as voorheen en nou spaar ek n sekere gedeelte van my winsie vir my plaas.Dit lyk nie eers of ek gaan 5 jaar wag nie.Ek werk my gat af al is ek 53 jaar oud.Ek gaan hom kry,buig of bars.Julle jong mense wat graag wil,dink positief,moet niks los nie en vat die bul by die horings.Maak n oorlas van jouself,druk jou kop oral in en dink mooi as jy enige iets sien wat goed lyk.Wees altyd op die uitkyk,en soek altyd iets.Maw wees altyd oopkop.Die belangrikste is om positief te bly en te leef.Ju gaan iets erens kry.Sterkte aan julle almal.Ons gaan nog almal ons plasies kry en boer.
Hallo ALMAL!
Ek het ook vir 'n slag ophou praat en begin werk maak daarvan! Ek lees graag suksesvolle mense se boeke en soos Robert Kiasaki in Rich Dad Poor Dad se "hou op droom en praat en begin doen" Hy se ook jy moet jou brein leer om nie vrae te antwoord met ek kan nie, maar eerder hoe kan ek.
Ek begin toe vra hoe kan ek begin boer. Wel ek het my favourite ras gekies en die genootskap se lede gekontak om te vra of ek loopplek saam met hulle kuddes kan kry. Ek kry toe iemand wat instem en DAAR sit ek nou met my eerste 2 versies op 'n stunning plaas. Nou werk ek dat die stofdraai om geldtjies bymekaar te maak om nog verse te koop! Dit hou my aan die gang!! Kom julle begin net!!
Hallo mede dromers. Ek lees nou net my insette van 26 Januarie laasjaar. Ek voel nog net dieselfde. My kudde het darem gegroei tot 12. Die bulkalf is verkoop om by te dra vir die somerlek, spuite ens. Volgende jaar (as als goed afloop), kan ons kudde met 9 groei. Ek was Desember weer by my pa-hulle op die plaas en die vet weet, ek wou nie terugkom nie. Sterkte aan julle almal ook. Moet nooit ophou droom nie.
ek wil net weet, hoe begin mens boer in vandag se lewe, ek kom my hele lewe van plaas af, pa het met beeste geboer, so ek het baie ondervinding, boer is vir my alles, maar hoe begin mens, iemand met raad asb laat weet.
Goeie dag al julle dromers,
Weet julle wat is erg, as jy grond het wat jy op geen manier kan belas om te kan boer nie. Alles wat gedoen word moet kontant wees. Boer ook maar net naweke, het in 2005 met 6 verse en 'n bul begin. Dit was verseker die duurste begin wat 'n mens kan doen. Koop eerder 'n dragtige koei, of 'n koeie met 'n kalf. Het op die oomblik so 154 diere.
Ek het beplan om 'n stukkie grond te koop, om Finansiering te kry moet jy ten minste 30% deposito gee. Waar krap jy dit uit as die plaas R9m kos. Lekker verder droom
ML, dit is interessant om elkeen se verhaal te hoor. Party mense sal hulle lewe lank wens om te kan boer. Ander sal aan die werk spring en 'n plan maak.
Ek het 'n paar jaar gelede met 1 kalf begin en uiteindelik 'n lekker groot, winsgewende beesboerdery gehad. Maar toe jeuk my stert mos, verkoop ek alles en steek die geld in besigheid! Nou moet ek voor begin.
Ek sal graag wil hoor van mense wat saam wil begin sodat ons vinniger by 'n winsgewende boerdery kan uitkom.
Groete, Riaan
Aitsa nou ja. Ek is wraggies nie alleen nie. Ek werk voltyds met die droom om eendag groot genoeg te kan boer om werk te kan los, wel die stadswerk inelkgeval. Ek het begin deur 60Ha te huur. Ek het ook BAIE skoolgeld betaal en doen nogsteeds heeltyd, maar ek kan nie vertel watse satisfaksie ek hieruit kry nie. Ek het nou alreeds nog grond bygehuur en sit tans op so 123Ha. Ek hoop om die boerdery gou-gou uit te brei sodat ek groter plaas moet huur. Ek hoop ook om op die ou einde groot genoeg grond te moet huur sodat die koop van grond dit regverdig. Wat ek probeer se is, waar daar 'n wil is, is weg byt vas, en moet nie tou opgooi nie, en vat 'n leap of faith. Ek moet egter se ek is op die oomblik glad nie winsgewend nie, en die plaas is net 'n uitgawe, maar hopenlik draai dit sodra ons die gelyk merk tref.
Vir die wat belangstel: lees ook die blog :Wil jy kom saam boer?
Groete
al die mense wat so in die stad bly en vir hulle i stuk grond koop en dan net naweke daar uitkom is die mense wat die land benadeel nie die mense wat elke dag van die week op die plaas werk nie, die jongmense wat in boerdery wil ingaan kan ook nie want die stadsjapies wil net 'n droomplaas he wat op die ou end niks ekonomies beteken nie, want hulle is nie boere nie. dit is vir my werklik onregverdig.
dan ook die regering wat gewillige jongboere nie sal help omdat hul wit is nie. die jong mans wat wil boer en werklik kan boer sit met alles teen hulle!
Bly in die Wes-Kaap en wil ook graag boer, op klein skaal, maar het tans geen toegang tot grond. Enige te huur dalk? Epos quasi1@live.co.za
Hi Boere ek is op n hoewe gebore, op plaas grootgeword no bly ek in die dorp. my pa het so 21 hektaar plot in Parys waarop ek probeer boer ek het so 6 beeste en so 42 stoetdormer skape en nog n verdere 150 ooie. die grond is hopeloos te klein ek werk in die week en is net naweke da. daar vrek gereeld iets. ek voer nou net want daar is geen weiding ek is opsoek na n stukkie grond om te probeer koop Lindequesdrif area ek het nie rerig geld nie ma kan seker n afbetaling van so R10 000 bekostig met baie moeite ek het ma besluit om solank my diere te koop vi as ek eendag n plaas het dan kan ek net aangaan Dankie groete Jaco 0824712030
HI
Ek wil graag in die landbou bedryf ingaan maar ek het nie op die plaas grootgeword nie en sodoende het geen kennis van landbou af nie ek het nie matriek nie, net N2 pas en draai, so ek wil volgende jaar matriek gaan doen en meer in landbou ingaan. IS DAAR HOOP VIR N JONG MAN SOOS EK. ek sal dit waardeer as iemand my n bietjie raad kan gee. My e-pos adres is (nico.matthee@gmail.com). Dan wil ek vra is daar nog boere wat jong manne soos myself invat as n handlanger wat kan help op die plaas en hulle meer kan leer van boerdery af?
Ek het ook die droom van boer, soos baie van julle! al van kleins af en eweskielik het die ratte in my kop beging draai april om planne te maak om dit te bewaarheid. Is in die proses om huureiendomme aan te skaf om vir myself 'n inkomste te genereer wat onafhanklik voortgaan sodat as ek begin boer, ek ekstra inkomste het vir die eerste paar jaar om my te help. weet daar is baie navorsing wat gedoen moet word, maar dit is die lekker ding hiervan, ek het nou tyd terwyl ek die finansies bymekaar maak!
so nou lees ek al wat 'n landbouweekblad is, woon veilings by en lees boeke oor beeste. (vleisbeeste is die droom)
Sterkte vir almal!
Ek dink daar is baie mense, soos ek, wat n stukkie grond van so 1/2 tot 1 ha op iemand se plaas sou wou koop, se so binne 50km van n stad af, vir my n huis daar gaan bou en pendel na waar ek wil kom. Waar kry mens so iets. bet baie bome, klein koppietjie.....en n riviertjie...haha
Benmica, ons beplan al lank aan die idee om ekstra huise op ons plaas te bou, het al begin met die bouery, (om te verhuur - nie te verkoop nie) maar die finansies wil nie saamwerk nie. Indien julle enige voorstelle het om geld in die hande te kry o die geboue klaar te maak, kan julle laat weet, ek sal dit baie waardeer.
Kan julle ook sommer asseblief voorstelle stuur hoe om geld uit die plaas te maak. Ek het ses jaar gelede n plaas gekoop, betaal nog steeds af, met die gevolg dat daar nie geld is om regtig te boer nie, alles gaan in die plaas en ek kry niks daar uit nie. Ek het darem n paar beeste en skape, maar te min om n inkomste daaruit te kry.
So, ek sal laat weet as my huise eendag klaar is vir julle dromers, dalk kan ek help dat julle drome bewaarheid word.
Julle kan voorstelle en raad aan my stuur by trudiecornelius@yahoo.com
Baie dankie en lekker boer (die wat kan)
Trudie
Ek glo elkeen wat die "Eie Plaas" Droom najaag, sal dit seker eendag regkry (Wees baie geduldig)...op hierdie stadium is daar geen finansieele instellings of "Landbanke" wat "ernstige" dromers soos ons sal help nie. Jy kan 'n besigheids plan met al die detail voorle, maar die berugte "Eish, you're to pale for a farm" word gegee...Sterkte Manne!!
Ek wil ook boer...ek het groot geword en matrikuleer gedurende die tyd toe die nuwe Suid Afrika gebore was...en ons was brand arm (dis die verskuilde groep mense wat nog steeds 'disadvantaged is' - die pennielose blanke).
Elk geval, ek sal n nier of 2 gee om te kan boer met skaap se kind...maar dis amper onmoontlik om grond teen n bekostigbare prys te bekom...ek ken so ouerige tannie wat haar plaas wil verkoop, maar dink jy sy wil haar prys van R5mil laat val? Aikona!...sy is al oor die 70 en het geen kind of kraai nie, maar die geld, die soek sy...weier ook om te verhuur..en sy is amper nooit op die plaas nie...toer die wereld rond...die wereld is vol suinige pruime.
Hi Almal
So lekker om te lees van al die ander mense wat ook graag wil boer. Ek sit met dieselfde probleem, maar nie meer vir lank nie!
Binne die volgende 2 maande gaan ek my droom kry van 350ha. Daarvan is 80ha saailande en die res is bos.
Daar le sommer baie werk voor en ek werk in die stad, 2 ure se ry van die plaas af. Ek wil nie uit kapitaal uit raak nie, so ek moet langer werk in die stad (glad nie meer lus nie).
So vir die van julle wat droom, byt vas manne en girls en julle sal sien erens gaan daar wel iets verby kom.
So hopelik na ek my gat af gewerk het vir die volgende 5 jaar sal my plaas reg wees
Groete
Ek dink na al die uitlatings van die regering sal dit nie wys wees om grond te koop nie. Dink eerder aan huur.
Ek wil reageer op die voorstel van Benmica.Ek bly op n plot van 1ha.Daar is sowat 30 ander plotte rondom my,en die meeste van die mense bly net daar maar werk in die dorp.My lande is altyd skoon of geplant,maar die ander plotte rondom my lyk soos regte ''maplotters''.Weet jy hoe lyk dit.Die lande staan vol kakiebos en olie bome,en die scrap die oral rond.Ek probeer my grond hou,vry van borsliuse en someer,en die res het mos nie belang nie.Die plaasboer wat sy grond herverdeel vir ander om net te kom bly op moet sy kop laat lees.Binne n jaar is dit n oogseer en sal hy dit berou.Jammer om jou bubble te bars.Groete vir al die dromers.
Ek wil baie graag op 'n plaas bly maar het nie geld nie. Hoekom begin iemand nie 'n plaas wat 'n paar ekstra huise het (dit bied sekuriteit.
Die boer besit die plaas, en deeltitel net ande huise se grond uit. M a w hy verkoop so 10 deeltitel erwe van sy plaas (seker nie ers 1 % van sy grond nie).
Daar is sekuriteit en dan kan die ouens wat daar bly die boer help. M A W hulle besit nie die plaas nie maar kan op die dorp gaan werk of 'n besigheid daar begin. Ek gee skool boeke uit en kan dit enige plek in S A bedryf.
Dink net, as jy so 10 erwe deeltitel verkoop, dan kan jy amper R1 miljoen inkry daarvoor.
Een nadeel indien jy jou plaas verkoop is die 10 erwe nie deel daarvan nie.
My neef is 'n landmeter en dit is wat hy doen. Deeltitel op plase.
Die ouens wat ryk wil rak verkoop so 20 erwe van 1 hektaar elk vir R300000 elk. 'n Cool R6000000.
Ek het op die kibbutz in Israel gewerk. Nogal baie daarvan gehou.
Carl Muller
0832354818
carl@lucem.co.za
I have so much to do, and so little time left to do it, I will never die!!
@Neels dankie, maar dit gaan nog n rukkie wees voor die plaas sterk genoeg is om iemand met groot $$ verwagting en behoefde te kan drae. Ek is n kans gegee, ek wil graag dit terug gee 10X.
Ek het al myself bewys, ek weet wat ek kan en nie kan nie - ek kan net soveel ure in n maand uit kry. Ons werk van son opkoms tot sons ondergang. Desember is erg, son kom net na 4 op en sak net so voor 8. Dae is dan maar lank - ek is nie 'n bakkie boer nie, ons is "Jack of all trades". Vriende het gese my ma het durocell batterye in ons gedruk toe ons klein was. "We just keep on going and going".
Mozboer.
Ja,daar is baie soorte groot praters.Mozboer,ek wens ek was in jou ouderdom skaal.Ek is nie,[53]maar ek sou jou graag wou aanvat.Boere dink mos net hulle kan hard werk.Die meeste boere vir wie ek gewerk het sit elke oggend 08h00 in die dorp by die korporasie en tee drink en sy werkers boer hom ryk.Ek dink dis goed van jou om iemand anders wat graag wil,ook n kans te gee.Ek hoop jou en die nuwe maat alle sukses toe.Grte.
Hi Almal.
Ek het ‘n geleetheid vir iemand, ek is al besig si laaste 5 jaar al om my plaas op te bou.
Ek is op soek na iemand in sy 20’s tot laat 30’s wat kans sien vir baie! Moet Zulu of Swazi kan praat en WIL BOER. Ek bedoel, plaas toe gaan en gaan boer, nie naweek soentoe gaan en vinnige kyk of alles reg lyk nie. Wil boer, en ‘n kans soek. Ek het al ‘n paar dinge by mekaar gemaak, maar kan nie meer tyd jare in my dae sit nie.
As jy kans sien en gedissilineerd is, stuur my ‘n epos.
mozboer@gmail.com
Waar om te begin... ek sal nie kan se waar ons begin het nie. Een dag het ek nog spaar geld in die bank gehaat en die volgde week was ek die trotse eienaar van ‘n paar bokke. Dit was in Desember 2007, nou het ek die grond en die broedery ploeg vorentoe.
Om te boer is harde werk, wat ek tot nou toe gedoen het sal ek weer doen as ek dit oor kan doen – dalk net hier en daar die skool geld wou minder maak maar wragies dit is elke keer as ek daar kom die moeite werd.
Kom nou net terug na die naweek se gesukkle, my lande is 2 meter onder water. Ek het vergeet om snorkels vir my gewasse op die lande te koop! Sal sien wat is oor as die rivier weer sak na al die water. Hoopenlik voor einde april dat ek weer kan plant.
Dit het my lank gevat om die grond te kry, 2 ½ jaar, en die gesukkel begin nou eers. Ek en my ma het gesit en sien ons is al 5 jaar besig – tyd vlieg as jy fun het. Nou begin die dinge rol, ek het soos almal hier bo gedroom en ek droom nog steeds, word net elke keer grooter en grooter.
Nou wil ek sien of hier net groot praaters is, ek is op soek na iemand wat regtig WIL. Nie net wil praat nie, dit wat ek en my pa tot nou gedoen het lig rughare van geharde boer. Dis warm, die locals is onmoontlik en daar is soos in niks. Ek het my huis uit bosse gekap, opgebou en reg gemaak. Mense het omgedraai en gese ons is mal.
Ek is op soek na iemand wat my kan help, ek het alles behalwe tyd. Ek word vas gehou in die stad, en kom net nie meer by alles uit nie, my pa raak te oud en kan net soveel doen. Ek is baie pikki oor waste mens ek soek. Dis n kanse wat ek gekry het, ek wil sien of ek dit met iemand kan deel – daar is baie potensial, om te boer en alles te verloor.
Ek wil boer, ek wil ook soos hier bo gese is, vry wees. Maar bo alles, EK WIL EN EK DOEN.
Kort, jy moet WIL boer, boeld sweet is letterlik op die tafel. Swart taal magtig en geen klein kindertjies. 4 Ure na die naaste hospital, en gevaar om elke bos. Die groot ding is, dis remote! Dit raak alleen saam daar, stuur vir my n epos as jy belang stel, bring ‘n voorstel na die tafel en kom ons kyk wat gebeur.
PS: Die is verkieslik vir iemand in sy 20’s en laat 30’s. Die plaas kan groeie, probeer dalk verbaas jy jouself.
Moz Boer
mozboer@gmail.com
Hallo julle
ek en my man besit 'n plaas in die Laeveld. My man werk voltyds om die pot aan die kook te hou. Ek werk half dag. wil ook begin boer. Is tans besig om my ou krale te omskep in 'n kweekhuis om met groente te begin. Begin klein. Ons besit 25 morg grond. Het baie water en ook beiderhand. Maar die geriewe van 'n trekker ontbreek. Het al die ander inplemente op die plaas. Laat weet asb as daar iemand is wat wil boer en kans sien om grond by my te huur. Omtrent 20 morg van die gronde kan op geboer word. Ek sal graag wil sien dat die gronde gebruik word en die water is orals beskikbaar. As daar iemand is wat kans sien daarvoor en 'n lewe uit boedery wil begin maak. Kontak my gerus.
Groete
Tokkie 082 337 6535
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)