Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Wil-jy-frack-nie

Argiewe

2012

  • Februarie (1)

2011

    2010

      2009

        Blogger

         
        Janbez
        Foto album
        Aangesluit: 3 Apr 2009
        Dorp : Kaapstad
        Provinsie : Wes Kaap
        Land : Suid Afrika

        Ek ondersteun

        mkruger se foto
        mkruger
        Jakkals se foto
        Jakkals
        scorpiondip se foto
        scorpiondip
        Danie C se foto
        Danie C

        Volgelinge

        • AnnieBP se foto
          AnnieBP
        • Martie Kruger se foto
          Martie Kruger
        • Hakuna matata se foto
          Hakuna matata
        • Argentyn se foto
          Argentyn
        • Elzabi se foto
          Elzabi
        • Jakkals se foto
          Jakkals

        Vriend

        scorpiondip se foto
        scorpiondip
        Danie C se foto
        Danie C

        Jongste blogs

        Danie C se foto
        Toulouse en omgewing (4)
        saai se foto
        Invoere - bangkrot Boere
        Steven nel se foto
        Kopklamp
        Steven nel se foto
        My nuwe nguni vers
        Johannes Meintjes se foto
        Perspektief op Landbou: ACDP

        My Weer

        • Voorspelling
        • Vandag
        • My ligging

        Kaapstad

        • Donderdag
        • Gedeeltelik bewolk
        • Hoog:20 C
        • Laag:12 C
        • Vrydag
        • Reën
        • Hoog:17 C
        • Laag:10 C
        • Saterdag
        • Gedeeltelik bewolk
        • Hoog:18 C
        • Laag:6 C
        Sonsopkoms: 7:37
        Sonsondergang: 17:47

        Kaapstad

        Bygewerk:24 May 18:00 IDT
        Temp:
        Druk:
        Doupunt:
        Humiditeit:63%
        Wind:

        Kaapstad

        Peiling

        Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

        Wil jy ‘frack’ of nie?

        Ingestuur deur Janbez op 2 Augustus, 2011 - 23:45

        Die leier van Shell se span wat met hidrouliese breking in die Karoo gemoeid is, het Dinsdag met joernaliste van Landbouweekblad in Kaapstad gesels.

        Mnr. Jan Willem Eggink, hoofbestuurder van stroomop-werksaamhede van Shell Suid-Afrika, het vrae beantwoord oor dié omstrede werksaamhede wat dié maatskappy vir die Karoo beoog. Shell se hande is tans egter by wyse van spreke afgekap weens die moratorium wat die Regering op lisensies vir binnelandse gas-eksplorasie geplaas het.

        Eggink sê Shell het VSA$200 miljoen vir die Karoo-projek begroot. Die moontlikheid bestaan selfs dat Shell nie volhoubare gas in die Karoo sal vind nie.

        Hy het dit benadruk dat Shell nie met die Karoo-inwoners om water sal meeding nie. “Water vir die hidrouliese breking sal met tenkwaens, of moontlik per spoor, van elders aangery word. Ons kan selfs ‘n pyplyn bou om die water aan te lê.” Hy erken dat stof en die beweging van vragmotors wel ‘n nadeel vir die omgewing kan inhou.

        As hy ‘n Karooboer was, waaroor sou hy bekommerd gewees het, is een van die vrae wat aan Eggink, ‘n geoloog van beroep, gestel is. Hy sou begaan daaroor wees oor die “groot” Shell wat op sy plaas opdaag, maar as boer sou hy kommunikeer om vas te stel waaroor alles gaan. Laastens sou hy probeer om voordeel te trek uit wat aan ’t gebeur is.

        Een van die voordele wat uit die projek sou kon voorspruit, is dat goeie toegangspaaie gebou sal moet word. Dit kan die infratruktuur in die Karoo ‘n hupstoot gee. Eggink het ook verwys na toerisme en ondernemings wat moontlik geskep kan word.

        Eggink sê hidrouliese breking (fracking) is nie die probleem nie. Die probleem blyk die persepsie oor hidrouliese breking wat by jan en alleman bestaan.

        Volgens Eggink woon sowat 2000 boere in die aangewese gebied, maar Shell kan eintlik nie nou met Karooboere gesels nie, want hy het nie ‘n “lisensie” daarvoor nie. Hy self sou nie met elkeen kon gesels nie, maar sal graag met verteenwoordigers van boere of met boeregroepe ontmoet.

        Eggink het vrese oor hidrouliese breking probeer besweer: Sal Shell sy goeie naam op die spel plaas vir ‘n projek wat mense en die omgewing sal benadeel?, het hy gevra.

        Eggink se e-pos-adres is: j.eggink@shell.com

        * Die Treasure the Karoo-aksiegroep, wat Shell se eksplorasieplanne teenstaan, gesels vroeg aanstaande week met Landbouweekblad-joernaliste. Hou die tydskrif en webwerf dop vir meer berigte en artikels oor die onderwerp.

        2 Augustus 2011

        Jou gradering: Geen Gemiddeld: 4.5 (38 votes)
        • Janbez se blog
        • 2468 keer gelees
        • Drukker-vriendelike uitgawe
        • Stuur na vriend
        • PDF uitgawe

        Kommentaar

        Onbekende besoeker 
        12 Aug 2011 05:05

        Verdeeld, probleem met hernubare energie is die lewensvatbaarheid lang termyn en "ROI" op jou belegging. Ek skryf meer op 'n blog daaroor binnekort dan kan ons dit verder vat...

        kansas groete vir nou, en sterkte daar in die Karoo

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        10 Aug 2011 19:50

        Miskien moes ek gese het die prys wat ons bereid is om te betaal vir leefwyse en "sustainability" van die karoo.

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        10 Aug 2011 19:09

        Nieteenstaande al die gevare wat "Fracking" teen mens, dier en die natuur inhou moet ek met jou saamstem, en is ek miskien bly dis nie die geval, dat as die minerale regte en dus besluite by grondeienaars gele het sou ons moontlik dieselfde verdeeldheid in SA gesien het as wat ons opgemerk het in die VSA.
        Ons kry werklik nie n groot opbrengs op ons kapitaal in die Karoo maar dis die prys wat ons bereid is om te betaal vir die leefwyse, ons is wel bekommerd oor werloosheid en sal baie doen om dit aan te spreek, miskien is die fracking "threat" n "wake up call" vir ons om pro aktief te raak met die ontwikkeling van hernubare energie in die Karoo om ongeloofwaardige werkskeppende beloftes van gas maatskappye teen te staan. Miskien kan ander Karoo boere hul opinie oor die spesifieke benadering gee.

        • antwoord
        Onbekende besoeker 
        10 Aug 2011 15:53

        Verdeeld, die grootste probleem by julle is nie die fracking nie, weereens my opinie, maar wel die feit dat Suid Afrikaners se minerale regte jare terug ontneem is deur 'n Sosialistiese regering. As die regte in privaatbesit was het julle baie meer gehad om op te staan.....As ek moes kies om rond te loop met wit jasse, dan sou ek die ANC betrokke maak en staak sodat die minerale regte terug gegee word aan grond eienaars....reg oor die land. Maar ons weet die regering sal nooit daai klas inkomste prysgee nie.

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        10 Aug 2011 06:28

        Ja jy is 100% reg. As ek dit reg verstaan, speel gas 'n groot rol in politiek in die VSA en soos ons ook sien in Nigerië is dit een van ons grootste bekommernisse.
        'n Ander punt is dat die bedryf van onkonvensionele gasontgunning nog nat agter die ore is. Wat gaan gebeur as die 'wells' agtergelaat word jare van nou af? Wie gaan dan verantwoordelik wees vir die omgewingsimpak wat mag geskied soos wat vloeistowwe begin migreer?

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        10 Aug 2011 06:21

        Die enigste punt wat ek wou maak is dat die verdeeldheid in die VSA oor die onkonvensionele gasontwikkeling ontstaan omdat 'n klein persentasie vir die res besluit want daar is altyd iemand wat water en of lug gebruik "down stream". So as dit 2% of 5% of selfs 10% is, staan my argument steeds, veral as jy neem dat net 60% van elke 640akker-gedeelte moet instem. Die pryse wat betaal word vir regte wissel baie maar ons het met twee koalisievoorsitters gepraat wat so 180,000 akkers se boere verteenwoordig en hulle minimum prys was $6000 in daardie stadium. Ek is bly ons bespreek die regte om te "frack". By ons is die regering verantwoordelik vir die besluit en sal aldus verantwoordelik gehou word deur alle landburgers as dinge verkeerd gaan - wat die verantwoordelikeid om die regte besluit te neem soveel groter maak.
        Volgens ons inligting verhandel die ontgunningsregte in die VSA verskeie kere afhangend van wie eerste die "lease" geteken het maar dit sal gekoop moet word voordat geboor kan word hetsy van die eienaar of "landman". 12,5% produksie is die algemeenste. Dit was die koalisies wat aan ons aangedui het hulle sal nie vir minder as 20% skik.

        • antwoord
        Onbekende besoeker 
        09 Aug 2011 07:07

        1 vierkante myl is wat hulle huur noem 'n "Section". Dit is gewoonlik ongeveer 640 akker. Die oorspronklike boorgate is almal in die middel van die "Section geboor", en die oorspronklike bewoners van die 4 "kwarte", elk ongeveer 160 akker, het gratis gebruik van die gas gehad vir hulle huise. Daarna het elkeen van hulle ook 12.5 % van die inkomste gehad, dus die gas maatskappy het 50% gehou vir sy gedeelte aangesien hy al die kostes gedra het.

        • antwoord
        Onbekende besoeker 
        09 Aug 2011 07:03

        Verdeeld, as ek in die Karoo gebly het, nie die minerale regte besit het nie, en iemand kom boor of grou gate op my plaas sou ek ook de hel in gewees het...maar verstaan waar in VSA minerale regte NIE deur die staat besit word nie, en ook NOOIT sal nie, dit 'n groot verskil maak. Terloops, die gas kontrakte hier verskil baie van staat tot staat ook. Bietjie politieke nuus... Die Nasionale regering hier probeer op elke manier hier sate se regte wegvat....dit werk nie so lekker nie, he he, daar het 'n groot skuif plaasgevind laas November, en dieselle gaan gebeur volgende NOvember...soos hulle se "Watch this space"

        • antwoord
        Onbekende besoeker 
        09 Aug 2011 06:59

        Verdeeld, ons begin nou beter verstaan, moet asb nie konvensionele en onkonvensionele dan veralgemeen om 'n punt te bewys nie. Die 2 is dag en nag verskil.

        Jou pryse per akker is ook nie reg nie. In die era waar ons bly, wat op 'n stadium die grootste gasvel in die VSA was, is minerale regte steeds te koop tot vandag vir enige iets van $50 per akker tot duisende per akker, alles afhangend van hoe produktiewe are dit is. Die regte is meeste van die gevalle in boere of banke of spekuleerders se besit, wie ookal op 'n veiling opdaag. Die gas maatskappye betaal absoluut niks om te ontwikkel behalwe die ooreenkoms om 'n gedeelte van die opbrengs terug te betaal aan die eienaar nie. Die huurkontrakte is ook verskillend, maar die mees algemeenste een is omtrent 12.5% inkomste aan die grond/minerale regte eienaar.

        • antwoord
        Onbekende besoeker 
        09 Aug 2011 06:52

        Verdeeld, jy maak die gevaarlike "assumption" dat slegs die 2% boere waarvan jy praat grondeienaars is. Google gerus meer oor "homesteading" en verstaan hoe die Amerikaanse platteland ontstaan en ontwikkel het. Ons boer vir amper 40 "landlord" wat nie een meer in die landbou is nie, maar wel die grond besit en ook die minerale regte. Weereens, moenie als glo wat jy in die koerante lees nie, alhoewel dit soms steeds meer akuraat as regerings instansies sal wees...

        • antwoord
        Argentyn
        08 Aug 2011 11:13

        Sjoe, die emosies loop hoog oor hierdie saak!

        Soos alles in die lewe is niemand ooit heeltemal die duiwel of 'n engel nie. Wat belangrik is is om seker te maak dat indien Shell ooit sou begin ontgin daar duidelike en daadwerklike reëls en regulasies is.
        Hulle gaan natuurlik probeer om soveel wins as moontlik dit maak - dit is 'n besigheid en dit is die inwoners, staat en gemeenskap se plig om seker te maak dat hulle by die wet hou en dat hulle nie hulself uit die moeilikheid uit kan koop nie.
        Die ander werklikheid is natuurlik dat indien niemand die gas ontgining wil hê nie dit eenvoudig nie gedoen moet word nie einde van die storie.

        —
        Saludos
        
        Die Argentyn
        
        
        
        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        08 Aug 2011 10:08

        Hier is iets om aan te herkou - die huidige prys per "acre" in VSA is ongeveer $6000 vir die reg om te ontgin en dan tot 20% van wat geproduseer word. Daar is wel "leases" teen $5 maar was lankal geteken. Ek praat net van onlangse "leases" geteken volgens koalisieleiers wat optree namens 'n groep boere op met wie ons onderhoude gevoer het.
        Dit werk uit op R78000 per hektar vir die reg om te ontgin vir 'n sê 5 tot 10 jaar periode. Die Karoo grondwaarde wissel tussen R3000 en R7000 per hektaar???

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        08 Aug 2011 08:55

        Sover misdaad en behuising betref, ek het nie vergelykings tussen lande gedoen nie maar eerder voor en na "Fracking"

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        08 Aug 2011 08:52

        Ek het net van "unconventional" ontginning gepraat waar groot hoeveelhede water en chemikalie gebruik word en nie van die "conventional" ontginning waar dit nie die geval is, so jy is 100% reg.

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        08 Aug 2011 08:49

        @ onbekende besoeker. Jammer, miskien het ek my nie reg uitgedruk. Die square mile waarvan ek praat is die grootte wat 'n gasmaatskappy 'n 60% huur van minerale regte opgeteken moet hê voordat die ander 40% eienaars moet instem. Ek is bewus daarvan dat die VSA in "acres" werk. Ek dink dis dus ongeveer 60% van enige 560 "acres". Jammer vir misverstand.

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        08 Aug 2011 08:43

        http://www.epa.gov/agriculture/ag101/demographics.html

        The link on farming ownership requested in USA

        • antwoord
        Onbekende besoeker 
        08 Aug 2011 07:30

        @ Jan Willem...die storie kan dalk waar wees, g'n idee nie, maar wil graag noem dat hier in die VSA het die UN deesdae minder geloofwaardigheid as Bob. Hulle hele "Global Warming" foefie is oopgevlek, maar tog sien ek dat duisend "followers" steeds in hulle glo, baie hartseer dat mense nie meer self kan dink nie. "Google" gerus Climate gate scandal

        • antwoord
        Onbekende besoeker 
        08 Aug 2011 07:22

        Verdeeld, jou feite rakens behuising is ook heeltemal ongegrond. In 'n gewone plattelandse dorp kan amper enige een wat bereid is om te werk 'n huis besit. Die feit dat die behuisings "bubble" gebars het, het absoluut niks met die gas maatskappye uit te waai nie, los die politiek vir Amerikaners.... Die lewenskoste is ook steeds aansienlik laer as in enige stad hier. Wat misdaad aanbetref, bring maar jou veiligste dorp in SA en vergelyk dit met enige selle klas dorpie hier....(vergelyk aantal mense per misdaad).

        • antwoord
        Onbekende besoeker 
        08 Aug 2011 07:16

        Verdeeld, ek betwyfel jou akuraatheid oor die 2% van minerale regte besit. Jy enige "links" om dit te staaf? Tweedens word grondbesit in meeste van die platteland nie in vierkante myle gedoen nie, maar kwarte daarvan. Al die oorspronklike eienaars besit 100% van die minerale regte. Vir ontwikkeling word daar dan met die gas maatskappye onderhandel, en meeste kry 12.5% van die inkomste van so 'n boorgat vir die leeftyd van die boorgat. Daar word ook skade vergoeding betaal vir enige oppervlak skade. Een van die grootste gasvelde is in SW Kansas, ironies dit is ook steeds een van die grootste besproeiings gebiede in Kansas. Daar is sekerlik plekke in die VSA waar daar nie met gas eksplorasie saamgestem word nie, maar moet nie "fracking" met alle gas eksplorasie vergelyk nie, want konvensionele gas eksplorasie skep duisende, indien nie miljoene werksgeleenthede in die binneland van VSA.

        • antwoord
        Jan Willem se goeie naam 
        07 Aug 2011 12:33

        PRESS RELEASE
        Thursday 4 August 2011
        UN CONFIRMS MASSIVE OIL POLLUTION IN NIGER DELTA
        The oil company Shell has had a disastrous impact on the human rights of the people living in the Niger Delta in Nigeria, said Amnesty International , responding to a UN report on the effects of oil pollution in Ogoniland in the Delta region.
        The report from the United Nations Environment Programme is the first of its kind in Nigeria and based on two years of in-depth scientific research. It found that oil contamination is widespread and severe, and that people in the Niger Delta have been exposed for decades.
        “This report proves Shell has had a terrible impact in Nigeria, but has got away with denying it for decades, falsely claiming they work to best international standards,” said Amnesty International Global Issues Director, Audrey Gaughran, who has researched the human rights impacts of pollution in the Delta.
        The report, which was conducted at the request of the Nigerian government and paid for by Shell, provides irrefutable evidence of the devastating impact of oil pollution on people’s lives in the Delta – one of Africa’s most bio-diverse regions. It examines the damage to agriculture and fisheries, which has destroyed livelihoods and food sources. One of the most serious facts to come to light is the scale of contamination of drinking water, which has exposed communities to serious health risks. In one case water was found to contain a known carcinogen at levels 900 times above World Health Organization guidelines. UNEP has recommended emergency measures to alert communities to the danger.
        The report reveals Shell’s systemic failure to address oil spills going back many years. UNEP describes how sites that Shell claimed were cleaned up were found by UNEP experts to be still polluted.
        “Shell must put its hands up, and face the fact that it has to deal with the damage it has caused. Trying to hide behind the actions of others, when Shell is the most powerful actor on the scene, simply won’t wash,” said Audrey Gaughran.

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        06 Aug 2011 20:59

        Een van ons grootste uitdagings sal wees hoe die platteland die "boom & bust" van die kom en gaan van die industrie sal bestuur. Wie gaan die koste dra vir infrastrukture wat geskep sal moet word, lewenskoste gaan gemiddeld op met 21% in Amerika waar inflasie baie laag is, behuising is onbekombaar vir die normale mens op die straat want industrie neem alle bekombare behuising op insluitende toerisme akkommodasie. Toerisme kry eerste seer want dit word n industriele zone nie van pas vir toerisme, en is die duurste om weer mense terug te lok na die "bust". Misdaad gaan op, veral misdaad op persone, mense vervreem en die platteland verloor sy karakter en samehorigheid totaal.D ie besighede waarmee ons gesels het in Amerika is eenstemmig dat plaaslike besighede hul beste mense verloor en dat die samestelling van besighede verander. Daar is geen twyfel dat daar n boom gaan wees maar gaan ons plaaslike rade die beplanning en koste verantwoordelikheid dra of gaan industrie betaal. In meeste gevalle moet belasting betalers die koste dra en industrie geniet die winste.

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        06 Aug 2011 20:07

        n geraamde 2% van Amerikaners besit die land en mineraleregte, so die res is in hulle hande so ver gasontwikkeling gaan, verder as die gasmaatskappye 60% van enige vierkante myl het, moet die ander 40% grondeienaars inval of hulle toestemming gee of nie. So in Amerika kan jou buurman besluit of jou water besmet raak aldan nie, dis waarom Amerikaners so verdeeld is oor die gasontwikkeling.

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        06 Aug 2011 08:31

        Alan B. Krueger, Chief Economist and Assistant Secretary for Economic Policy at the US Department of Treasury, stated: “The oil & gas industry is about ten times more capital intensive than the US economy as a whole.” Krueger continues, saying that “encouraging oil and gas production is not an effective strategy for creating jobs”

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        06 Aug 2011 07:51

        http://www.endocrinedisruption.com/endocrine.fossilfuel.php

        Gebruik hierdie link om oor gesondheids implikasies uit te vind

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        05 Aug 2011 21:22

        Ek sal graag enige vrae so goed as ek kan beantwoord, so laat los en vra, as ek nie kan, sal ek gaan uitvind.

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        05 Aug 2011 16:41

        @ keer terug, nie seker of my vorige kommentaar deurgegaan het. Dit is 100% waar wat jy se en n ontsaglike bekommernis om sulke energie ontwikkeling toe te laat aan sulke maatskappye wat selde skuld wil erken en waar foute permanente skade aangig. In PA met die, onvoldoende regulasies en al, betaal gasmaatskappye meer boetes vir besoedeling as wat daar aantal Wells is - skrikwekkend vir so n sogenaamde suksesvolle en beproefde tenologie.

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        05 Aug 2011 16:13

        @ onbekende besoeker die moratorium in NY staat is opgehef!

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        05 Aug 2011 16:10

        @ Onbekende besoeker,e k is baie trots om te se dat ons regering die eerste was om n moratorium op "onconventional" gas ontwikkeling te plaas voordat enige ekplorasie plaasgevind het so miskien kan die ontwikkelde wereld van die ontwikkelende wereld leer dat "fossil" energie se dae getel is as ons kinders se kinders die vooreg sal wil he om te geniet wat ek en jy kon, maar as jy 1ste wereld is is ons seker 3de in jou opinie, baie tragies om so te debateer.
        Verwys my asb na een "cost benefit analysis" waar alles in ag geneem was dat "unconventional" gas ontwikkeling n netto voordeel inhou as energie bron, ek dink n mens neem net besigheids risiko as die uitkoms positiewe is!

        • antwoord
        Onbekende besoeker
        05 Aug 2011 11:10

        Jammer om te hoor BKB het hulle geld gemors, want jy het duidelik nie baie tyd buite konferensiekamers gespandeer nie. As jy meer tyd in die "real world" hier gespandeer het, sou jy dalk 'n beter persepsie van die Amerikaanse platteland gehad het. Wat NY aanbetref, alles is onwettig in NY, dit gebeur as mens te veel mense het wat in kantore sit en te min mense het wat buite werk :)
        O, terloops, ek het GEEN voordeel uit gas ontginning hier nie, behalwe dat ek "common sense" het en nie elke aand hoef vuur te maak soos in SA nie, ek't vergeet hoe omgewingsbewus julle nou weer daar is. Ry maar by Diepsloot verby op 'n koue oggend as jy wil herinner word, en vergelyk dit met die "omgewings impak studie" waarmee jy so sukkel.
        Sterkte met julle kragonderbrekings.
        Eerste wereld groetnis

        • antwoord
        Keer Terug 
        05 Aug 2011 11:03

        Ek wonder net of Shell nie 'n ander motief het om in Suid Afrika 'n voet te kry nie. Gaan dit regtig oor nuwe energiebronne? Wil hulle nie dalk dieselfde doen as in Nigeria nie? Totale beheer oor die regering te kry nie? Kyk na: http://nwoobserver.wordpress.com/2009/04/09/shell-complicit-in-execution.... Ek dink dit is nie meer 'n geheim dat Shell deel is van die NWO nie!!

        • antwoord
        Janbez
        05 Aug 2011 09:30

        Amerika Verdeeld, Sien uit na jou skrywe.
        Janbez

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        04 Aug 2011 18:59

        Ek sal dit graag wil doen, ek was een van die boere wat deur BKB na Amerika toe gestuur was om feite in te samel oor die hele proses van gas ontgunning dmv "unconventional" metodes nl "fracking" ek het ook die afgelope 4 dae konferensie in JHB bygewoon en is van opinie dat die debat oor die metode van ontginng stilstaan omdat die feite nie aangespreek word deur die media. Ons kan kontak maak en besluit hoe ek my ervarings in Amerika kan oordra as deel van die gesprek.

        • antwoord
        Janbez
        04 Aug 2011 18:04

        Amerika Verdeeld: Skryf asb. vir landbou.com jou ervaringe met fracking, dan publiseer ons dit as deel van hierdie debat?
        JanBez (janbez@landbou.com)

        • antwoord
        Amerika Verdeeld 
        04 Aug 2011 17:35

        @ VSA om mee te begin ek was in die VSA en het vir myself gesien hoe water en lug besoedel word, ook geen twyfel dat lewensgevaarlike siektes van toepassing is met verhoogte Ozone en honderd talle chemikalie wat in die proses gebruik word.
        Maar jy klink presies soos al die pro"frackers" waarmee ons onderhoude gevoer het dis net GELD GELD en nogmaals GELD wat hul motivering is, jy mag maar lief wees vir geld maar dit gaan nie hand en hand met die natuur en gesondheids risikos as dit by gas ontwikkeling kom. Ons praat van "unconventional" ontginning van gas wat net gemiddeld 10jaar oud is, so jy is ook baie oningelig as jy onder die invloed is dat dit al 60jaar aan die gang is, tipies een van die GAS leuens om mense te laat dink hulle het beproefde tegnologie, wat geensins waar is.
        As alles dan so veilig en goed vir die natuur is hoekom moes die Federale Regering onder Cheney en George Bush dan in 2005 die hele industrie gevrywaar het om aan omgewingswette te voldoen, ek sal jou se hoekom hulle nie aan die wette moet voldoen, dis maklik hulle kan nie!!!
        Verder as dit so veilig is hoekom het New York staat verbied dat fracking mag plaasvind in die New York City "watershed", is te groot n risiko agv aantal mense!!!
        Ek gaan nie eers probeer om jou verder te oorreed want pro fackers debateer met hul beursie in die hand wat ons in SA nie hoef te doen.
        Laastens Shell het aan my self gese hulle gaan dinge anders doen hier om te verhoed wat in Amerika gebeur het, so asb ons is baie goed ingelig en sal alles in ons vermoe doen om nie deur die industrie uitgevang te word soos die VSA want jy weet self as hulle eers in is is daar geen keer.

        • antwoord
        VSA 
        04 Aug 2011 13:38

        Almal noem Amerika as voorbeeld van hoe dit nie moet lyk nie. Dit is baie beslis dat geen een van julle nog hier was om te sien hoe dit lyk nie... Boorgate (beide water en gas) loop langs mekaar al vir 60-70 jaar, en ek't nog geen boer gesien wat horings groei of 6 bene het nie. Minerale wette is totaal anders, so boere deel in die inkomste van elke liewe boorgat, wat dit baie beslis die moeite werd maak...D oen julle huiswerk voor julle op die emosionele "bandwagon" spring. In droogtes soos nou, is die inkomste uit gas boorgate al wat duisende boere aan die lewe hou hier. Landbou se produksie klim nog steeds elke jaar.... die gasvelde het geen verskil meegebring nie. Dis elkeen se reg tot 'n siening, maar party mense het gin idee nie....

        • antwoord
        "Devide & Rule" 
        04 Aug 2011 11:01

        Dis so ooglopend dat Shell nou in die Karoo soos elders gaan "devide to rule" met allerande beloftes van vergoeding aan boere om in te kom, maar ons weet as hulle in is maak hulle net soos hulle wil dis oor en oor bewys in ander lande.
        Ons kan nie beide doen BOER en FRACK gaan maar na Colorado Amerika daar word nie meer geboer soos tevore.
        Ons kan nie met dieselfde riem gevang word, staan saam!!!

        • antwoord
        WAT N SKANDE 
        04 Aug 2011 10:39

        @ janbez wat n grap vir n artikel ons aanvaar nie meer dieselfde beloftes van Shell wat in allegeval nie regtelik afdwingbaar is soos dinge nou staan, so ons koppe is lankal uit die sand sover fracking betref, skryf tog n artikel wat die feite weerspieel en nagevolge aanspreek, dis skrikwekkend hoe maklik Shell wegkom met die soort propaganda want ons joernaliste weet nie wat om te vra om agter die kap van die byl te kom!!!

        • antwoord
        NO FRACKING IN THE KAROO 
        04 Aug 2011 10:08

        @ janbez daar is geen twyfel by my dat Landbouweekblad sy brood aan beide kante gebotter wil he, en ek het maar min respek vir sulke mense!!! Ruggraatloos!!

        • antwoord
        NO FRACKING IN THE KAROO 
        04 Aug 2011 10:04

        @ janbez hoekom nie een artikel met n gebalanseerde opinie, daar is geen twyfel by my dat Landbouweekblad sy brood aan beide kante gebotter wil he, ek het baie min respek vir sulke mense!!!

        • antwoord
        Onbekende besoeker 
        04 Aug 2011 09:56

        Ons kan nie n woord glo wat Shell ons wil wysmaak, gaan na die lande waar fracking plaasvind en sien vir jouself die chaos sover water & lugbesoedeling en die ergste van alles is die ontseglike nadelige gesondheids impak wat dit op mense sal he lank nadat Shell alle rande uit die land geneem het, ons kan net verloor ek het dit vir myself gesien.
        Verder het Shell geen bedoeling om ooit te erken dat hulle ooit al gefouteer het want dan moet hulle verantwoordelikheid aanvaar. Shell speel net met woorde en het dit telkemale al bewys dat hulle alles sal verdraai om hulleself te beskerm, ons land sal geen voordeel trek uit wat Shell beplan ons sal net met die elende jare later sit.
        Hierdie metode van gas ontginning is slegs 15 jaar oud op die meeste maar gemiddeld 8 jaar so vra jouself af hoekom moet Shell aanhou jok oor die tydperk slegs omdat dit foutief is en besoedel en mense siek laat vir geen ander rede.
        Ons sal nou regtig ape wees as ons nie lesse van ander lande kan leer.
        Vir die geologiese professie wat altyd se daar is 200 jaar se gas wil ek graag vra of SHELL en ander bereid sal wees om dit oor 200 jaar te ontwikkel sodat ons die sogenaamde voordeel sal sien, nee hulle sal dit oor 20 jaar wil doen en meeste uitvoer insluitende die winste.
        Verder kan hulle ons geen definitiewe antwoorde gee wat beteken nie meeding om water, hulle kan nuwe gate boor of hulle kan gebruik wat ons nie op die oomblik gebruik, hoekom se hulle nie direk ons gaan geen water in die geografiese area gebruik nie, net vir een rede omdat hulle dit wel gaan doen sodra ons hulle inlaat.
        Daar is te min spasie vir my om alles hier te skryf maar ons kan hulle nie vertrou want ons sal verantwoordelik gehou word vir die "legacy" wat ons nalaat nie Shell nie.
        Ons het net een kans om hiedie bedryf uit ons land te hou ons moet dit doen anders sal ons altyd jammer wees.
        GAAN NA AMERIKA EN ANDER LANDE EN SIEN VIR JOUSELF!!!

        • antwoord
        Onbekende besoeker 
        04 Aug 2011 08:39

        ons grou nou te diep in die aarde, daar is ander bronne soos son, wind en water wat nie skade sal maak nie. ons moet meer groen dink vir ons en ons kinders se toekoms. Los die karoo uit dis n juweel van suid afrika, beskerm dit.

        • antwoord
        Lettie Breytenbach 
        04 Aug 2011 08:37

        Kan dit nie aanleiding gee tot aardbewings nie? Daar is mos nou van die ondersteunende komponente in die skalie verwyder? Of is ek nou baie dom???

        • antwoord
        Willem Jan 
        03 Aug 2011 17:41

        "Sal Shell sy goeie naam op die spel plaas vir ‘n projek wat mense en die omgewing sal benadeel?, het hy gevra."
        ..,Díe antwoord kan die mense in Nigeria gee...

        • antwoord
        Onbekende besoeker 
        03 Aug 2011 17:31

        Dit word vrye pers genoem.... moet ons almal nou hoor hoe sonenergie die toekoms is, terwyl olie en gas nog steeds al is wat wereldwyd lewensvatbaar is? Haal af die oogklappe....

        • antwoord
        Janbez
        03 Aug 2011 15:53

        Hi Karoo-liefhebber,
        Ek se weer dat hierdie Shell se kommentaar is, dis nie wat LBW uitgedink het nie. As jy meen dis propaganda, is dit jou reg. Die Aksiegroep kom volgende week met ons gesels, dan skryf ons weer oor wat hulle vertel. Ook propaganda?
        janbez

        • antwoord
        Karoo-liefhebber 
        03 Aug 2011 15:32

        Ag nee mense, hierdie is mos nou net lekker propaganda vir Shell. Meeste plekke waar chemiese nywerhede bedrywig was, is ekologies opgemors. Gas is nie 'n groen energie-alternatief nie, dus 'n paar skatryk mense gaan op die korttermyn nog ryker word. Terwyl baie armer mense met die gemors gaan sit in die toekoms. Al waarvoor die 'beter paaie'goed sal wees, is om uit die Karoo te vlug. Dis tyd om die aarde en energie anders te benader. Kyk net na die skade wat ons die afgelope 1000 jaar aangerig het!

        • antwoord

        Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

        Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

        Geborgde skakels


        Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

        Kwaliteit Saad

        Die toekoms is in jou land

        In lyn met die boer

        MSD Animal Health

        Our brand new website

        Daaglikse nuusbrief

        Weeklikse nuusbrief

        Teken In

        • Registreer as gebruiker
        • Wagwoord vergeet?

        E-pos forum

        • Waarom is boere so stil?
        • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
        • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
        • Boom Lusern en siektes
        • Nekklamp vir beeste
        meer...

        Gewildste stories

        Vandag

        • Boer aangerand oor begrafnis
        • Staat koop grond onder markwaarde

        Immergroen stories

        • RSS-voere
        • E-pos foto's aan ons

        Pas gelees

        • Inligting oor Suid-Afrikaanse Vleisbees-, Bok-, Skaap- en Varkrasse
        • Bruinpunt
        • Wie is ons?
        • Kontak ons
        • Gebruiksvoorwaardes
        • SMS-diens
        • RSS-voere
        • Teken in op LBW
        • LBW-argiewe
        • Vennote

        Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

        Web Development by FormFunction