Windgat boertjies

Goeie dag,

Die ding pla al lank en moet die hond wind kry. Dit is ons jong manne wat boer of wie se Pa boer-natuurlik is almal nie so nie.Maar hier is die ding.Kom baie by boeredae en dan hoor ek dit gaan sleg, maar jong manne van so 20-30 hang rond met bierpense en uithemde, met nuwe fo by Fo's buite.Mielieprys is sleg-jode verneuk ons, speenkalfprys net so wat die voerkraal betaal, maar wat kos steak,? netso wat skaaptjoppies aanbetref-gryp jou aan R100/kg op die winkelrak en boer kry net R35/kg vir hele lam. 

Manne-gaan dit regtig so sleg, is die vraag dan? Watter een man saak kan soveel kapitaal bymekaar maak in 10-20 jaar?.Verleë grinikke, Ja Maar....

Manne, het jul dan nie geluister toe Graan SA sê plant minder laasjaar nie, anders is die prys in sy dinges? Ja Maar......

O Ja manne en wat van prysverskansing, waaroor daar nou al tien en meer jare gepraat word en kursusse volop is...Ja Maar dit is darem moeilik en die spekulante verneuk ons....

O Nog iets-waar is jul vrouens ?, Ons ander sakemense is gewoond, jou vrou is deel van besigheid, neem besluite help doen ens en gaan saam na inligtingsveragderings ens...want sien ons het nie gekry nie..Nee , ons moet self bymekaar maak en ses dae en 12-14 ure per dag werk en deeltyds boer.Maar ons kla nie-dit is fantasties en  en dan maak jy nogal 'n geldjie ook.

Laastens, wat regtig krap..dan kom die jong mannetjies uit skool by universiteit of kollege aan-maande na matriek, sagte baardjies, maar moerse Fo by Fo's en bak armpies ...en windgat...(skoon skaam vir hulle part)....Pa is darem boer man! en ons stap in sy spore....nog niks self bereik nie en weet ook nie van werk en presteer nie...nie nodig nie, gaan eendag in boerdery instap en.....

O Ja, die swart studente iwerk dat dit bars, kry selfs die hoogste punte, want hul weet, hele familie help hul om te studeer vir beter lewe eendag...ek dink hul gaan nog die bakarm mannetjies eendag haasore aansit!!

Terloops seg ek vir swart studente in landbou, moet nie kom met agtergeblewenes en daai twak nie...ek het in moddermuur huis grootgeword, sonder krag, buite donkie vir warm water en long drop so 30 tree by agterdeur uit, gelapte klere en deeltyds geswot en lenings ens...so byt net vas en vergeet van die bakarm mannetjies...jul sal eendag die vrugte pluk, net kwessie van tyd-want die wiel draai vir windgatte wat nie weet van self bymekaar maak nie.

Nou het die hond wind gekry!!!

Lekker boer en dink oor hoe jul die kinders leer>

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 4.1 (18 votes)

Kommentaar

Hakuna matata

Reageer bietjie laat met hierdie een. Ek dink oom Joe sit die pot mis om jong boere met anders kleuriges te vegelyk... die een het niks met die ander uit te waai nie. Die feit dat sekere jong latte windgat is, daar stem ek saam met oom Joe. Daar is geen rede om ooit "windgat" of verwaand te wees nie. Trots op wat jy doen, en trots oor hoe jy dinge doen, Ja, maar ek het al vele kere gesien hoe ons Liewe Vader sulke mannetjies grond toe bring...

Julie-Ann Deacon 

Moet mens nie maar eerder boer nie en die bier uitlos nie? glo die sukses le in die bestuur van die plaas en wie beter as pa en seun. ek kan nie regtig praat, ek is 'n vrou, maar ons land is ryk in grond en wie neem oor by die ouer mans hul seuns wat nou 20 of 20-30 is?

Fred H 

Al is ñ boer ook baie suksesvol, moet hy asb. nie windgat wees nie. God haat verwaandheid - dit is dieselfde as inbeelding, opgeblasenheid, aanmatiging, windgatheid, te veel trots te wees en grootpratery.

Mnr. Windgat, soek asb. die woord, verwaandheid op in die Woord van God en leer ñ bietjie meer - jy sal baat vind.

Jorrie 

Ek is trots om n boer te wees, windgat te wees, suksesvol te wees, Afrikaner te wees. Kort net n Fo by Fo.

Onbekende besoeker 

'n Mens ken nie 'n suksesvolle boerdery aan sy baas se voertuig nie, maar aan sy drade, krippe en krale.(Sommer net 'n sê-ding)

Stoker 

Dis nogal 'sad' om te sien hoe oppervlakkig mense is om die reg om windgat te wees probeer verdedig. Daar is niks fout met trots wees op dit wat jy bereik en erkenning daarvoor te vra/kry nie, maar gewoonlik mense wat 'insecure' is en voel hulle moet iets bewys wat windgat is. As jy erkenning waardig is sal jy dit kry, sonder om daarvoor te hoef te vra. Die van julle wat bevoorreg genoeg is om langs jou pa op die plaas groot te word en in jou pa se boerdery in te stap, suksesvol inskakel en later oor te vat - great, jy kan trots wees op jouself (en jou ouers ook op jou) - dis nogsteeds nie rede vir windgat wees nie, trots ja. Ek is ook trots om boer te wees, want wat ek in my boerdery het, het ek self bereik deur harde werk en deursettingsvermoe (en ek het ook 'n 4x4 wat ek self voor betaal het...). So ek kon seker ook windgat wees as ek wou...

M.L 

Ek is 'n deeltydse boer, het ongelukkig nie die voordeel gehad van pa wat plaas gelos het nie. Ek huur grond en probeer maar my eie ding. Die enigste ding wat my toelaat om dit te kan doen is die beroep wat ek in is wat my 'n salaris bied. Ek moet egter in perspektief plaas, presies wat oom van praat gebeur in elke beroep, dit is nie net boerdery nie, jong "executives" ry slap bmw's of die 4x4, wat saam met groot houdings kom. Daai beroepe wat hulle mee sit is 90% van die kere ook maar gereel deur pappa wat kontankte het op die regte plekke en was nie verdien nie. EK vermoed die boerseuns verdien dit dalk meer om houding te mag he, want moes van jongs af al hulle deel bydrae tot die boedery, waar seuns in die dorp maar net geld ontvang het vir niks doen nie.
Ek vermoed windgatgeit is maar agv. tye waarin ons beweeg, en is ongelukkig 'n tendens wat nie net tot een beroep beperk is nie.
Ek hoop egter dat die "new age" seuns ons kultuur sal voorbou as boere en bewerkers van die land

Groete

Chris van die plaas 

Ons het almal, oud of jonk, 'n verantwoordelikheid as dit by die obrengs van ons boerderye kom. In hierdie land is voorspoed in boerdery nie 'n gegewe nie, dit is wel 'n genadige voorreg. Ons sal almal leer van die "leef en laat leef" beginsel, as jy nie reeds het nie. Hierdie grond - besittings leen ons by ons kinders, dit behoort in elk geval alles aan God wat dit gemaak het. Sterkte aan al jul jong boere, moenie die voorreg miskyk nie, en ook nie diegene om jou wat jy saam met jou hierdeur kan verryk nie.

Koos Labuschagne 

Oom Joe, ek stem in 'n groot mate saam. Hoe boere altyd gesien is - as nederige, hardwerkende, sout van die aarde mense- het verander.Daar word te veel gekla oor alles wat fout is en nie gefokus op die goeie nie. In die verlede het boere die standaard baie hoog gestel en deesdae se boere leef nie altyd op daaraan nie. Maar boerseuns is nog steeds beter as jou tipiese Sandton of Waterkloof seuns. Ek ry ook 'n fo baai fo, maar dit is 'n 1982 Ford, nie 'n blink nuwe Hilux wat ek spin voor die kuierplekke in die dorp nie. Om die respek wat in die verlede deur boere afgedwing is te behou moet daar selfondersoek gedoen word. Daar is baie (maar nie almal) boere wat net se hoe sleg dit gaan en niks aan die situasie doen nie. Daar is ook baie (maar nie almal) swart studente wat harder werk. Ek dink deur op te hou kla en iets te doen aan die situasie kan die ou vertroue en respek wat boere gehad het weer herwin word.

Koos Fourie 

Dan.
Man ou Dan jy slaan die spyker so hard op die kop dat hy sommer deur die plank gaan.
"Joe" is net weer n sprankelende voorbeeld van PERSEPSIE sindroom. En is dit nie n inorme probleem by die algemene publiek daar buite teenoor "boere" nie.
Die prys van produkte op die rak is NIE wat die boer sien in sy sak nie.
Van die os op die jas. Daar vertel jy( Joe ) self hoe jy groot geword het. Hoekom het jy dan gevorder tot waar jy nou is maar die swartes wat jy so liefs bewonder en aanmoedig , het dit nog nie eers beryk nie.....? Hou net op om ons met hulle te vergelyk en vat daai persepsie en stoot hom waar dit hoort.

Andre Arends 

Oom Joe, self n boer van 49 en ook suksesvol, maar die verskil is ek hoef nie af te show met n bakkie nie, my toerusting en opbrengs spreek boekdele. Ook op n plaas groot geword en het ook eers gaan studeer voor ek plaas toe is en dit na Pa se afsterwe. Moet se die grootste geskenk wat Pa vir my gelaat het was my 2 grade BCom en MCom wat hy voor betaal het en ek moet se dit kom baie handig te pas. Ek moet saamstem ek dink party en nie almal van die jongmanne verstaan nie mooi oor finansiele beplanning nie en dink daai kruik gaan nooit leeg word nie. Solank almal net onthou dit is God's genade om suksesvol te wees dan sal dit beter gaan. Ek moet se daar is baie jongmanne met wie ek assosieer maar ek dink daar is net n paar wat die boere n slegte naam gee en so kry mens dit op elke beroepsvlak. Sterkte jongmanne, onthou net daar is n baie fyn lyn tussen selfvertroue en arrogansie.

Liezel Strauss

Oom Joe,
ek is een van die min meisies wat ek ken wat boer. Ten minste word die mans nog gese hul is windgat, ons is sommer net dom.
Dink mooi voor jul praat oor windgat jong boere, drie kwart van ons het langs ons pa's op die lande groot geword.

Onbekende besoeker 

Oom het n' punt beet.... ek gaan nie stry nie, maar daar is n' vraag of 2... hoeveel van die jong manne waarvan oom praat boer regtig.... deesdae by boeredae en ek was laasweek by nampo..... van ons groep jong ouens wat daar was dink ek het 2 uit die tien geboer die een se pa prokureur, daai een n' tandarts ens. toevalig die 2 wat die meeste brandewyn gedrink het.... so wokaai bietjie met die afleidings.. dat dit net boerseuns... dan se ek ma eerder ek n' plaasseun as n' boerseun. Nog n' ding ek het ook n' "fo baai fo" en nie n' corsa of bantam soos ander jonges, ma gaan start bietjie die spilpunt die naweek met jou bantam of kom ry bietjie ons paaie...

J vd M 

Soms is dit waar. Jong man het in sy lewe nog nooit op n trekker gewerk en belangstelling getoon nie, 3 jaar nadat hy die boerdery by sy pa oorgeneem het, hou hulle 'n groot veiling om al die blink rygoed terug te betaal.

Die ware toets vir 'n jong boer: gee hom 'n ploeg om in te stel, 'n planter om korrek gekalibreer in 'n land te sit. Vir die groot toets moet hy 'n trekker met n sleepwa ten minste 15m ver kan "reverse".

'n Jong boer wat dit alles kan doen mag maar windgat wees, want hy was al van laerskool dae af op die plaas werksaam. Hy het geleer ploeg voordat hy geleer het van meisies vry.

Hy mag homself beloon met 'n blink nuwe 4x4 want hy verstaan wat harde werk is. So 'n jong boer sal dit altyd ver bring, want hy kan alles op die plaas self ook doen as dit moet.

Daar is baie voorbeelde van jong boere wat by sy familieboerdery inskakel en dan gaan hul besigheid net van krag tot krag. Ironies genoeg is die jong manne egter die nederigheid self.

mkruger

Oom Joe,

Jy moet versigtig wees wat jy skryf.
Jy sal sommer gou agterkom dat jy en jou hele familie nie meer welkom is in die dorp(kerk ook) nie.

Nadat ek eenmaal so "aanval" op die boertjies geloods het, se ek aan een van my vriende dat hier nou weer moeilikheid kom.
Sy antwoord aan my was "as die skoen hulle pas...."
Wel, ek het toe eers daarna besef hoeveel boere in my distrik dieselfde skoen nommer dra.

En die ironie van die storie was - hulle was almal sulke jong manne......

Dan 

Oom Joe,
Jou ou suurgat! Hoekom kla jy oor jong boere(met die klem op boere) wat windgat rond gaan in hulle nuwe Fo by Fo's, terwyl dit dieselfde is by enige susksesvolle besigheidsman se kinders?
Hoekom val julle suurknolle altyd die boere aan? Ons wat van kleins af gehelp het op die plaas; grootgeword het in 'n omgewing waar harde werk beloon. Hou op kla...of staan jy dalk agter jou swart studente wanneer plase onteien word en wag vir 'n "hand-out"?

charles norval

die meeste boere wat teespoed in die tagtiger jare gekry het was vier of vyf jaar nadat hul seuns plaastoe gegaan het-ek ken vyf gevalle

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.