Witstorm

Watter tyd van die jaar is die beste om witstorm uit te roei in die Karoo en hoe moet ek dit doen?

Geen gradering nie

Kommentaar

Janbez

Witstorm is ‘n plant - eintlik ‘n struik. Dit het vaalgroen blare met wit vruggies. Dit is ‘n smaaklike plant daarom hou diere daarvan, maar dit is giftig.
Daar is iets wat mens moet weet omtrent die plant en dit is dat die plant teen die suidelike hange (die koeler dele) giftig is, maar in die laagliggende dele is dit weer nie giftig nie.
Volgens Stephan Theron – sy sel is 082 907 2801 is die plant op sy weeldigste wanneer die lente begin en mens kan dit sien as ‘n gifplant..
Wanneer boere teen die einde van die jaar bietjie vakansie neem, plaas hulle werkers in die kampe en dan word die plante soos hulle uitkom met ‘n graaf af of uitgekap.
Vossie de Vos, Landbouweekblad.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.