|
scorpiondip
|
Leon Kruger
|
|
Martie Kruger
|
charles norval
|
scorpiondip
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Bier, Duitse musiek, skat en wors. Deel van die Duitse tradisie en kultuur. Ontbyt is nie ontbyt sonder wors nie, 3-4 verskillende soorte, kaas en alles geeet op daardie hout plankies. Plankies waaroor ons gewonder het, toe ons hulle in die huis kom kry het. Na ´n ontbyt by die bure, het ons besef dit is vir ontbyt eet, nie vir boontjies kerf nie.
Kochwurst, Rohwurst en Brühwurst, is die verskillende kategorieë waarin Duitse wors verdeel word. Wil nie eers naasteby ´n beskrywing van al die verskillende tipes in elke kategorie gee nie, daarvoor sal mens ´n hele handleiding moet skryf. Kruie en speserye word aangepas by wat beskikbaar is en volgens smaak van elke huishouding, so ook met die samestelling van bees en varkvleis.
Die tradisionele slagfees is ook nie meer daar nie. Vroeër het die mense bymekaar gekom, geslag, vleis verwerk en daarna dan lekker saam geeet. Nou is dit vriendelike Stefan Schmidt, van Vienna slagtery wat die ding doen. Fleischmeister, was vir 3 jaar in Duitsland om sy vakleerlingskap te doen en alles van vleis en wors te leer. Van Krakauer, Bierwurst, Jagdwurst, Feine Bratwurst, Lyoner, Knackwurst (daarby moet mens dalk ´n Carling knak), Fleisch- und Leberkäse und Schinkenwurst weet hy omtrent alles
´n Tydjie gelede, proe die bure ons wors, gemaak volgens die resep in Kook en Geniet, moet ek ´n paar dae later vir hulle daarvan maak. Dink dit is baie lekker, smaak mos heeltemal anders as dié worse hier bo genoem. Ek dink ook, baie beter.
Salig rus mev Ina de Villiers, onlangs ontslape.
Hasta la proxima
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Johan, dankie. ´n Rukkie terug het ek geskryf oor daardie boerewors, wat steeds net die beste is. Ja, ons mense is oor die algemeen beter opgevoed as baie ander, hoewel tussen ons mense ook maar ongepoetstes is. Dankie oor die woorde van Hettie se sterfte.
Danie,
Jou storie en foto's het my laat terugdink aan 'n dag, lank gelede, toe ek nog by Farmers Weekly gewerk het. Ek het saam met Johan Coetsee van LBW (hy is vandag nog hier) by die skou op Welkom opgedaag om skoufoto's te neem. Daar was 'n probleem, want 'n Duitse biertent was in ons pad. Ons het maar manmoedig daardeur gestap, maar besluit om net gou een van die lekker worse te proe (saam met een van die biere). Jy kan seker raai wat gebeur het. Dit het 'n lang dag geword, maar ons het darem hier teen skemer al die foto's geneem gekry. Was heerlik!
jan bez
Hello Oom Danie.
Dankie vir die lekker bloks. Ek is in China en verlang na 'n stukkie wors, lekker boere wors. Hier is 'n Duitse restaurant wat ook alle tipe worse bedien, maar hul kom nie by ons worse nie. Dis nie sleg nie, maar verkies ons tradisie. In 'n vorige blog het jy vertel van die jong bus bestuurder en dat die Suid Afrikaners hul stempel afdruk, dit is so, ek sien dit duidelik. Die ouens van Europa vra hoe ons dit reg kry dat ons kinders sulke mooi maniere het.
Ek het ook gelees dat Oom se wederhelf weggeval het, het aan jou gedink en ek weet dat ons Vader met jou is. Sterkte en alles van die beste.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)