Verslag van beeste op die plaas”Gekweste Majesteit” Wynand Coetzee, Mookgophong (Naboomspruit)
1. Dip gekoop in die verlede is afgewissel met drie produkte. (Produkname uitgehaal). Met inspeksie oor n dag of wat is die beeste silwerskoon en elke bosluis het afgeval, maar binne 5 dae klim die bosluise weer op die beeste.
Bosluiskade aan die dier se gesig
2. Min wetend dat ek maar net die bruinoorbosluise dood gemaak het en nie die bloubosluise se siklus gebreek het nie.
3. Ek het die dipprosedure 12 jaar gevolg
4. My arbeid moes elke week een n halwe dag spandeer om beeste orals bymekaar te maak om te kom dip
5. Slaan jy n paar beeste in die veld oor om nie te dip nie, het die spykerwurms die ore afgevreet en agter by die stert, als gate in.
6. Ek het in die verlede 40 keer per jaar gedip, ek staan tans op my 3de dip vir die jaar teen bloubosluise en 3de dip vir multigashere, soos wat ek nou als geleer het.
Bees sonder oor
7. Die rede waarom ek dit doen is omdat ek nie die weerstandige bloubosluise wil blootstel aan die chemikalieë waaraan hulle weerstandigheid getoets het by die Universiteit nie
8. My volgende dipsessie is als mooi uitgewerk en my 4de dipsessie sal eers weer vir strategiese bosluisbeheer net voor die lente wees, wat my diep tot in die somer sal help om als wat dan uitbroei reg te beheer.
9. My gemoedsrus is nou ook baie beter omdat ek dag en datum, soos voorgeskryf, presies sien wat gebeur.
10. Ek kan sien die goed wat Pierre voorskryf het klomp goed klaar vrek gemaak want dit is nou 50 dae sedert ek vir bruinoorbosluise gedip het. Daar is net nie rooibosluise op my beeste nie.
11. Ek het dus my multigasheer dipsessie uitgestel en my beeste in ‘n ander kamp gaan ingejaag sodat hulle bosluise kan oes, want daar is niks op die beeste nie, niks.
12. My beeste se kondisie is duidelik nou hier in die winter baie beter as vroeër jare omdat hulle nie bosluise gedra het nie
13. My kalwers kan ek klaar sien sal op sal op hoër gewig op dieselfde ouderdom speen as in die vorige jare
14. Met die hierdiebosluisprogram van Pierre maak ons ook ander parasiete dood wat ek nooit eens van geweet het bosluise se moeilikheid aanhelp nie
15. Persoonlik sien ek my beeste nou meer gereeld as voorheen omdat dit lekker is om na n gesonde bees te kyk wat aansienlik vetter en gesonder lyk en amper geen bosluis op hulle het nie
16. Pierre se verduideliking van hoe die bosluise se lewensiklusse werk was vir my ‘n leerskool. Ek verstaan nou vir die eerste keer dat jy nie dip van die rak af kan koop waaroor ander boere by die Koöperasies staan en gesels nie.
17. Ek is van mening Dieregesondheidsmaatskappye kyk nie na die boere nie en hul agente kom ook nie op die plase nie want hulle het nie antwoorde vir boere nie. Hulle gaan almal op 'n knop gejaag word.
18. Hierdie praktyke is besig om baie skade aan plase en die ekologie aan te rig asook aan veeteelt in Suid Afrika as geheel.
19. Personeel by die Koöperasies het geen kennis van die produkte wat hulle verkoop nie en of hoe om die boer raad te gee om sy probleem wetenskaplik te bestuur nie.
Bosluismoeilikheid by teelbulle
20. Produsente kan nie anders as om besteel te voel omdat produkte wat hul op die manier aangebied word en nie werk nie. Dit word ook teen ‘n verskriklike prys aangebied wat hulle nie kan bekostig nie en met resultate wat die aankope daarvan nie regverdig nie, want dit werk nie.
21. Al wat gebeur met die praktyke is dat die bosluise weerstandig word omdat boere nie van beter weet nie teen die talle gifmiddels wat op die mark is nie en, die plaas se vleisproduksie neem net met rasseskrede af soos wat vele boere reguit sal vertel.
22. Die eindresultaat sal ek graag wil sien na een jaar se bosluisbeheerprogram, asook die kg verbetering en ook n beter kalfpersentasie.
WP COETZEE
Naboomspruit
0147430563
wynand@yebo.com
Pierre van Niekerk
0126674755
0822208386
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)