Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Yerba

Argiewe

2012

  • Mei (3)
  • April (3)
  • Maart (7)
  • Februarie (10)
  • Januarie (6)

2011

    2010

      2009

        2008

          2007

            Blogger

             
            Danie C
            Foto album
            Aangesluit: 10 Jun 2009
            Plaas naam : Vaalspruit
            Land : Paraguay

            Ek ondersteun

            scorpiondip se foto
            scorpiondip
            Leon Kruger se foto
            Leon Kruger

            Volgelinge

            • Martie Kruger se foto
              Martie Kruger
            • Spiekeries se foto
              Spiekeries
            • scorpiondip se foto
              scorpiondip
            • charles norval se foto
              charles norval
            • Argentyn se foto
              Argentyn
            • Dalena se foto
              Dalena
            • Janbez se foto
              Janbez

            Vriend

            Martie Kruger se foto
            Martie Kruger
            charles norval se foto
            charles norval
            scorpiondip se foto
            scorpiondip
            Janbez se foto
            Janbez

            Jongste blogs

            Danie C se foto
            Toulouse en omgewing (4)
            saai se foto
            Invoere - bangkrot Boere
            Steven nel se foto
            Kopklamp
            Steven nel se foto
            My nuwe nguni vers
            Johannes Meintjes se foto
            Perspektief op Landbou: ACDP

            My Weer

            • Voorspelling
            • Vandag
            • My ligging

            Kaapstad

            • Donderdag
            • Gedeeltelik bewolk
            • Hoog:20 C
            • Laag:12 C
            • Vrydag
            • Reën
            • Hoog:17 C
            • Laag:10 C
            • Saterdag
            • Gedeeltelik bewolk
            • Hoog:18 C
            • Laag:6 C
            Sonsopkoms: 7:37
            Sonsondergang: 17:47

            Kaapstad

            Bygewerk:24 May 19:00 IDT
            Temp:
            Druk:
            Doupunt:
            Humiditeit:68%
            Wind:

            Kaapstad

            Peiling

            Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

            Yerba

            Ingestuur deur Danie C op 4 Junie, 2010 - 01:37

            Vir ons nuwe intrekkers bly dit nog steeds ´n vreemde gewoonte, hoewel ons lustig meedoen. Wonder wat my gesondheidsleer juffrou van destyds, mej van Coller, sal sê, van dié saamsuig aan dieselfde pypie. Sover ek weet, het nog nie een van ons ´n vreeslike siekte opgetel nie en is ons oor die algemeen redelik gesond. Dat die yerba bedryf groot is hier, is te verstane, want smôrens en in die winter, word dit met baie warm water gedrink en staan dit bekend as maté, as dit warm is, met koue water en is dit tereré, sommer amper die hele dag deur. Niks snaaks om mense met hul waterflesse en ´n houer waarin die suigpyp met die tee is, te sien rondloop nie.

            Onlangs geoesde yerba bome

            Illex paraguariensis is die boom waarvan hierdie tee gemaak word. Afhangende van die aanplantings en ouderdom word van 5000 tot 8000 kg blare per hektaar geoes. 3Kg nat materiaal lewer 1kg verwerkte tee. Van Mei tot September word geoes en die blare word dan gedroog en verpak. Pas gedroogde yerba word vir ten minste 1 jaar in vogdigte skure laat lê om te kuur.

            Het verlede week die yerbafabriek van Edwin Peter besoek. Een van die grootste en modernste in die omgewing. Hulle het verlede jaar oorgeskakel na ´n meer gemeganiseerde stelsel, wat heelwat arbeid bespaar. Deur middel van vervoerbande en awegaars word die blare deur verskillende fases geneem tot dit droog is. Hierdie stelsel spaar ook heelwat op brandhout, wat nog redelik volop is, maar die verwerkers besef dat dit in die toekoms ´n probleem gaan wees om genoeg brandhout te bekom.

            Houers waarin die blare kom en pypies waarmee gesuig word

             

            Of dit werklik al die goeie eienskappe besit, wat hulle daaraan toedig, sal ek nie weet nie, maar dat dit gesonder is as koeldranke en ander alkoholiese dranke, is seker. Dit smaak darem te veel na lusern en ons weet hoe goed is lusern vir ons herkouers.

            Hasta la proxima

             

            Geen gradering nie
            • Danie C se blog
            • 1747 keer gelees
            • Drukker-vriendelike uitgawe
            • Stuur na vriend
            • PDF uitgawe

            Kommentaar

            charles norval
            04 Jun 2010 23:10

            rosamonte, nobleza gaucho, la tranquera, amanda, taraqui, van die vele handelsmerke hier. die belangrikste plaas hier is LAS MARIAS wat ek dink is in misiones provincia. Die yerba word gedrink as matë,wat nie uitgespreek word soos "safe my mate" nie

            • antwoord

            Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

            Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

            Geborgde skakels


            Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

            Kwaliteit Saad

            Die toekoms is in jou land

            In lyn met die boer

            MSD Animal Health

            Our brand new website

            Daaglikse nuusbrief

            Weeklikse nuusbrief

            Teken In

            • Registreer as gebruiker
            • Wagwoord vergeet?

            E-pos forum

            • Waarom is boere so stil?
            • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
            • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
            • Boom Lusern en siektes
            • Nekklamp vir beeste
            meer...

            Gewildste stories

            Vandag

            • Boer aangerand oor begrafnis
            • Staat koop grond onder markwaarde

            Immergroen stories

            • RSS-voere
            • E-pos foto's aan ons

            Pas gelees

            • LNR-stof wil nie gaan l
            • Voedselkrisis in Wes-Afrika verwag
            • Wie is ons?
            • Kontak ons
            • Gebruiksvoorwaardes
            • SMS-diens
            • RSS-voere
            • Teken in op LBW
            • LBW-argiewe
            • Vennote

            Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

            Web Development by FormFunction