Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Britte-brasiliane-wil-etanol-sa-maak

Nuus

Boer aangerand oor begrafnis

’n Gyselaarsdrama het hom op Wakkerstroom in Mpumalanga afgespeel ná ’n boer ’n begrafnis op sy plaas wou stopsit.

  • Afriforum lê rose neer vir plaasaanvalle
  • Swak paaie ruk boere se sak
  • MPO verhoog ledegeld ná jare
  • Staat koop grond onder markwaarde
  • Vrugteboere vra hulp met vrugtevlieë
  • Landbou sal homself moet finansier
  • Eskom wil kragpryse opstoot
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:12 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:18 C
  • Laag:6 C
Sonsopkoms: 7:37
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:24 May 19:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:68%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Britte, Brasiliane wil etanol in SA maak

 
AINSLEY MOOS

Brasilië en Brittanje kyk ernstig na Suid-Afrika en Mosambiek om etanol vir brandstof te ontwikkel.

Luidens 'n berig van die internasionale nuusagentskap Reuters wil dié twee lande aanlegte vir die produksie van etanol uit suikerriet hier ontwikkel. Die fokus is op Suider-Afrika, maar Suid-Afrika en Mosambiek word spesifiek uitgesonder.

Mnr. Luiz Furlan, Brasiliaanse minister van handel en nywerheid, het op 'n mediakonferensie in die hoofstad Brasilia gesê 'n uitvoerbaarheidstudie van Brasilië en Brittanje het reeds verskeie lande, waaronder lande in Suider-Afrika, geïdentifiseer waar die produksie van etanol uit suikerriet kommersieel moontlik is.

Luidens die berig het Brasilaanse akkerboukundiges geen "tegniese struikelblokke" in Suid-Afrika vir etanol-produksie ondervind nie. 'n Taakgroep bestaande uit lede van Brittanje en Brasilië word nou glo saamgestel wat binne die volgende drie maande met 'n sakevoorstel vorendag moet kom.

Brasiliaanse kenners het drie weke gelede 'n werksessie in Johannesburg aangebied waar 'n afvaardiging aangebied het om sy kennis en kundigheid met die land te deel.

Mnr. Fanie Brink, besturende direkteur van Biofuels Industry Development, het by navraag die verwikkeling as gunstig beskryf en gesê net soos die res van die wêreld sy afhanklikheid van ru-olie vir brandstof verminder, moet Suider-Afrika en veral Suid-Afrika dit óók doen. Hy sê dit is welkome nuus vir suikerboere, maar die potensiaal bestaan ook om biobrandstof uit ander landbouprodukte, soos mielies, te verskaf.

15 September 2006

0
 
 
  • 1753 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boer aangerand oor begrafnis
  • Staat koop grond onder markwaarde

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Mielie-oorskot: GSA-aansoek faal
  • Lusern nou eenvormig gegradeer
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction