|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 68% |
| Wind: |
Biotegnologie in die landbou kan help om meer mense te voed, terwyl dit terselfdertyd bydra om oplossings vir omgewingskwessies, soos klimaatsveranderinge, te vind sê Amerika se vorige president, Bill Clinton.
Clinton het op die onlangse internasionale konferensie oor biotegnologie BIO 2006 gepraat. Hy sê die gemeenskap se eerste verantwoordelikheid is om sy mense te voed. Buiten die feit dat biotegnologie voedselproduksie verhoog, kan dit tot doeltreffende landbou-bestuurspraktyke bydra. Kwessies soos klimaatsverandering, gronderosie en energiebeleid kan deur biotegnologie in die landbou gehanteer word.
"Geneties gemodifiseerde (GM) gewasse het minder produksiemiddele nodig, sorg vir verhoogde opbrengs op minder grond en die tegnologie kan maklik aan produsente in die ontwikkelende wêreld oorgedra word. Dit is goed as mense bemagtig kan word om vir hulle gesinne te sorg. Ek is trots dat ek die ontwikkeling van gewasverbetering deur biotegnologie en regulasies, wat op wetenskap gegrond is, in my ampstermyn gesteun het."
Die Biotechnology Industry Organisation (BIO) verteenwoordig meer as 1 100 biotegnologie-maatskappye, akademiese instellings en ander belange-organisasies in Amerika en 31 ander lande. Lede is betrokke by navorsing en ontwikkeling van biotegnologie-produkte op die gebied van gesondheid, landbou, nywerhede en die omgewing.
12 Mei 2006
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24