|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die DA sal alles in sy mag doen en selfs met ander partye saamwerk om te keer dat die voorgestelde Wetsontwerp op Onteiening goedgekeur word.
Die party het by die Parlement gesê dat hy ten gunste is van 'n volhoubare en gelyke verdeling van grond, maar dat die wetsontwerp, soos hy nou op die tafel is, die veiligheid van eiendomsreg in die land bedreig.
Die onteieningswet handel oor enige bate en nie net landbougrond nie.
Me. Helen Zille, leier van die DA, het gesê die party sal hom tot die Grondwethof wend om die aanneem van die wetsontwerp te keer.
Dit is veral die armes en die grondloses wat die slegste daarvan sal afkom as eiendomsregte nie beskerm word nie want dit kan lei tot grootskaalse kapitaalverliese en beleggingsonttrekking.
Zille het uitgewys dat die openbare verhore deur chaos en 'n tekort aan professionaliteit gekenmerk word met aanduidings dat dit 'n doelbewuste strategie is om teenkanting teen die wetsontwerp te ondermyn.
"Die regering moet eerlik wees oor sy bedoelings met die wetsontwerp."
4 Junie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24