|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Nadat Denemarke die afgelope agt jaar sterk teen geneties gemodifiseerde (GM) produkte gekant was, is dié land nou gereed om die invoer van GM mielies goed te keur.
"Die tyd toe Denemarke outomaties 'nee' vir GMO's gesê het, is verby. Ons wil 'n meer genuanseerde benadering ten opsigte van elke geval volg," het dié land se minister van omgewingsake, me. Connie Hedegaard, gesê.
"As dit goed toegepas word, bied die GM tegnologie uitstekende geleenthede. Dit kan ook 'n vername rol in die stryd teen armoede in ontwikkelende lande speel."
"Ons kan nie onsself toelaat om hierdie tegnologie te verwerp bloot omdat dit nuut en vir ons onbegryplik is nie," het sy bygevoeg.
4 November 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24