Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Dienodulering-ongekend-soja

Nuus

Boer aangerand oor begrafnis

’n Gyselaarsdrama het hom op Wakkerstroom in Mpumalanga afgespeel ná ’n boer ’n begrafnis op sy plaas wou stopsit.

  • Afriforum lê rose neer vir plaasaanvalle
  • Swak paaie ruk boere se sak
  • MPO verhoog ledegeld ná jare
  • Staat koop grond onder markwaarde
  • Vrugteboere vra hulp met vrugtevlieë
  • Landbou sal homself moet finansier
  • Eskom wil kragpryse opstoot
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:6 C
  • Sondag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Dienodulering ongekend by soja

 
MARITHA DU PLESSIS-SWART

'n Boer wat nodulering (knoppievorming) by sojaplante tot sover as 450 mm van die plant se penwortel op sywortels kry, verbaas selfs kenners in die bedryf. Diedeurbraak kan die proteïenwaarde van sojabone met tot 8 % verhoog en 'n groot invloed op opvolgaanplantings hê.

Sojaboere- en kenners krap al jare lank kop oor hoe om knoppies by sojaboonplante nie net op die penwortel te laat vorm nie, maar ook op die sywortels. Diebedryf kon eers die afgelope vyf tot sewe jaar daarin slaag om nodulering tot ongeveer 200 mm op die sywortels te laat vorm.

Mnr. Jaco van Niekerk, 'n boer van die plaas Rivierkraal, Luckhoff, het egter daarin geslaag om nodulering (pienk knoppies, dus doeltreffend) 450 mm en selfs verder op sy sojaboonplante se sywortels te verkry. Knoppievorming het ten spyte van 'n "swakker" tipe sojaboongrond volledig dwarsdeur sy lande versprei. Dit is maar die tweede seisoen dat hy sojabone plant en die eerste keer op dielande waar die knoppievorming so oorweldigend was.

Mnr. Patrys Lubbe, besturende direkteur van die onderneming Agriocare, is verstom. Sy maatskappy bring verwerkers en boere bymekaar deur middel van voorplantingskontrakte en doen ook deurlopend navorsing oor die vestiging van nuwe kultivars, verbouingstegnieke en hoe om insetkoste te verlaag.

"Ek is al 28 jaar lank in diebedryf en het sojaboere in verskillende wêrelddele besoek. Nie eens in Amerika het ek só 'n besondere knoppievorming teëgekom nie. Dit is 'n deurbraak in die sojabedryf en kan 'n groot impak hê op proteïenwaarde. Proteïenwaarde kan in hierdie geval selfs tot 44% wees in plaas van die huidige 36 % tot 38 %. Die goeie nodulering behoort ook 'n sigbare invloed te hê op opvolgaanplantings van ander kontantgewasse."

'n Kombinasie van faktore is waarskynlik verantwoordelik vir die goeie nodulering. Volgens Lubbe wil dit voorkom asof die tipe entstof wat gebruik is sowel as die korrekte boerderymetodes (soos entstofaanwending en geenbewerking) die vernaamste oorsake kan wees. Sy maatskappy se tegniese afdeling doen nou saam met Van Niekerk en die betrokke entstofmaatskappy navorsing oor die presiese oorsake.

Van Niekerk is 'n besproeiingsboer wat verlede seisoen met sojabone begin eksperimenteer het. Hy volg gewoonlik 'n wisselbouprogram met 140 ha somermielies en 140 ha winterkoring. Hy het met sojabone op 'n bykomende 140 ha begin eksperimenteer nadat sy mielie-oes begin daal het en omdat hy 'n voorstander is van geenbewerking. Sy proefaanplantings bestaan tans uit kultivars van Egret, Stork, Pannar 520, en Monsanto. Hy wil later heeltemal na sojabone oorskakel omdat hy glo dat hy met 'n sojaopbrengs van net 4 ton/ha winsgewend beter sal vaar as met mielies.

"Ek gebruik in elk geval dieselfde werktuie as vir mielies en koring, en sojareste is 'n uitstekende bron van stikstof in die grond."

Lubbe glo Van Niekerk het bewys dat 'n goeie tipe sojaboongrond met goeie stikstofinhoud nie noodwendig die enigste voorvereistes vir goeie oeste of knoppievorming is nie. Sy soja-aanplantings is in sandgrond met 'n natuurlike lae stikstofinhoud. Een deel van die grond het maar 'n klei-inhoud van 8 % en die ander deel 14 % tot 15%.

Ten spyte daarvan is knoppievorming in albei tipes sandgrond oorweldigend. Blaarontledings wat agterna deur die Department van Landbou gedoen is, het bevestig dat die stikstofvoorsiening bo-normaal is. Doeltreffende kunsmistoediening deur planters (100 kg MAP en 50 kg kaliumchloried per hektaar met planttyd), 'n goeie spuitprogram (volgens voorskrifte) en 'n geenbewerkingsprogram het waarskynlik verder tot die goeie knoppievorming bygedra.

"Ek het agtergekom dat die meeste en beste knoppievorming voorgekom het by plekke waar meer oesreste op die grond was," sê Van Niekerk. Hy skryf dit toe aan die feit dat die oesreste meer koelte daar verskaf het.

Om sy geenbewerkingsprogram te laat slaag, gaan hy as volg te werk: Op die helfte van sy lande plant hy in Junie koring wat in Desember gestroop word. Regstreeks daarna plant hy mielies in die koringstoppel. Nadat hierdie mielies in Junie gestroop is, lê die lande oor tot in November wanneer sojabone regstreeks in die mieliestoppels geplant word.

Lubbe weet uit ervaring dat die tipe entstof asook boere se navolging van entstofinstruksies die vernaamste faktore is wat doeltreffende knoppievorming kan beïnvloed.

Peulplantentstowwe is onderhewig aan Wet 36 van 1947 op landboumiddels en -chemikalieë en moet 'n registrasienommer op die etiket toon.

Entstofvervaardigers word egter nie meer soos in die verlede verplig om elke entstof deur die Landbounavorsingsraad (LNR) te laat toets vir goedkeuring nie. Streng interne gehaltebeheer en -toetsing deur 'n eksterne onafhanklike en gesertifiseerde laboratorium is van die allergrootste belang.

Van Niekerk het volgens Lubbe die regte entstof gebruik. Dit is 'n entstof van Stimuplant, 'n maatskappy wat deur Agriocare se tegniese afdeling geëvalueer is en vir sy lede aanbeveel word. Hoewel die maatskappy dieselfde stam (WB74) gebruik as diewat deur die LNR aan die ander vervaardigers verskaf word, verskil sy werking. Die maatskappy se gehaltebeheerprogram is baie goed en elke entstof word deur die LNR getoets en goedgekeur voor verkope.

Dr. Piet Steyn, 'n afgetrede professor in die mikrobiologie en sy vrou, Mariè, van diemaatskappy, glo die toetsing van entstowwe deur die LNR, is soos 'n versekering vir beter sojaboonopbrengste en knoppievorming.

"Dit is belangrik omdat die entstowwe die regte bakterieë teen minimum konsentrasies moet bevat en vry moet wees van kontaminerende organismes. Die entstofbakterieë moet doeltreffend met ander rhizobiums-bakterieë — wat algemeen in grond voorkom — kan meeding om knoppies te vorm. Dit moet ook infektief (die plantwortel indring en noduleer) en doeltreffend wees (stikstof bind). Ontbreek een van diekomponente, sit 'n mens met 'n swakker opbrengs."

Die Steyns gebruik nie veen as 'n draer nie, maar 'n gebruikersvriendelike draer wat hul entstof 'n lang rakleeftyd van nege maande gee. Hulle laat elke entstof by die LNR toets. Ondervinding het hulle geleer dat 10 entstowwe aan al die vereistes kan voldoen, maar dan is daar 'n volgende klomp wat weens onverklaarbare redes nie goed genoeg is nie. Daarby beskerm die LNR-toetse die vervaardiger en die boer. Volgens die Steyns het dit al gebeur dat boere nie knoppievorming kry nie en dan die entstof blameer. "As die entstof vooraf getoets is, is dit maklik om die betrokke entstof na die LNR terug te stuur vir hertoetsing. Ons ondervind deurgaans dat dit nie die entstof is wat foutief was nie. In baie gevalle was die hertoetsresultate selfs beter as die oorspronklike resultate."

Volgens Lubbe is een van diefaktore die verkeerde aanwending van entstowwe. Dit kan nodulering en die sojaboonopbengs nadelig beïnvloed. 'n Australiese sojaboonkenner het 'n paar jaar gelede die land besoek en bevind dat die Suid-Afrikaanse sojaboonentstowwe goed was, maar dat swak resultate gewyt kan word aan foutiewe aanwending.

Omdat goeie opbrengs en die keuse van entstof hand aan hand gaan, beveel hy net LNR-getoetste entstowwe en suiwer entstofkulture waarvan die organismes korrek is, vir sy lede aan. Die entstof wat Van Niekerk gebruik het, is deur die LNR getoets en goedgekeur. Die knoppievorming was waarskynlik so goed omdat Van Niekerk die instruksies tot op die letter gevolg het, sê Lubbe. "En dit, terwyl Van Niekerk aanvanklik slegs een pakkie entstof per 50 kg saad gebruik het. Hy het op die ouderdom van 'n maand een pakkie entstof per hektaar deur middel van spilpunte toegedien."

Volgens Lubbe is die verspreiding van die entstof vanaf 'n vervaardiger na die boer nog 'n faktor wat nodulering en opbrengs nadelig kan beïnvloed. "Jy kan 'n goeie entstof vervaardig, maar as dit iewers in die verspreidingsketting blootgestel word aan toestande wat nie aan die voorskrifte van die vervaardiger voldoen nie, soos opberging teen hoë temperature of naby gifstowwe en blootstelling aan direkte sonlig, sal die gehalte daarvan verswak.

"Uiteindelik verswak die entstof só dat dit nie die bedoelde resultate lewer nie. Boere kan ook skuldig wees as hulle die entstof in die warm son op die bakkie laat lê of naby gifstowwe opberg."

  • Navrae: Mnr. Patrys Lubbe, tel. 034 315 2741 of sel 083 463 0770.

    28 Mei 2004

  • 0
     
     
    • 1734 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Boer aangerand oor begrafnis
    • Staat koop grond onder markwaarde

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Dagsê
    • Om te boer of nie te boer nie
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction