Dierevoeding

Rig jou vrae oor dierevoeding aan Dr. Jasper Coetzee.

Voedingswaarde van boomlusern teenoor lusern

Vraag
Vraag: 

Ek wil graag weet wat is die verskil tussen boomlusern en gewone lusern as dierevoeding?

Radyse as veevoer

Vraag
Vraag: 

Kan ons nog radyssaad insit tot einde Februarie? Ons bly in die Theunissen-distrik. Hoe lank nadat ons dit geplant het, kan ons dit vir die skape gee? Sal hulle opblaas van die radyse? Hoe voedsaam is die radyse?

Kuilvoer as voeding vir ooie

Vraag
Vraag: 

Hoeveel hektaar mielies het 'n mens ongeveer nodig vir 30 ooie vir 'n jaar as mens daarvan kuilvoer maak? Is kuilvoer alleen voldoende of moet ek iets byvoeg? Ek is van Sentraal-Vrystaat in die Theunissen-distrik.

Veldverbetering deur insaai van grassaad

Vraag
Vraag: 

My vraag handel oor veldversterking van swakkerige swaarbeweide veld. Indien weiding onttrek word, of verminder word om die veld bietjie te laat rus, hoe kan die proses van veldverbetering versnel word deur bv. smaaklike meerjarige gras in te saai. Ek het bv. probeer om smutsvinger in nat beesmis in geaffekteerde plekke te gooi, maar die resultate was baie swak. Ek verstaan smutsvinger het 'n behoorlike bedding nodig en die saad moet vasgetrap word. Was dit dalk die probleem? Moet ek die grond breek op sekere plekke en gras insaai in 'n tipe bedding?

Artrose in stoet bul

Vraag
Vraag: 

Ek het agtergekom my bul het Artrose. Sy linkerknie is opgeswel en die bul sukkel om op te staan. Party dae lyk dit of al sy spiere styf is. Die bul is nou 3 jaar oud. Ek is op soek na raad om die bul so spoedig moontlik gesond te kry. Ek wil die bul ook in my skoustring gebruik. Dis 'n bul wat ek gekoop het vanaf Thabazimbi. Groete Telanie Strydom (telabrano@yahoo.com)

Beweiding van riete

Vraag
Vraag: 

Ek het onlangs ‘n klein kudde van Ngunikalwers aangekoop. Daar is groen rietweiding langs die rivier. Hulle kwel hulle nie daaroor nie en wil liewer die droё bosweiding vreet. Is hulle bang vir water?

Beskikbaarheid van mielies en klein kommersiёle varkboere

Vraag
Vraag: 

Is die gerugte waar dat daar teen Maart 2012 geen mielies meer beskikbaar sal wees nie? Wat kan gebruik as ek mielies in my rantsoene moet vervang?

Lekke vir bokke

Vraag
Vraag: 

Ek soek ‘n resep vir ‘n lek vir bokke

Weidingskundige in Suid-Kaap

Vraag
Vraag: 

Weet julle miskien van 'n weidingskundige in die Suid-Kaap? Ek kry party snaakse antwoorde hier, by voorbeeld, lusern groei nie in Hoekwil nie, dis hoekom niemand dit aanplant nie! Nou hoekom sou dit nie groei nie? Ek wil ook my weiding verbeter. Ek hou ook van Armmanlusern, maar niemand hier ken dit nie! Lyk my ek moet maar my eie toetsstasie hier begin, lmga!

Tef en hawer wisselbou

Vraag
Vraag: 

Ek plant tef en hawer wat ek baal en verkoop aan perdeboere. Ek het in die somer van 2010 tef geplant en in die winter, hawer op dieselfde land. Ek het nou weer tef geplant en dit het totaal misluk. Dit wys natuurlik dat die hawer te veel voeding uit die grond uithaal. Wat is ’n beter opsie vir my om te volg? Kan julle my asseblief help met ‘n wisselbouprogram van gewasse wat my sal help om nie my grond uit te put nie, maar waarmee ek ook kos kan produseer om te verkoop.