|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
'n Nuwe visie vir die landbou - en die instelling van subsidies of minstens rabatte op produkte soos diesel - is noodsaaklik, het die Wes-Kaapse minister van landbou, mnr. Cobus Dowry, by die opening van Swartland Volstruise gesê.
"Kyk baie, baie ernstig na die landbou en die landbou se toekoms in die land. Kyk na die ongelyke speelveld wat geskep is deur ander lande waar die boere sterk subsidies kry om te produseer," was sy boodskap aan die nuwe Regering. Dowry veg tans vir politieke oorlewing, nadat sy naam nie partylyste gehaal het nie.
Volgens hom is die boere in Korea "verheerlikte staatsamptenare", want hulle word tot soveel as 80% gesubsideer. Ook in Switserland erken die regering "onbeskaamd" dat hy landbouers subsidieer.
"Ons boere moet produseer teen pryse waar hulle nie minder kán kry vir hul produkte nie. As die Regering nie gaan opstaan en iets doen nie, gaan daar nie genoeg kos in die land wees nie." Hy sê studies toon die Wes-Kaap het genoeg kos vir sy mense, maar hoë pryse hou hulle weg van "wat voedsaam is vir hul liggame".
Dowry het egter nie die blaam op produsente gepak nie, want hulle is prysnemers. Volgens hom is die sondebokke al die middelmanne wat keer dat mense nie by kos kan uitkom nie.
11 Maart 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24