|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Minder gunstige weersomstandighede en 'n veranderende omgewing vir landboubesighede het nie 'n stokkie voor Suidwes se prestasie vir die 2007/08 finansiële jaar gesteek nie.
Dié landboumaatskappy het 'n netto wins, na belasting, van R73,3 miljoen gelewer - dit is 'n 68,9% verbetering in vergeleke met die vorige tydperk. Mnr. Fanie van Zyl, voorsitter van die direksie, meen dat die goeie resultate aan die "krag en vermoë wat oor die afgelope jare in Suidwes gevestig is" toegeskryf kan word.
Hy sê die prestasie is 'n bewys daarvan dat die "regte strategie en besigheidsfilosofie in plek is en dat dit suksesvol geïmplementeer word". Die ondersteuning wat Suidwes van sy kliënte kry is ook 'n teken daarvan dat hulle waarde vir hulle geld kry en dat daar aan hulle behoeftes voldoen word.
Suidwes se verdienste per aandeel het oor dié finansiële tydperk met 68,7% gestyg tot R59,22, dividende is 42,8% hoër en netto batewaarde per aandeel het met 21,9% verbeter. 'n Opbrengs op aandeelhouersfondse van 28,2% is behaal.
23 Julie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24