Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Duitse-staking-oor-swak-melkprys

Nuus

Boer aangerand oor begrafnis

’n Gyselaarsdrama het hom op Wakkerstroom in Mpumalanga afgespeel ná ’n boer ’n begrafnis op sy plaas wou stopsit.

  • Afriforum lê rose neer vir plaasaanvalle
  • Swak paaie ruk boere se sak
  • MPO verhoog ledegeld ná jare
  • Staat koop grond onder markwaarde
  • Vrugteboere vra hulp met vrugtevlieë
  • Landbou sal homself moet finansier
  • Eskom wil kragpryse opstoot
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:6 C
  • Sondag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Duitse staking oor swak melkprys?

 
LUCILLE BOTHA

Melkboere in Duitsland is oorgehaal om hul tenke se krane oop te draai en die melk te laat vloei as daar nie daadwerklik ingegryp word om die melkprys in dié land te verbeter nie.

Dr. Thomas Grupp, algemene bestuurder van die Beierse Fleckvieh genetiese program, het op die landbouvereniging Dipka, by Swellendam, se vergadering gesê hoewel daar 'n oplewing in die Europese landbou is — veral vir graan, mielies en varke — loop die melkbedryf sy rieme styf teen burokrasie, plaasbeheer, nuwe wette oor die welsyn van diere en omgewingsregulasies. Die melkboere se koste het weens arbeid, masjinerie, paghuur en voer ook die hoogte in geskiet.

Die melkprys in Duitsland is die afgelope twee jaar minder as wat die prys tien jaar gelede was.

"Die Europese gemeenskap wil melk vir minder as 20c (euro) per liter verkoop. Hulle wil 'n lae prys vir melk hê," het hy gesê.

Volgens Grupp is supermarkte ook sondaars. Die ongeorganiseerde boere kan nie met hulle onderhandel nie en moet dus die lae prys aanvaar.

Een van sy voorstelle is om boere onder 'n oorhoofse liggaam te laat saamwerk. Só 'n organisasie is onlangs gestig.

Hulle beoog om só die melkprys na 'n doelprys van 40c (euro) per liter te laat styg.

"Die allerlaaste uitweg is om melkproduksie te stop en 'n melkstaking te hê," het hy gesê.

"Ons is bereid om die krane in Oktober oop te draai as die verandering nie aanvaar word nie. Al die lede het 'n demokratiese verkiesing gehou en ons is dit eens — as hulle nie die nuwe prys aanvaar nie, draai ons die krane oop."

Elke nedersetting het 'n ook 'n verteenwoordiger wat dan na plase mag gaan en as die boere nie self die melk laat wegvloei het nie, mag die verteenwoordiger dit doen.

"Neem die stuurwiel van u onderneming terug in u eie hande," het Grupp aan die boere gesê.

Landbouweekblad, 16 Maart 2007

0
 
 
  • 1585 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boer aangerand oor begrafnis
  • Staat koop grond onder markwaarde

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Staat dok op in grondeis
  • LBW, 7 Augustus 2009
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction