|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die verhoging van 71 sent per liter diesel wat nou in werking tree, kan daartoe lei dat boere nie met die huidige werk kan klaarmaak nie, en dit kan ernstige gevolge inhou vir voedselproduksie in Suid-Afrika, selfs reeds op die kort termyn.
Die Regering het nog nie gereageer op versoeke van TLU SA om oor die brandstofprys in gesprek te tree nie. Die voorsitter van die TLU SA, mnr. Paul van der Walt, sê dat die Regering dringend aandag sal moet gee aan die brandstofprys.
Brandstofprysverhogings kom nooit op 'n geleë tyd nie, maar die verhoging wat more in werking tree, kom midde-in die oestyd, en terwyl baie boere reeds besig is om lande vir die nuwe seisoen voor te berei.
"Dit wil voorkom of Suid-Afrika een van dié lande in die wêreld is waar brandstof die hoogste belas word. Van die pompprys op diesel is slegs tussen 66% en 68% die basiese koste, terwyl die belastingkomponent tussen 17% en 19% van die uiteindelike koopprys uitmaak. Dit is eenvoudig in die huidige ekonomiese toestande te veel, en soos daar van die verbruiker verwag om sy rieme in te trek, verwag die TLU SA van die Regering om ook sy rieme in te trek. Hy sal dié belastingaandeel drasties moet verminder," sê Van der Walt.
Die landbouskuld beloop reeds ongeveer R34 miljard, en hierdie brandstofprysverhoging, saam met 'n moontlike rentekoersverhoging later dié maand, kan hierdie skuld aansienlik opstoot.
In Amerika word slegs 11% belasting op diesel gehef, wat beteken dat diesel in die duurste Amerikaanse staat, Kalifornië, net bo R10 verkoop. In buurlande is die belasting waarskynlik ook laer, aangesien Botswana en Namibië se verkooppryse van brandstof, alhoewel hoog, steeds laer is as in Suid-Afrika.
3 Junie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24