Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Ekonomie-landbou-gee-hupstoot

Nuus

Boer aangerand oor begrafnis

’n Gyselaarsdrama het hom op Wakkerstroom in Mpumalanga afgespeel ná ’n boer ’n begrafnis op sy plaas wou stopsit.

  • Afriforum lê rose neer vir plaasaanvalle
  • Swak paaie ruk boere se sak
  • MPO verhoog ledegeld ná jare
  • Staat koop grond onder markwaarde
  • Vrugteboere vra hulp met vrugtevlieë
  • Landbou sal homself moet finansier
  • Eskom wil kragpryse opstoot
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:6 C
  • Sondag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Ekonomie: Landbou gee hupstoot

 
AINSLEY MOOS

Die land se ekonomie het in die tweede kwartaal van vanjaar met 4,8 % gegroei vergeleke met die eerste kwartaal van vanjaar. Daarvan het die landbou met 0,3 % bygedra.

Die jongste syfers van Statistieke Suid-Afrika (SSA) oor die bruto binnelandse produk (BBP) is verlede week in Pretoria bekend gemaak. Daarvolgens was die produksie van die landbou saam met bosbou en vissery 10,1 % meer in die tweede kwartaal.

Me. Kedibone Mokone, hoofekonoom in die BBP-afdeling by SSA, sê dit is tans moeilik om te sê wat die landbou se presiese aandeel in die groei van 10,1 % is. Sy sê syfers oor spesifiek die landbou se ekonomiese groei word eers teen die einde van die jaar met die jaarlikse BBP-syfers bekend gemaak.

Sy sê die tweede kwartaal verteenwoordig egter die tydperk April tot Junie. Dit is in dié tyd wat uitset 'n oplewing toon aangesien somergraan gewoonlik geoes word. Mokone sê produksie word as maatstaf vir die bepaling van die BBP gebruik.

Volgens mnr. Johan Pienaar, direkteur van ekonomie en handel by Agri SA, is een verklaring vir die groei van 10,1 % die feit dat boere wel graan vroeg gelewer het, ondanks die lae graanpryse. 'n Bykomende verduideliking is moontlik die rekordmielie-oes.

Daarenteen toon die jongste vertrouensindeks van die Landboubesigheidskamer (LBK) dat lae boerepryse en die sterker rand sakevertroue in die landbou steeds laat daal. "Boere se besteebare inkomste en koopkrag is onder druk weens produsentepryse wat steeds laer neig. Landbou-ondernemings se verwagtinge oor 'n toename in omset en netto bedryfsinkomste is onderskeidelik 20,46 % en 41,25 % laer as in die derde kwartaal van 2004," lui 'n verklaring van die LBK.

2 September 2005

0
 
 
  • 1155 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boer aangerand oor begrafnis
  • Staat koop grond onder markwaarde

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Benut geleenthede vir swart bemagtiging
  • Kennis van verteenwoordigers van Chemiese Maatskappye
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction