Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Etanol-aanleg-nog-op-koers

Nuus

Boer aangerand oor begrafnis

’n Gyselaarsdrama het hom op Wakkerstroom in Mpumalanga afgespeel ná ’n boer ’n begrafnis op sy plaas wou stopsit.

  • Afriforum lê rose neer vir plaasaanvalle
  • Swak paaie ruk boere se sak
  • MPO verhoog ledegeld ná jare
  • Staat koop grond onder markwaarde
  • Vrugteboere vra hulp met vrugtevlieë
  • Landbou sal homself moet finansier
  • Eskom wil kragpryse opstoot
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:6 C
  • Sondag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 01:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Etanol-aanleg nog op koers

 
NICO VAN BURICK

Alles is nog op koers om die eerste groot aanleg om etanol uit mielies te vervaardig, teen Julie aanstaande jaar by Bothaville in werking te hê, sê mnr. Johan Hoffman, uitvoerende hoof van Ethanol Africa.

Hy het in antwoord op vrae op 'n konferensie oor biobrandstof in Boksburg oor die vordering met die aanleg gesê die bedrywighede staan geensins stil nie. Hoewel die voorbereiding van die terrein in Desember afgehandel is, is daar nog gewerk aan die aanleg se ontwerp omdat dit uniek in Suid-Afrika sal wees.

"Ons moes ook kies of ons die aanleg self moet bou en die risiko's dra en of ons vir 'n vastepryskontrak met minder risiko's moet gaan. Eers toe die aanleg se ontwerp 99 % voltooi was, kon ons buitelandse ondernemings vra om vir 'n vastepryskontrak te kwoteer. Ons sal teen einde Maart op 'n kontrakteur kan besluit."

Hy sê afgesien van bestaande beleggings en die swart ekonomiese bemagtigingstransaksie vir 25 % van die maatskappy se aandele met 'n konsortium onder leiding van oudminister Valli Moosa wat onlangs beklink is, is gesprekke met nóg beleggers in die buiteland en plaaslik "in 'n finale stadium".

Hoffman sê die skerp styging in die prys van staal is ook in hul finansiële berekeninge in ag geneem. Hulle verwag 'n interne opbrengskoers (IRR) van 34 %. Dit is gegrond op 'n kapitaalbesteding van R1 miljard (die beraamde prys van die aanleg is R920 miljoen teenoor die aanvanklike R700 miljoen), 'n prys vir mielies van R1 100 per ton in die boer se sak en 'n basiese brandstofprys van R3,15 per liter. Hy wys daarop dat 'n boer wat sy mielies op Safex verkoop, sowat R200 per ton aan die liggingsdifferensiaal en ander koste afstaan.

Hoffman sê met die uitsondering van Brasilië is Afrika dié vasteland met die vermoë om die wêreld van biobrandstof te voorsien. Net in Suider-Afrika is daar meer as 126 miljoen hektaar bewerkbare grond vir die verbouing van mielies beskikbaar, waarvan baie min benut word. In Angola word 3 % van 30 miljoen hektaar benut, in Mosambiek 10 % van 18 miljoen hektaar, in Zambië 15 % van 25 miljoen hektaar, in Tanzanië 4,2 % van 40 miljoen hektaar en in Suid-Afrika 60 % van 5 miljoen hektaar.

Landbouweekblad, 9 Maart 2007

0
 
 
  • 1530 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Boer aangerand oor begrafnis
  • Staat koop grond onder markwaarde

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Nuwe boere skou by Megaweek
  • Nasionale Boer van die Jaar vereer
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction