|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
'n R7 miljard etanolaanleg wat twee jaar gelede in Bothaville van stapel gestuur is lê dormant na die Regering se besluit om nie meer mielies vir die vervaardiging van biobrandstof te gebruik nie. Kommer oor voedselsekerheid het biobrandstofvervaardiging van mielies vinnig in die kiem gesmoor.
Die konstruksie van die eerste van agt etanolaanlegte in Suid-Afrika se grootse mielieproduserende provinsies was welkome nuus vir vele boere. Dié belegging in biobrandstof sou die grootste ekonomiese ontwikkeling sedert die 1950's in die Vrystaat verteenwoordig het.
Sterling Waterford en Ethanol Africa, die vennote in die projek, het verwag dat produksie reeds in 2007 op dreef sou wees, maar sê dat alle planne vir eers gestaak is. Die Suider-Afrikaanse Biobrandstofvereniging sê hy is onkant gevang deur die Suid-Afrikaanse Regering se besluit.
"Mielies was veronderstel om die basis vir 'n Suid-Afrikaanse biobrandstofprojek te vorm."
Bron:
African Agriculture
Business Day
29 September 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24