|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 01:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die voorsitter van TLU SA Noord, Mnr. Dries Joubert, het sy skok uitgespreek ná die wrede moord op mnr. Magiel de Lange, in sy sewentigerjare, van Dorset naby Vaalwater. Dié moord volg kort op die moord op mnr. Piet Smit van Polokwane, wat verelde week vermoor is.
Die oorledene was volgens Mnr. Louis Nel van Vaalwater 'n kind van die Bosveld. Hy het in Vaalwater grootgeword en het wat 'n rukkie gelede besluit het om af te tree. Sy pa het ook in die gebied geboer.
Joubert het gesê dat die feestol reeds op twee staan. Hy sê terroriste gebruik juis dié tyd, wat veronderstel is om vredevol en rustig te wees, om hul duiwelswerk te doen. Hy sê verder dat die twee moorde van die afgelope week waarskynlik ook nie die laaste dié feestyd sal wees nie.
Mnr. Magiel Reinecke, voorsitter van TLU SA Noord se veiligheidskomitee, het die steunkringe en Groenlig patrollies aangemoedig en gevra om ook na die kwesbares in die gemeenskap om te sien. Patrollies word gevra om op gereelde basis kwesbare bejaardes en die weerloses wat alleen woon, te besoek. Bure word ook aangemoedig om op 'n gereelde basis met mekaar kontak te hou. Sosiale terroriste sien juis die kwesbares en weerloses as maklike teikens.
Joubert het gesê dit word tyd dat gebiede, soos in Pretoria, afgesper word om boosdoeners uit te hou en gemeenskappe te beveilig.
6 November 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24