Finansies

Rig jou vrae oor finansies aan Dr. Philip Theunnisen.

BTW vir beginnerboer

Vraag
Vraag: 

Ek het nou net begin boer met beeste en wil die BTW terugeis en wil weet of 'n individu kan registreer vir BTW, en hoe? En tweedens, sal dit beter wees as ek 'n maatskapy stig, of 'n venootskap?

Baie dankie,

groete andre

Plaaskoop in ’n BK

Vraag
Vraag: 

Wat is die redes waarom ’n plaas in ’n BK gekoop word?

Winsgewendheid van 'n voerkraal

Vraag
Vraag: 

Kan 'n mens in vandag se tyd 'n goeie bestaan maak van 'n bees- of skaapvoerkraal.
Is dit winsgewend?

Ek weet daar is baie faktore wat n rol speel, as jy dit reg bestuur kan dit werk of is dit meestal net 'n "side line" vir boere wat n ander inkomste het?

Kosteimplikasies vir die oprig van 'n boerdery

Vraag
Vraag: 

Drie mense wil graag saam 'n boerdery begin. Net een is egter die finansierder. Die ander twee sal die boerdery bestuur. Almal is familie.

Wat is die beste manier om kostes so laag as moontlik te hou, maar terselfdetyd die boerderybelange te beskerm?

1. ‘n Eenmansaak in die naam van die finansierder en salarisse aan die ander twee?
2. ‘n Trust?
3. BK?

Wat sal die implikasies wees indien die finansierder te sterwe kom en die bestuurders die boerdery erf?

BTW op verkoop van gebaalde gras

Vraag
Vraag: 

Is daar BTW te hef op die verkoop van bale gras?

Lusern verbouing teenoor lusern as weiding vir skaap

Vraag
Vraag: 

Watter stelsel is die mees winsgewende?
Om lusern te sny, te baal en te verkoop of om ‘n stelsel te hê waar skape (Vleismerino's) op ‘n permanente rotasiebasis die lusern as weiding benut?

Insetkoste-vooruitskatting

Vraag
Vraag: 

Waar kan ek vooruitskattings vir die volgende jaar kry vir energie en protbronne aan die voerkant, asook kunsmispryse aan die ruvoerkant.

Kredietwet

Vraag
Vraag: 

Waar kan ek inligting oor die kredietwet kry?

Gemiddelde loon vir poste op die plaas

Vraag
Vraag: 

Wat is die gemiddelde loon in die Oos-Vrystaat van 'n algemene plaaswerker, trekkerdrywer en veewagter. Al bogenoemde met tien jaar of langer diens.

Hoeveel persent van die bruto boerderyinkomste gaan aan lone? Dit is 'n gemengde boerdery met sojas, mielies en koring as gewasse en veldbeeste as veevertakking.

Die werklike waarde van grond

Vraag
Vraag: 

Ek boer tans in die Karoo en soek raad oor hoe boere hulle berekenings maak om hulle grondpryse te bepaal. Ek het nou al my duim gesuig om pryse te bepaal, maar geen antwoorde gekry nie. Ek wil vreeslik graag uitbrei maar tans is die pryse van grond van so ’n aard dat dit ’n swak belegging is.

Aangesien die meeste van ons afhanklik is van die banke moet ons noodwendig skuld maak om grond te koop. As ek skuld gaan maak is daar nie ’n manier hoe ek my verpligtinge kan nakom om die bank terug te betaal nie.

Ek neem die huidige hoë vleispryse in berekening. As ek ’n besigheid in die stad gaan koop is daar tog ’n norm waarvolgens die besigheid se prys bepaal word.

Die wins wat die besigheid maandeliks maak is die bepalende faktor waarvolgens dit verkoop moet word. In boerdery is daar nie so ’n norm nie. In ons land is die norm vir grondpryse, waarvoor is die laaste plaas verkoop in ons omgewing. Tans is die kopers buitelanders of iemand uit die stad.

Die mense koop nie grond om te boer nie. Hy koop net die grond om een of twee keer ’n jaar te kom jag en met sy pelle te spog hy het ’n plaas in die Karoo. Boere koop nie meer plase nie. Die regering het ook nou al ’n paar plase hier gekoop en hopeloos te veel vir swak grond betaal.

Ek kry net die gevoel ons is besig om ons eie kele af te sny met grondpryse. Ons dwing die regering om wetgewing te maak om grondpryse volgens sekere formule te bepaal. Ons kan nie grond in die mark sit net vir buitelanders en sakemanne om dit te koop nie. Julle bewerkstellig ons eie ondergang.

As die regering ’n stokkie voor alles gaan steek dan is ons kwaad. Sal die mense wat sê hulle is slim vir my ’n antwoord gee asb? Ek maak seker my somme verkeerd! Drakrag in ons omgewing is 1:32 GVE.