Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Gars-laat-taung-boere-blom

Nuus

OBP-entstof weer onder skoot

Entstowwe wat deur die OBP vervaardig word, is weer in die kollig ná verlede jaar se bruselose-uitbreking onder beeste.

  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
  • Boer aangerand oor begrafnis
  • Afriforum lê rose neer vir plaasaanvalle
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Gars laat Taung-boere blom

 
AINSLEY MOOS (amoos@landbou.com)

'n Verwagte garsoes wat sowat R15 miljoen sal realiseer, laat die opkomende swart boere by Taung breed glimlag. Uit die sukses van diemoutgarsprojek het 'n behoefte ontstaan om mielies en grondbone te verbou. Vanjaar se mielie-aanplanting kan al 'n verdere R10 miljoen verdien.

Ekonomiese bemagtiging is besigheid, daarom moet 'n boerdery wat nuwe toetreders in die landbou wil vestig, soos 'n besigheid gehanteer word. Dit beteken winste moet gemaak word.

Met diesiening verduidelik die Suid-Afrikaanse Brouery (SAB) die vertrekpunt vir sy sukses met sy moutgarsprojek waar opkomende swart boere diegraansoort onder besproeiing in Taung verbou.

Die projek is al meer as 'n dekade aan die gang en is een van die SAB se sleutelprojekte vir bemagtiging. Te danke aan onder meer dieprojek hoef die brouery nie meer so sterk staat te maak op gars wat op droëland in die Wes-Kaap verbou word nie. Die risiko wat hy met invoer loop, word ook verlaag.

Die getal opkomende boere in die Taung-projek het van 55 in die middel 1990's gegroei tot 178 vandag. Verlede seisoen is die boere meer as R20 miljoen vir hul oes betaal, vergeleke met R2,4 miljoen in 1998.

"Die beginsel is nie om getalle of hektare na te jaag nie," verduidelik mnr. Gawie Kotzé, landboudienste-bestuurder van besproeiing by die brouery. "As ons dít doen, trek ons swakker grond. Ons kyk eerder na produksiemiddele en opbrengs en die beskikbaarheid van die infrastruktuur."

Die Taung-skema bestaan uit 'n besproeiingstelsel met 73 spilpunte op 2 490 ha en 'n verdere 1 090 ha onder sprinkelbesproeiing.

Vir die huidige seisoen word gars op sowat 1 800 ha onder besproeiing verbou. Elk van die boere verbou sowat 10 ha. Die kultivar Puma het Chariot as kommersiële kultivar vervang. Dit het 'n opbrengs van 5,5 ton/ha en word op 1 732 ha geplant. Op ongeveer 60 ha word SSG585 geplant.

Die verwagte oes van sowat 9 500 ton kan dieseisoen vir al die opkomende boere 'n gesamentlike inkomste van R15 miljoen bring of gemiddeld sowat R84 000 per boer.

Die eerste opkomende boere het in 1994 by die projek aangesluit. Minder as 5 % van die boere het die projek verlaat. Die meeste van die boere wat kort ná 1994 by die projek aangesluit het, is steeds betrokke.

Een van hulle is mnr. Ernst Khwene wat gars op 10 ha by Bogosing-Oos 1 verbou. Khwene sê sy en sy medeboere se omstandighede het die afgelope klompie jare verbeter. Khwene self kon aan sy vier kinders tersiêre opvoeding gee.

Hy sê die boere het goeie kennis opgedoen van garsproduksie en dat daar veral by hom nou 'n behoefte bestaan om ook grondbone en mielies te verbou.

Te danke aan die sukses van die 2003/04 -someroes wat 'n totale inkomste van R5,9 miljoen opgelewer het, beoog SAB Maltings — ook bekend as Southern Associated Maltsters (SAM) — om sowat 1 000 ha mielies saam met die Taung-boere te plant. Dit behoort vir hulle 'n inkomste van R10 miljoen op te lewer.

Die Taung-besproeiingskema het begin met omvattende navorsing in 1991. Die doel was om die lewensvatbaarheid van 'n projek te ondersoek waarvolgens gars onder besproeiing verbou kan word. Navorsing was onder meer op plantdatums, bemesting en kultivarkeuse toegespits. Sedertdien is 130 kultivars van Europa, Kanada, Noord-Amerika, Suid-Amerika, Australië en Zimbabwe geëvalueer.

Die Europese kultivar Blenheim is aanvanklik geïdentifiseer as die beste kultivar vir die toestande in Taung. Gegrond op gehaltetoetse, is besluit om Blenheim in die 1998-seisoen met die Engelse kultivar Chariot te vervang.

Kotzesê die gehalte van die gars wat die opkomende boere produseer, vergelyk goed met dievan kommersiële boere.

Die grond waarop die boere hul graan verbou, is nie hul eie nie. Dit behoort aan die Regering, maar 'n stamhoof van die omgewing beheer dit. Die SAB se projek het die stamhoof se steun omdat die plaaslike gemeenskap hom sterk daarvoor beywer om die werkloosheidsyfer van sowat 80 % te verlaag, sê mnr. Michael Farr, 'n woordvoerder van die SAB. Die stamhoof kry geen geldelike vergoeding nie.

Die SAB verskaf volle finansiering vir alle produksiekoste, maar die infrastruktuur behoort aan die Noordwes-regering. Die finansiering word gedoen teen 'n prima uitleenkoers minus 1 %. Wat die boere uiteindelik in hul sak steek, is die verskil tussen die produksiekoste en die markprys waarteen hulle hul oes verkoop.

Die opkomende boere is slegs aangewese op finansiering wat hulle van die SAB kry. Hulle besit geen kollateraal om vir bykomende finansiering by 'n finansiële instelling aansoek te doen nie. Dit word as 'n beperking beskou vir verdere uitbreiding.

Waar van die opkomende boere in hul eerste seisoen uitgesak het, word hulle selfs 'n kans in die tweede jaar gegee deurdat hul skuld na die volgende jaar oorgedra word.

Mnr. Burrie Erasmus, ook 'n landboukundige by die brouery, sê ten opsigte van finansiering is dit belangrik om goeie betrekkinge met die verskaffers van produksiemiddele te hê. Die verskaffers se pryse moet so laag moontlik wees, want dit beteken laer finansiering en groter wins vir die opkomende boer.

Hy sê wanneer die garsprys hoër is, is dit selfs moontlik dat van die boere wat goed vaar, grond by hul medeboere kan huur om sodoende hul omset te verhoog. 'n Verdere 2 500 ha se gars kan onder besproeiing verbou word, omdat die Taung-dam sowat 60 miljoen kubieke liter water het wat nie gebruik word nie.

Te oordeel na die SAB se strategie kan die Taung-boere spoedig groter eenhede bewerk en verbou, wat hulle meer winsgewend kan maak.

Plaaslike bedryf bly belangrik

Die sterk groeiende vraag na bier in Suid-Afrika behoort tot 'n toename in die vraag na moutgars te lei. Hoewel gars in die buiteland geredelik beskikbaar is, doen die SA Brouery (SAB) groot beleggings in die plaaslike garsbedryf sodat plaaslike produksie kan groei. Dit sluit aansienlike beleggings in navorsing en ontwikkeling in om die gehalte van plaaslike gars te verbeter.

Hierdie beleggings sal die SAB se afhanklikheid van garsinvoer verminder, sê mnr. Michael Farr, 'n woordvoerder van die maatskappy.

Hoe die prys van plaaslik geproduseerde gars van dievan ingevoerde gars gaan verskil, sal met die wisselkoers verband hou. Pryse word voor die plantseisoen vasgestel, wat eintlik meer as 'n jaar is voordat die gars gebruik word. "Die idee is om 'n prys vas te stel wat 10 % laer is as die invoerpariteitsprys. Met die kleiner ruilwaarde van die rand teenoor die dollar, is die plaaslike prys gelyk aan en selfs meer as die invoerpariteitsprys."

Hy sê ook dit is nie die SAB se strategie dat garsproduksie in die noorde die produksie in die Wes-Kaap moet vervang nie. Dit is ondanks die feit dat garsproduksie in die noorde in 'n gekontroleerde omgewing plaasvind met minder wisselinge in die gehalte van die oes as op droëlandproduksie in die Wes-Kaap. Oor die afgelope ses jaar het die weer sulke groot wisselinge in die gehalte van die gars meegebring dat die SAB verplig was om in te voer.

Die SAB gebruik sover moontlik die plaaslik geproduseerde gars. Die beperking is egter die grootte van die garsoes, wat nie net van die weer afhang nie, maar ook van die mate waartoe geskikte kultivars in Suid-Afrika verbou kan word.

Die gemiddelde nasionale garsoes lewer sowat 250 000 ton per jaar op. Hiervan is ongeveer 90 % bruikbaar vir vermouting, maar diesyfer word sterk deur die weer in die Wes-Kaap beïnvloed. In die Wes-Kaap is die maatskappy uitgelewer aan klimaatstoestande. Uiterste klimaatstoestande kan die gars se stikstofvlakke verhoog en dit vir die produksie van bier onbruikbaar maak.

Buiten die gars van die Taung-boere produseer kommersiële boere in die Vaalharts-besproeiingskema jaarliks sowat 35 000 ton gars.

Daar word jaarliks gemik om ten minste 220 000 ton moutgars te verkry. Die res word hoofsaaklik van Noord-Amerika ingevoer vanweë die goeie gehalte. Met die swakker oes wat in die Wes-Kaap verwag word, sal meer gars waarskynlik ingevoer word, sê Farr. Mout word ook ingevoer, ook hoofsaaklik uit Noord-Amerika.

Die SAB het ses of sewe jaar gelede moutgars van 'n swak gehalte ingevoer. Diegars moes toe aan die veevoermark verkoop word. "Ons stuur nou ons personeel oorsee en stel hulle aan as vraginspekteurs om die gehalte van die gars en die skip te ondersoek voordat die gars gelaai word. Die kans is dan skraler dat ons dit verwerp wanneer dit hier land."

19 November 2004

0
 
 
  • 2414 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Tuin nou
  • Polisie tree op teen vermeende stropers
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction