|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Mnr. Petrus Groenewald van die plaas Klipdrif in die Overberg is aangewys as SAB Maltings se garsprodusent van die jaar vir 2007.
Die kompetisie is daarop gemik om SAB Maltings se waardering vir boere se bydrae tot hul besigheid te toon. Dit is beoordeel op grond van eienskappe soos vetkorrel, stikstofinhoud en sifselpersentasie, wat moutgehalte bepaal.
Altesaam 840 produsente in die droëland- en besproeiingsgebiede het aan die kompetisie deelgeneem. Kategoriewenners is in die verskillende streke van die gebiede aangewys en Groenewald en mnr. Johan Jacobs van die E. H. van Biljon Boerdery naby Hartswater is as die finaliste aangewys.
Die kategoriewenners in die droëlandstreek was: Mnre. Petrus Groenewald (medium), Daniel van Deventer (groot) en Jan-Paul Kempen (mega) in die Bredasdorpsstreek; Rasmus Erasmus (medium), Johannes van Deventer (groot) en Heinrich Schönfeldt (mega) in die Caledonstreek; en Pieter Uys (medium), Schalk Viljoen (groot) en Jacobus Gildenhuys (mega) in die Swellendamstreek.
Die kategoriewenners in die besproeiingstreek was: Mnre. Johan Theron (klein kategorie), Jimmy Puttick (medium) en Johan Jacobs EH van Biljon Boerdery (groot) in die Vaalhartsstreek; Jimmy Rantwane, Johannes Tlholagae en Frank Smous in die Taungstreek, en Klasie Jacobs (klein), Johan van Rhyn (medium) en Attie Scholtz (groot) in die GWK- en OVK-streek.
Landbouweekblad plaas eersdaags 'n artikel oor Groenewald.
13 November 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24