Hierdie is die hoof-privaatheidsbeleid vir Media24 Eiendoms Beperk en geld vir al ons Platforms. Wanneer ons van ons “Platforms” praat, verwys ons na al ons webwerwe, mobiele werwe, mobiele toepassings (toeps), e-pos of enige ander tegnologie of dienste wat jy kan gebruik om met ons te skakel.

Ons streef om jou ’n dinamiese en interaktiewe ervaring op al ons Platforms te gee. Ons doelwit is om jou ingelig te hou en te vermaak deur die jongste en mees aktuele nuus en inhoud aan jou te verskaf. Een van die maniere waarop ons dit doen, is deur inligting te ontleed wat ons versamel en van jou ontvang, om te bepaal wat jou miskien sal interesseer. Dit help ons om meer boeiende inhoud te ontwikkel en advertensies te lewer wat vir jou meer toepaslik en vir adverteerders meer doeltreffend is – dit stel ons in staat om die meeste van ons dienste gratis te hou.

Hierdie privaatheidsbeleid beskryf hoe ons die inligting wat ons versamel en van jou ontvang, hanteer. Met die gebruik van ons Platforms stem jy in tot die bepalings van hierdie privaatheidsbeleid.

Klik hier om die volledige beleid te lees of af te laai.