|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die Malelane-gemeenskap in Mpumlanga meen die plase wat hulle as deel van 'n grondeis ontvang het word uiters swak deur hul strategiese vennoot, Makhombo Farm Management, bestuur en het dié plase onwettig oorgeneem. Lede van die gemeenskap het die plase se bates gekommandeer, werknemers en bestuurslede gedreig en die plase onbestuurbaar gemaak, sê Makhombo.
Die Malelane-begunstigdes het sowat 3 200 ha sitrus-, suikerriet en piesangplase in Nkomazi in 2007 as deel van 'n suksesvolle grondeis ontvang. Die Mjejane Trust, wat die plase nou besit, het Makhombo as strategiese vennoot gekies. Die gemeenskap is ontevrede omdat die plase nog geen winste getoon het nie.
Mnr. John Mhlongo, bestuurder van die MjejaneTrust, het Makhombo op 30 Maart ingelig dat die trust beheer van die plase neem. Me. Lulu Xingwana, Minister van Landbou en Grondsake, het 'n verslag rakende die kwessie aangevra en Makhombo het regshulp ingeroep en probeer nou sy regte tot die plase afdwing.
Bron:
Fin24 (Fin24)
15 April 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24