Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Gilde-wil-jag-beter-bevorder

Nuus

Gebrekkige rekord oor grondbesit

Die staat het geen rekord van hoeveel grond tans deur swart kommersiële boere besit word nie, want ras word nie aangeteken nie.

  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
  • Boer aangerand oor begrafnis
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Gilde wil jag beter bevorder

 
ANDRIES GOUWS

'n Afrika-jagtersgilde met die oogmerk om 'n groter persentasie van die wêreld se sowat 35 miljoen aktiewe jagters na Suider-Afrika te lok, is in Pretoria bekend gestel.

Die gilde is bestempel as 'n nis-vereniging waaraan jag-entoesiaste van die wêreld en uitgesoekte jagondernemings in lande in Suider-Afrika kan behoort.

Deur gekoördineerde bemarking en 'n webwerf sal die room van jagbestemmings aan dié jagters bekendgestel word.

In sy aanbieding het mnr. Pieter Viljoen, besturende direkteur van die gilde, gesê die getal buitelandse jagters wat hierheen kom, groei nie noemenswaardig nie omdat gefragmenteerde bemarking gedoen word.

Mnr. André van Schalkwyk, direkteur van navorsing en produkontwikkeling, sê die gilde is uniek geplaas om die nodige gemoedsrus aan buitelandse jagters te gee en te verseker dat elkeen 'n ervaring het wat aan sy verwagtinge voldoen.

In die mededingende omgewing sukkel jagondernemings eweneens om hul wild, geriewe en dienste doeltreffend te bemark omdat hulle hul kollektiewe mededinging grootliks verloor het. Hulle ding inderwaarheid hoofsaaklik teen mekaar in die internasionale mark mee.

Die gilde sal aan die jagter en die ondernemer die geleentheid bied om deur gekoördineerde bemarking en 'n omvattende rekenaardiens maklik by mekaar uit te kom sodat die jagter sy bestemming maklik kan kies en die ondernemer sy produk beter kan bekend stel en bemark.

Op die manier wil die Gilde verseker dat Suider-Afrikaanse wildboere 'n groter deel as die huidige 0,5 % van die wêreld se jagters kan lok om meer te kom bestee as die sowat R900 miljoen wat verlede jaar deur buitelandse jagters uitgegee is.

Buitelandse sowel as plaaslike jagters en diensverskaffers wat aan die hoë vereistes van die gilde voldoen, sal daarby kan aansluit.

3 Desember 2004

0
 
 
  • 1567 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Hoenderpastei
  • Die wel en wëe van Bloekombome
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction