Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Gn-inmenging-met-oesskattings

Nuus

Gebrekkige rekord oor grondbesit

Die staat het geen rekord van hoeveel grond tans deur swart kommersiële boere besit word nie, want ras word nie aangeteken nie.

  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
  • Boer aangerand oor begrafnis
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

'G'n inmenging met oesskattings'

 
AINSLEY MOOS

Die Oesskattingskomitee het verlede week bewerings ontken dat politieke inmengery sy ramings van die mielie-oes beïnvloed.

Verskeie belanghebbendes in die graanbedryf het vanweë die komitee se hoë skatting van die mielie-oes gevra of daar in die oesskatting ingemeng word. Die kommer bestaan in sommige kringe dat die komitee met die huidige swak toestande die oes hoër wil skat om verdere skokke in die graanmark en vir voedselinflasie te keer. Dit sou beteken dat die algehele inflasie-prentjie verder versteur word met die Reserwebank wat genoop word om rentekoerse te lig.

In sy jongste skatting sê die komitee hy verwag 'n kommersiële mielie-oes van 6,9 miljoen ton.

Sommige betrokkenes meen produksietoestande het die afgelope drie maande só verswak weens die afwesigheid van goeie wydverspreide reën, dat die oes waarskynlik kleiner is.

Mnr. Rodney Dredge, voorsitter van die komitee, het dit kategories teenoor Landbouweekblad gestel dat daar nie by die komitee ingemeng word nie. "Definitief nie — ons neem nie ander faktore in ag afgesien van produksie- en weersomstandighede nie. Daar is geen politiek betrokke nie en daar het nog nooit amptenare óf die minister vir ons voorgeskryf nie. Ook nie die Landboubemarkingsraad, wat met voedselpryse werk nie, en ook nie die Reserwebank nie. Daar word ook geen riglyne vir ons neergelê nie."

Me. Rona Beukes, lid van die komitee, het by navraag gesê die komitee volstaan by sy skatting. "Dit is 'n konsensusbesluit ná al die inligting op die tafel deeglik beredeneer is. Ons voel gemaklik met die syfer," het sy gesê.

Me. Annatjie Loio, voorsitter van die Graanhanteringsorganisasie van Suider-Afrika, sê haar grootste bekommernis is dat die land waarskynlik heelwat meer mielies sal moet invoer — iets waarvoor tans nie planne beraam word nie. (Lees meer hieroor op bl. 109)

Mnr. Pieter van Schalkwyk, handelaar by UT Grain Management, sê die prysdaling van twee dae met R45 elk was die grootste daling in die laaste klompie weke. Hy het gesê hy skryf dit in 'n minder mate toe aan die reën, en meer aan die skatting. Van Schalkwyk het gesê hy het 'n skatting van tussen 6,5 miljoen ton en 6,7 miljoen ton verwag.

Landbouweekblad, 6 April 2007

0
 
 
  • 1770 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Hael knou vrugte in Laeveld
  • Landbou kry R200 miljoen meer
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction