Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Gn-raamwerk-oor-gewillige-koper

Nuus

Gebrekkige rekord oor grondbesit

Die staat het geen rekord van hoeveel grond tans deur swart kommersiële boere besit word nie, want ras word nie aangeteken nie.

  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
  • Boer aangerand oor begrafnis
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

G'n raamwerk oor gewillige koper

 
JEAN-MARIE DE WAAL en AINSLEY MOOS

Die beginsel van gewillige koper, verkoper sal hersien word indien die behoefte bestaan, maar daar is nog geen raamwerk en besonderhede hieroor nie. Me. Thoko Didiza, Minister van Landbou en Grondsake, het in 'n onderhoud met Landbouweekblad gesê die media het haar woorde effe verdraai toe berig is die raamwerk vir die afstanddoening van dié beginsel sal teen Maart duidelik wees. Sy sê die verslag oor buitelandse grondbesit sal wel op 17 Februarie aan haar oorhandig word.

"Ek weet nie hoekom daar soveel sensasie rondom hierdie kwessie is nie," het sy gesê. Nóg die grondbeleid van die land nóg die Grondwet noem die beginsel van gewillige koper, verkoper, verduidelik sy.

"Hoewel die TLU SA en Agri SA die afstanddoening van die beginsel by die Grondberaad teengestaan het, beteken dit nie ons kan nie iets omtrent die saak doen nie."

Vroeër het Didiza in die Parlement gesê die uitsprake wat deur mnr. Tozi Gwanya, hoofgrondeisekommissaris, aan die media gemaak het, bevat heelwat "drama".

Hy het na bewering gesê langdurige onderhandeling met die Grondeisekommissie oor 'n grondprys is iets van die verlede. "Onderhandeling sal voortaan binne ses maande afgehandel moet word. As dit nie gebeur nie is onteiening die boer se voorland."

Gwanya het gesê hy het die streekkommissarise opdrag gegee om 'n lys te maak van alle onafgehandelde grondeise waar die onderhandeling langer as twee jaar sloer. Optrede om hierdie plase te onteien, sal op 1 Maart in werking gestel word.

Didiza sê sy is onbewus hiervan. Volgens haar is die markwaarde in die landbou gelykstaande aan die produksiewaarde van die grond.

Sowat 7 000 grondeise in landelike gebiede is nog nie afgehandel nie en Gwanya wil dit afhandel voor die spertyd van Maart 2008. Die kommissie beoog om alle stedelike grondeise in die huidige boekjaar af te handel.

Oor bewerings dat die vertragings met grondtransaksies eintlik deur die kommissie veroorsaak word weens onder meer gebrekkige vermoë om eise af te handel, het Gwanya gesê 280 nuwe poste is geskep om die kommissie se vermoë te versterk. "Ek gee nie voor dat ons nie probleme het nie. As ons byvoorbeeld ons eie waardeerders gehad het, sou ons die proses lankal reeds bespoedig en verbeter het."

Didiza sê sy is tevrede met die werk van die Grondeisekommissie totdat "bewyse anders dui". Mnr. Glen Thomas, direkteur-generaal van die Departement van Grondsake, het aan Landbouweekblad gesê boere kan aanhou produseer ondanks eise op hul plase, maar die restitusieproses gaan nie gestuit word nie.

Mnr. Berry Everitt, hoof uitvoerende beampte van die eiendomsagentskap Chas Everitt, meen die oor-regulering van eiendom kan die vryemarkbeginsel laat sloer. Hy meen egter regulasie is te verstane waar dit "in die belang van die land is".

Hy sê die koper het altyd min emosie, terwyl die verkoper baie sentimentele waarde aan 'n eiendom heg. "Die Regering kan egter bietjie meer empatie ten opsigte van landbougrond toon," het hy gesê.

17 Februarie 2006

0
 
 
  • 1474 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Bees-TB moet uitgeroei word
  • Braaikuiken boerdery
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction