Goliat van Gat-pampoenfeeste

 

Die jaarlikse Goliat van Gat-wedstryd en Pampoenfees vind op 15 Maart 2008 in plaas Pretoria.

Dit is die vyfde jaar dat die wedstryd van die Cullinan Boere-Unie in samewerking met Radio Pretoria, Volkshulp 2000, en die Pioniersmuseum, plaasvind.

Soortgelyke feeste vind ook plaas by Pietersburg en Stilbaai. Die pampoenfees vind plaas by die N.Tvl Boeremark in Pietersburg, by die Pioniersmuseum in Silverton, en die Laerskool Bertie Bernard in Stilbaai.

Die beoordeling van die pampoene wat vir die wedstryd ingeskryf is, vind plaas 8 Maart in Pietersburg, 15 Maart in Silverton en 28 Maart in Stilbaai.

Goliat van Gat is die Afrikaanse weergawe van 'n reuse pampoensoort wat in Amerika ontwikkel is. Die wêreldrekord word gehou deur 'n pampoen wat 665kg geweeg het. Die kompetisie is in 2007 gewen deur Drikus Kleinhans, met 'n pampoen wat 224,7kg geweeg het. Dit is tans ook die Suid-Afrikaanse rekord.

Benewens die kompetisie is daar vermaak en volop stalletjies met eetgoed, drinkgoed en mooigoed.

Die doel van die wedstryd is tweërlei: Eerstens om stadsbewoners in kontak te bring met die boerdery en tweedens om hulp te verleen aan 'n liefdadigheidsorganisasie, Volkshulp 2000. Al die pampoene wat vir die wedstryd ingeskryf word, word aan Volkshulp 2000 geskenk, wat dit verwerk en versprei aan hulpbehoewendes. Besoekers kan 'n bydrae lewer deur blikkieskos as skenking vir Volkshulp 2000 saam te bring.

Navrae:

Henri Combrink

Tel.: (012) 734-3986

Sel.: 082 552 9428

Marie Helm (Pietersburg)

Sel.: 082 683 2835

Karin van Nierop (Stilbaai)

Sel.: 083 444 4750

18 Maart 2008

5