Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Graan-sa-skatting-vir-produksie

Nuus

Gebrekkige rekord oor grondbesit

Die staat het geen rekord van hoeveel grond tans deur swart kommersiële boere besit word nie, want ras word nie aangeteken nie.

  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
  • Boer aangerand oor begrafnis
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Graan SA-skatting vir produksie

 
NICO VAN BURICK

Koringboere behoort in die komende produksieseisoen nie meer as 1,2 miljoen ha koring te plant nie. Dit beteken dat produksie met sowat 400 000 ha (sowat die helfte meer as verlede jaar se 800 500 ha) kan uitbrei.

Dít is die raad van Graan SA wat vanjaar vroeër as gewoonlik ook inligting vir die somerseisoen bekend gemaak het. Dr. John Purchase, hoofbestuurder, sê sy organisasie het besluit om boere vroegtydig van inligting oor die produksieruimtes vir die komende produksieseisoene te voorsien. "Die sukses van die pas afgelope veldtog om produsente te oorreed om die aanbod van somergraan en oliesade by die binnelandse behoefte aan te pas en wat die pryse in die algemeen tot hoër vlakke opgedruk het, dui daarop dat boere erns het met die saak."

Purchase sê die binnelandse behoefte van koring, tesame met die uitvoer, kan sowat 2,78 miljoen ton beloop. "Dit is boonop die maksimum wat geproduseer behoort te word. Teen 'n gemiddelde opbrengs van 2,3 ton/ha behoort daar dus nie meer as 1,2 miljoen ha geplant te word nie."

Ten opsigte van somergraan en oliesade bly Graan SA se hoofbestuur by sy standpunt dat boere nie winsgewend vir die uitvoermark kan produseer nie. Die voorlopige produksieruimte is gegrond op vooruitskattings van moontlik oordragvoorrade teen die einde van die bemarkingseisoen.

Purchase sê tans dui die vooruitsigte dat die oppervlakte onder wit mielies met sowat 37 % tot 1,33 miljoen ha en dié onder geel mielies met sowat 60 % tot 920 000 ha uitgebrei kan word. Die totale oppervlakte vir mielies moet dus verkieslik nie 2,25 miljoen ha oorskry nie.

Mnr. Nico Hawkins, senior ekonoom van marknavorsing by Graan SA, sê in die skatting word net voorsiening gemaak vir uitvoer na Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland en dit is nog te gou om vir die produksie van bio-etanol voorsiening te maak.

Die produksieruimte vir sorghum word op 87 000 ha geraam — 'n uitbreiding van sowat 160 % op die huidige oppervlakte. Die ruimte vir sonneblomsaad is 605 000 ha (30 % hoër) en vir grondbone 66 000 ha ('n uitbreiding van sowat 33 %).

In die lig van die moontlike vervaardiging van bio-diesel uit sojabone, kan die hoofbestuur nie nou 'n aanbeveling daaroor maak nie.

Purchase sê lede moet besef dit is moeilik om nou al werklike bepalings oor oordragvoorrade te doen. "Graan SA sal boere deurlopend op hoogte hou en produksieruimtes sal na gelang van omstandighede aangepas word."

10 Maart 2006

0
 
 
  • 1824 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kunsmisbedryf voor stok?
  • Foto: JOHANN VILJOEN
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction