Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Groen-lig-vir-leeujag-bly-ligrooi

Nuus

Gebrekkige rekord oor grondbesit

Die staat het geen rekord van hoeveel grond tans deur swart kommersiële boere besit word nie, want ras word nie aangeteken nie.

  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
  • Boer aangerand oor begrafnis
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 16:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Groen lig vir leeujag bly ligrooi

 
ANDRIES GOUWS

Die mense wat die wette maak dink nie. Dít was die reaksie van die land se grootste leeuboer op die toegewing van die Regering dat leeus wat in aanhouding geteel is, onder streng regulasies gejag kan word.

Mnr. Ben Duminy van Lichtenburg sê om leeus ses maande te laat loop voor hulle gejag word, is totaal onprakties vir hom. Van sy jagters wil mannetjies en ander wyfies skiet.

"As hy hulle saam ses maande laat loop, gaan hulle veg, mekaar doodbyt en teen die tyd wat die jagter opdaag, gaan daardie leeuwyfie met 'n paar welpies lê. Verwag hulle 'n mens moet haar dan skiet? Dit gaan mos baie slegter publisiteit lok as enigiets tot nou toe.

"Om 'n plaas in twee te deel met elektriese heinings is ook heeltemal onekonomies," het hy gesê. Die toegewing help hom niks en hy kan eintlik sy onderneming se hekke toemaak en hulle kan die leeus kom vat, meen hy.

Die toegewing van die Minister van Omgewingsake en Toerisme bepaal onder meer dat die boer sal moet bewys dat die leeu wat gejag word, ses maande lank in 'n "betreklik groot" gebied kon oorleef, sy onderneming moet geregistreer wees en die minister kan by tye die jag van die diere verbied.

Mnr. Carel van Heerden, voorsitter van die SA Roofdier-telersvereniging, sê sy vereniging is verlig dat die minister die jag van dié leeus nie totaal verbied het nie.

Vir hom is die wagtyd van ses maande egter onverstaanbaar. "Wat is die verskil om 'n leeu wat kan oorleef te skiet of een wat net vyf of tien dae geloop het en ook prooi gevang het? Wat van die leeus wat dalk nie gaan oorleef nie? Is dit eties dat hulle van die honger moet vrek?"

Dit is 'n omvangryke bedryf en net agt leeuboere in Noordwes het meer as R85 miljoen in hul ondernemings belê en verskaf werk aan 240 mense. Die bedryfskoste van die ondernemings wat in die ekonomie teruggeploeg word, beloop meer as R12,5 miljoen per jaar.

Daar is geen duidelikheid oor wanneer die maatreël in werking tree nie en leeuboere sit met derduisende rande se deposito's van jagters wat besprekings gemaak het om leeus te kom jag. Wat moet dié boere doen?

Landbouweekblad, 5 Januarie 2007

0
 
 
  • 1834 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Veesiektes (12) <br>Voorkom verliese met inenting
  • Vars bries in kruisteling
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction